Internal relations / Interne verhoudings : caput 4

Published date01 January 2010
Pages101-106
Date01 January 2010
DOI10.10520/EJC74116
101
CAPUT 4
INTERNAL RELATIONS / INTERNE VERHOUDINGS
4.1 Aandeelhouersooreenkomste en samewerkings-
ooreenkomste
4.1.1 Inleiding
Gestel ’n sogenaamde “Koop-en-Verkoopooreenkoms vir Maatska-
ppy” (hierna die “ooreenkoms”) word aangegaan tussen A (nou
oorlede) en B, die moeder van A. Op daardie stadium het A ’n 66.6%
aandeelhouding gehad in XYZ Ltd, ’n publieke maatskappy. B het ’n
33.3% aandeelhouding gehad. Die restant, 0.1%, is gehou deur vyf
ander persone.
Die ooreenkoms skyn op die oog af op A se eksekuteur ’n verpligting
te plaas om die aandeelhouding (en leningsrekening) van A aan die
oorlewende te verkoop terugwerkend van die datum van die A se
dood en is die oorlewende verplig om die aandele te koop en daar-
voor te betaal (minstens gedeeltelik) deur die opbrengs van die polis
wat deur die oorlewende op A se lewe uitgeneem is.
Daarna verly A en sy eggenote ’n testament waarin A al sy “aandele
en belange” in XYZ aan B, bemaak.
XYZ is intussen omskep in ’n beslote korporasie. Al sewe die lede
van die XYZ het by omskepping lede geword van die beslote korpo-
rasie, soos vereis deur artikel 27(1) van die Wet, maar kort daarna
is ’n gewysigde stigtingverklaring aan die Registrateur van Beslote
Korporasies versend, ingevolge waarvan vyf van die lede van die
beslote korporasie uitgetree het. A en B was daarna die enigste lede
van die beslote korporasie. Die ledebelang van A is op 66.7% en dié
van B op 33.3% vasgestel.
A sterf minder as ’n maand na die uittrede van die ander vyf lede. Regs-
advies wil daarop dui dat die ooreenkoms in die lig van die heersende
gesag op die oog af blyk ’n ongeldige pactum successorium te wees.
Ook is in die advies daarop gewys dat indien die ooreenkoms egter as ’n
samewerkingsooreenkoms ingevolge die Wet op Beslote Korporasies
69 van 1984 (hierna die “Wet”) beskou kan word, die howe moontlik
bereid sou wees om in die lig van artikel 35 van die Wet en Hoofregter
Corbett se opmerking in McAlpine v McAlpine1 (oor die verslapping van
die reël waar die pactum deel vorm van “a larger commercial trans-
action between the parties”) te bevind dat die ooreenkoms, hoewel ’n
pactum successorium, nogtans wel bindend op die partye is. Hierdie
aspek val buite die trefwydte van die aantekening wat net oor die vol-
gende vrae handel:

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT