Inleiding. Hoofstuk 1

Published date01 January 2000
DOI10.10520/EJC73629
Date01 January 2000
Pages1-8
AuthorJ.G. Van der Merwe
HOOFSTUK 1
INLEIDING
1.1 Inleiding
Die beginsel van verslagdoening oor die beheer en bestuur van
bates van ’n ander persoon, is so oud soos die mensdom self. Die
Bybel se gelykenis van die muntstukke, soos opgeteken in
Matteus 25, vertel van die verslagdoening deur slawe aan hul
eienaar van hul bestuur en beheer van sy eiendom.
Die wyse waarop bestuur en verslagdoening plaasvind, moes
noodwendig oor die eeue heen aanpas by veranderende
omstandighede. So byvoorbeeld het Charlemagne, heerser in die
sewende en begin agtste eeu oor groot dele van Europa, teen die
jaar 780 n.C. ’n nuwe stelsel van verslagdoening ingestel as maat-
reël vir die bekamping van bedrog in die provinsies onder sy
beheer. Hierdie stelsel het die gebruik van twee reisende gesante
behels – een van die staat en een van die kerk (vir oor-en-weer
kontrolering) – wat op ’n roterende basis die provinsies besoek om
die finansiële rekords na te gaan en aan die koning verslag te
doen (Winston 1968:63-65).
Soos in die dae van Charlemagne, is die stelsel van korporatiewe
beheer die afgelope dekade ook aan veranderings onderworpe.
Faktore soos die volgende het hiertoe bygedra:
openbare druk vir verbeterde finansiële verslagdoening;
die eise en verwagtinge van ’n al groter wordende groep be-
langhebbendes;
die verhoogde bewuswording van direkteure se pligte en ver-
antwoordelikhede;
die verwagtingsgaping, synde die gaping tussen dit wat deur
die gebruikers van finansiële jaarstate en ander belangheb-
bendes van die ouditeur verwag word en dit wat deur die oudi-
teur in werklikheid gelewer word.
Die ontnugtering met die bestaande korporatiewe beheer word
duidelik weerspieël in die verskyning én die inhoud van verskeie
verslae van ondersoekkommissies soos:
(a) die Report of the National Commission on Fraudulent
Financial Reporting, die sogenaamde Treadway-verslag, wat
in 1987 in die Verenigde State van Amerika (VSA) verskyn
het;
1

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT