Inleiding : Hoofstuk 1

Date01 January 2007
AuthorJ.J. Henning
Published date01 January 2007
Pages1-11
DOI10.10520/EJC74075
HOOFSTUK 1
INLEIDING
1.1 Inleiding
Die ingewikkelde en eng verweefde krediet-ekonomie van moderne
kapitalistiese stelsels is gevestig op ’n fondament van publieke
vertroue, waarvan ’n haalbare, standhoudende en ewewigtige sis-
teem van regsreëls ten aansien van veral die vermoënsregte van
individue ’n onmisbare bindstof vorm. Word hierdie fondament egter
geskud deur twyfel oor die ekonomiese gesondheid of standvastig-
heid van die struktuur, bly die positiewe werking van bindingspoten-
siaal van die regsreëls ook nie ongeaffekteer nie. Inteendeel, dit kan
selfs as ’n wesenlike bron van swakheid en ametrie dien. Dit kan
die struktuur so rigied saambind dat die gevaar van ineenstorting
imminent en onafwendbaar is, tensy die sisteem aan ’n mate van
verslapping onderwerp word. Die aanvaarding van ’n beginsel van
elastisiteit of toeskietlikheid, wat in normale omstandighede die
vrye vloei van krediet nadelig kan affekteer, word ’n noodsaaklikheid
in krisistye. Vir talle eeue lank, moontlik selfs oor ’n tydperk van by-
kans twee millenia, het die Westerse beskawing van buitengewone
deviese of billikheidsremedies gebruik gemaak om diegene tegemoet
te kom wat as gevolg van omstandighede buite hul beheer nie in staat
is om hul verpligtinge reëlmatig na te kom nie en om sodoende
metdien ’n ineenstorting van die onderliggende kredietstruktuur van
die volkshuishouding te besweer.3Hierdie deviese of regsfigure staan
generies bekend as moratoria, hoewel almal nie noodwendig st reng
regstegnies as sodanig te tipeer is nie.
Wat linguistiese herkoms betref, is die Afrikaanse woord moratorium
oorgeneem uit Latyn.4Op sy beurt is die Latynse term moratorium
en Romanistiese regsterme soos moratoria praescriptio en
rescriptum moratorium afkomstig van die naklassieke adjektief mora-
1
3Feller “Moratory legislation: A comparative study” 1933 Harvard Law
Review1061.
4Kritzinger en Labuschagne Verklarende Afrikaanse woordeboek (1982)
621; Schoonees, Swanepoel, Du Toit en Booysen (reds) Verklarende
handwoordeboek van die Afrikaanse taal (1965) 553; De Villiers, Smuts
en Eksteen Kernwoordeboek van Afrikaans (1968) 331; T
erblanche en
Odendaal Afrikaanse woordeboek (1966) 646. Sien ook Baale Hand-
boek van vreemde woorden, uitdrukkingen (1877) 714; Koenen en
Drewis Verklarende handwoordeboek der Nederlandse taal (1966) 853;
De T
ollenaere en Persijn Nieuw handwoordenboek der Nederlandse
taal (1985) 645.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT