Inleiding. Hoofstuk 1

DOI10.10520/EJC74023
Pages1-7
Published date01 January 2004
Date01 January 2004
HOOFSTUK 1
INLEIDING
1.1 Inleiding
Oor die algemeen kan daar aangevoer word dat maatskappye in-
gevolge die beginsel van meerderheidsbewind bestuur word: die
aandeelhouers wat die meerderheid stemme hou, oefen die beheer
uit in ’n maatskappy. Hierdie meerderheidsaandeelhouers het dan
ook die mag om die direkteure aan te stel wat, in die geval van klein
private maatskappye, hulself of hul familielede kan wees. Beheer wat
op hierdie wyse uitgeoefen word, kan minderheidsaandeelhouers
verhoed om ’n effektiewe sê in die bedryf van die onderneming te
1indien die statute of ’n aandeelhouersooreenkoms2byvoorbeeld
nie daarvoor voorsiening maak dat minderhede ’n direkteur mag
aanwys nie, en hulle voortdurend in vergaderings oorstem word. In
sulke omstandighede bestaan die gevaar dat die meerderheid hul
mag kan aanwend ten einde hul eie belange te bevorder.Dit is veral
’n probleem in klein private maatskappye, veral dié wat merendeels
soos ’n vennootskap bedryf word.3In sulke maatskappye koester
aandeelhouers dikwels persoonlike verwagtinge soos dat hulle in ’n
diensverhouding in die maatskappy sal staan of ’n gelyke deel sal
hê aan die bestuur van die maatskappy. Besluite wat hierdie ver-
wagtinge raak kan deur ’n meerderheidstem geneem word. Waar
aandeelhouers in so ’n maatskappy benadeel voel, kan hulle nie
sonder meer hul kapitaal wat in die maatskappy belê is, onttrek nie,
en voorts is daar ook nie ’n mark vir sulke aandele nie.
1 In Amerika is daar ’n bekende staaltjie aangaande ’n befaamde joer-
nalis wat eens gevra is wat die aandele in sy maatskappy werd was.
There are 51 shares,” het hy gesê “that are worth $250,000. There
are 49 shares that are not worth a ...”. Hoewel hierdie antwoord hu-
moristies is, en dit die toedrag van sake waarskynlik in ’n mate oordryf,
dra dit tog by om op treffende wyse die onbenydenswaardige posisie
te illustreer waarin ’n minderheidsaandeelhouer kan verkeer. Hierdie
staaltjie word oa aangehaal in Murdock “The evolution of effective
remedies for minority shareholders and its impact upon valuation of
minority shares” (1989-90) Notre Dame Law Review425; Humphrys
v Winous Co 165 Ohio St 45, 50, 133 NE 2d 780, 783 (1956); O’Neal
en Thompson O’Neal’s oppression of minority shareholders (1985) 2de
uitg (losbladuitg) Vol 1 (hierna O’Neal en Thompson Vol 1) par 1:03.
2 Sien in hierdie verband hfst 5 5.2.1 hierna.
3 Sien hfst 3 Deel I 1.4.2.6 vir ’n uiteensetting van die eienskappe van
so ’n maatskappy.
1

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT