Geyser en 'n Ander v Pont

JurisdictionSouth Africa
Citation1968 (4) SA 67 (W)

Geyser en 'n Ander v Pont
1968 (4) SA 67 (W)[*]

1968 (4) SA p67

Citation

1968 (4) SA 67 (W)

Court

Witwatersrandse Plaaslike Afdeling

Judge

Trollip R

Heard

Judgment

June 9, 1967

Flynote : Sleutelwoorde

Laster — Reeks artikels in 'n maandblad — Elke artikel moet afsonderlik behandel word om te oordeel of en hoe dit lasterlik is — Verwere — Afwesigheid van animus injuriandi — Verskil moet getrek word tussen verwere wat slegs op die subjektiewe afwesigheid van D animus injuriandi berus en dié wat op 'n objektiewe verdedigingsgrond berus — Skadevergoeding — Toekenning van met koste — Rente op bedrag vanaf datum van uitspraak beveel — Rente op koste vanaf die datum van taksering beveel.

Headnote : Kopnota

Die eisers het skadevergoeding weens laster geëis wat gespruit het uit E 'n reeks artikels deur die verweerder geskryf en wat in die amptelike maandblad van 'n kerk verskyn het. In die dagvaarding het die eisers nie elke artikel afsonderlik behandel nie maar almal is saamgevat vir 'n bewering van 'n innuendo wat die angel van die laster sou beklemtoon.

Beslis, dat, om te oordeel of en hoe die artikels lasterlik is en of en tot watter mate hulle na die eisers verwys, elke artikel afsonderlik behandel moes word.

In verwere teen laster moet daar waarskynlik 'n verskil getrek word tussen verwere (a) wat slegs op die subjektiewe afwesigheid van animus F injuriandi berus en (b) wat op 'n objektiewe deur die reg geoorloofde verdedingsgrond berus. Waarskynlik is (a) beperk tot gevalle soos skerts, vergissing, rixa, kranksinnigheid, dronkenskap, ens., en in verband met (b) kan die Hof na die welbekende regsbeginsels betreffende die sogenaamde verweer van privilegie kyk, die doel waarvan is om die vermoede van animus injuriandi te weerlê.

Waar skadevergoeding met koste vir laster toegeken is het die Hof, op aansoek, rente a tempore morae beveel op die bedrag bereken vanaf die datum van uitspraak en op die koste vanaf die datum van taksering.

Flynote : Sleutelwoorde

Defamation — Series of articles in a monthly periodical — Each G article must be dealt with separately to determine whether and how it is defamatory — Defences — Absence of animus injuriandi — Distinction must be drawn between defences which are based only on the subjective absence of animus injuriandi and those based on an objective defence — Damages — Award of with costs — Interest on amount of award from the date of judgment awarded — Interest on costs ordered from date of taxation.

Headnote : Kopnota

The plaintiffs had claimed damages for defamation which arose from a H series of articles in the official monthly organ of a church and written by the defendant. In the summons the plaintiffs had not dealt with each article separately but had joined them for an allegation of an innuendo which was to stress the sting of the defamation.

Held, that, in order to adjudge whether the articles were defamatory and to what extent they referred to the plaintiffs, each article had to be dealt with separately.

In defences against defamation a distinction must apparently be drawn between defences (a) which are merely based on the subjective absence of animus injuriandi and (b) those based on an objective, legally recognised ground of

1968 (4) SA p68

defence. Apparently (a) is limited to instances such as jest, mistake, rixa, insanity, drunkenness, etc., and in regard to (b) the Court can look to the well-known legal principles applicable to the so-called defence of privilege, the purpose of which is to refute the presumption of animus injuriandi.

Where damages for defamation were awarded with costs, the Court on application ordered interest a tempore morae, on the amount from the date of judgment and on the costs from the date of taxation.

Case Information

Aksie om skadevergoeding uit laster. Feite wat nie van belang is nie is weggelaat.

B G. A. Coetzee, S.C. (bygestaan deur J Kriegler), namens die eisers.

C. P. Beyers, S.C. (bygestaan deur J. D. M. Swart), namens die verweerder.

Cur adv vult.

C Postea (Junie 9).

Judgment

Trollip, R.:

Hierdie is 'n lasteraksie. Die twee eisers, prof. A. S. Geyser en mnr. C. F. Beyers Naude, eis elk R20,000 van prof. A. D. Pont, D hierin 'die verweerder' genoem. Die eis spruit uit 'n reeks artikels, getiteld 'Kronieke', wat deur die verweerder geskryf is en wat in Die Hervormer, die amptelike maandblad van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, verskyn het. Oorspronklik is ds. J. G. M. Dreyer, die redakteur van Die Hervormer, as tweede verweerder bygevoeg, maar die eisers het as gevolg van 'n skikking met hom die eis teen hom E teruggetrek. Daarna het hulle die saak teen die verweerder alleenlik voortgesit. Sy pleit is 'n ontkenning dat die artikels lasterlik is en dat hulle na die twee eisers verwys; alternatiewelik, voer hy aan dat hy die artikels geskrywe en gepubliseer het sonder enige animus injuriandi, en slegs met die oogmerk om die Kerk en sy lidmate in te lig van sekere, F vir hulle belangwekkende, denkrigtings, standpunte en gebeurtenisse, en sy kommentaar daarop. 'n Verdere alternatiewe pleit ten opsigte van sekere van die Kronieke is oorspronklik ook geopper wat die waarheid van die feite en billike kommentaar daarop en openbare belang (regverdiging) beweer, maar dié is op 'n vroeë stadium, voor sluiting van die G pleitstukke, geskrap. Gedurende die verhoor is aansoek gedoen om die bestaande alternatiewe pleit te wysig en uit te brei (sien die pleitstuk gedateer 23 Maart 1967), maar met instemming het dit oorgestaan tot die argumentstadium van die hele verhoor. Ek sal dit later behandel.

[Die Edelagbare het die feite behandel en soos volg voortgegaan.]

H Die besondere Kronieke, waarop die eisers steun (sien bylae A tot K van die dagvaarding) is dié van Julie, September, Oktober, November, Desember 1964, Januarie, Februarie, Maart, April, Mei en Junie 1965. Dit word beweer dat hulle feitestellings en aantygings bevat wat per se

1968 (4) SA p69

Trollip R

lasterlik van die eisers is. Wat die lasterlikheid en verwysing na die eisers betref, het die eisers hulle saak grotendeels op die veronderstelling gedryf dat al hierdie Kronieke as 'n samegestelde reeks beskou moet word, eintlik asof hulle in 'n enkele boek verskyn het. Byvoorbeeld, in die eisers se dagvaarding is elke gewraakte Kroniek nie A besonderlik behandel nie, maar almal is saamgevat vir 'n bewering van 'n innuendo wat die angel van die laster sou beklemtoon. Hierdie bewering (hierin 'die innuendo' genoem) is dat die artikels sou beteken het dat die eisers:

'(a)

Kommuniste is;

(b)

Ondersteuners van kommunisme is, kommunisme goedgesind is en die B doelstellings daarvan bevorder;

(c)

Ondersteuners van sabotasie, revolusie en oorlog teen Suid-Afrika is en deelneem aan die beplanning daarvan;

(d)

Persone van verfoeilike morele peil is wat hul land, volk, kerk, protestantse geloof, Christelikheid en hul God verraie en verloën het;

(e)

Skynheilig, geveinsd, leuenagtig, gewetenloos, onderduims en lafhartig is;

(f)

Veragtelike persone is wat voorgee dat hul Christene en C bedieners van die Christelike geloof is terwyl hul heimlik en in werklikheid die Christendom wil vernietig;

(g)

Moord van vrouens en kinders en 'n bloedbad in Suid-Afrika bevorder en meewerk om dit te subsidieer;

(h)

Ketters, verkondigers van dwaallere, vyande en ondermyners van die Afrikaanse kerke is.'

D Ek dink nie dat daardie benadering van die eisers helderheid in of verkorting van die saak bevorder het nie. Die gewraakte Kronieke strek oor 'n tydperk van 'n jaar; die deursnee leser sou iedereen elke maand gedurende daardie tydperk as 'n afsonderlike stuk gelees het, en nie die hele reeks soos 'n boek op een slag nie. Derhalwe, na my mening, om te oordeel of en hoe hulle lasterlik is, en of en tot watter mate hulle na E die eisers verwys, moet elke artikel afsonderlik behandel word.

Maar natuurlik beteken dit nie dat die vorige artikels nie vir die uitleg van die latere gebruik kan word nie; as iets uit die vorige artikels deur die deursnee leser tydens sy lees van die latere artikels waarskynlik onthou sou word, kan dit vir die uitlegging van laasgenoemde F inaggeneem word. Hier stem ek saam met wat Regter CLAYDEN in Sachs v Werkerspers Uitgewersmaatskappy (Edms.) Bpk., 1952 (2) SA 261 (W), gesê het op bl. 263B:

'The test in each case is 'whether under the circumstances in which the writing was published reasonable men to whom the publication was made would be likely to understand it in a libellous sense'. Johnson v Rand G Daily Mails, 1928 AD 190 at p. 204. The evidence to prove the circumstances should, I think, clearly include other statements by the defendant which would be known to a reasonable reader.'

En op bl. 264H:

'Whether or not another article or phrase can properly be regarded as showing 'circumstances' for the interpretation of the article complained of, or as providing the meaning of words used, must, I think, be a H question for the Court, regarding itself as the reasonable reader. I can see no reason in principle why the Court should not be entitled to consider whether the reasonable reader would give to words a meaning which other writings of the defendant indicate was the meaning intended, and why it should not be entitled to take into account, as part of the circumstances in which the words were published, and in which the words must be interpreted, facts which are stated by the defendant in those of its writings which would be known to the reasonable reader.'

Dit volg ook dat om die lasterlikheid en identifikasie te beoordeel, moet die hele samehang van die gewraakte dele van die Kronieke inaggeneem word; dit kan, afhangend van die besondere omstandighede,

1968 (4) SA p70

Trollip R

die hele artikel, of selfs vorige artikels ook, bevat (Wallachs Ltd v Marsh, 1928 T.P.A...

To continue reading

Request your trial
33 practice notes
  • Florence v Government of the Republic of South Africa
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Geach and Others 2013 (2) SA 52 (SCA) ([2012] ZASCA 175) : dicta in paras [58] – [61] and [129] applied Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W): dictum at 68 applied J 2014 (6) SA p460 Giddey NO v JC Barnard and Partners 2007 (5) SA 525 (CC) (2007 (2) BCLR 125; [2006] ZACC 13): dictu......
  • Aymac CC and Another v Widgerow
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1985 (4) SA 773 (A): referred to Gascoyne v Paul and Hunter 1917 TPD 170: referred to Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W): referred to E Golding v Torch Printing and Publishing Co (Pty) Ltd and Others 1949 (4) SA 150 (C): referred HB Farming Estate (Pty) Ltd and Another ......
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 May 2019
    ...438). The better view seems to be that jest is a defence that rests upon the subjective absence of animus injuriandi (cf Geyser v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 72 et seq). 124 Kirkpatrick v Bezuidenhout 1934 TPD 155 at 158; cf Peck v Katz (n123) at 573; Jeftha v Williams 1981 (3) SA 678 (C); B......
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 393E; Moolman v Slovo 1964 (1) SA 760 (W) at 763E; Chetcuti v Van der Walt 1993 (4) SA 397 (T) at 400J; Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 76E-F, 80A, 80B; Khan v Khan 1971 (2) SA 499 (RA) at 500C; Salzmann v Holmes 1914 AD 471 at 481; B Gray v Poutsma 1914 TPD 203 at 211; S......
  • Request a trial to view additional results
32 cases

  • Commissioner for Inland Revenue v First National Industrial Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 398 (A) at 411H; G Amalgamated Society of Woodworkers of SA Ltd v Die 1963 Ambagsaalvereniging (supra at 285D - 287B); Geyser v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 79H - 80C; Barclays Bank International v African Diamond Exporters 1977 (1) SA 298 (W) at 312H - 313A; Bellairs v Hodnett 1978 (1) SA......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 May 2019
    ...438). The better view seems to be that jest is a defence that rests upon the subjective absence of animus injuriandi (cf Geyser v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 72 et seq). 124 Kirkpatrick v Bezuidenhout 1934 TPD 155 at 158; cf Peck v Katz (n123) at 573; Jeftha v Williams 1981 (3) SA 678 (C); B......
33 provisions
  • Florence v Government of the Republic of South Africa
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Geach and Others 2013 (2) SA 52 (SCA) ([2012] ZASCA 175) : dicta in paras [58] – [61] and [129] applied Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W): dictum at 68 applied J 2014 (6) SA p460 Giddey NO v JC Barnard and Partners 2007 (5) SA 525 (CC) (2007 (2) BCLR 125; [2006] ZACC 13): dictu......
  • Aymac CC and Another v Widgerow
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1985 (4) SA 773 (A): referred to Gascoyne v Paul and Hunter 1917 TPD 170: referred to Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W): referred to E Golding v Torch Printing and Publishing Co (Pty) Ltd and Others 1949 (4) SA 150 (C): referred HB Farming Estate (Pty) Ltd and Another ......
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 May 2019
    ...438). The better view seems to be that jest is a defence that rests upon the subjective absence of animus injuriandi (cf Geyser v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 72 et seq). 124 Kirkpatrick v Bezuidenhout 1934 TPD 155 at 158; cf Peck v Katz (n123) at 573; Jeftha v Williams 1981 (3) SA 678 (C); B......
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 393E; Moolman v Slovo 1964 (1) SA 760 (W) at 763E; Chetcuti v Van der Walt 1993 (4) SA 397 (T) at 400J; Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 76E-F, 80A, 80B; Khan v Khan 1971 (2) SA 499 (RA) at 500C; Salzmann v Holmes 1914 AD 471 at 481; B Gray v Poutsma 1914 TPD 203 at 211; S......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT