Gevolgtrekking en aanbevelings : hoofstuk 10

Pages248-259
Date01 January 2008
DOI10.10520/EJC74099
Published date01 January 2008
248
HOOFSTUK 10
GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS
10.1 Doelstelling en werkswyse
10.1.1 Doelstelling
Die primêre doelwit van hierdie hoofstuk is om aanbevelings te maak
aangaande die oplossing van gebreke wat in die Suid-Afrikaanse ver-
teenwoordigingsreg sover dit maatskappye aanbetref geïdentif‌iseer is.
10.1.2 Werkswyse
Die werkswyse wat in hierdie hoofstuk gevolg word, is dat ’n bepaalde
aspek van die verteenwoordigingsreg in ’n maatskappyregtelike kon-
teks, naamlik voorinlywings-kontrakte, openbaarmaking, die leerstuk
van toegerekende kennis, die ultra vires-leerstuk, die Turquand-reël
en die estoppelleerstuk kortliks toegelig word, gevolg deur die voorge-
stelde oplossings en aanbevelings wat in daardie verband gemaak word.
10.2 Perspektief
Die gemeenregtelike posisie in Suid-Afrika jeens verteenwoordiging
was oorspronklik in wese die erkenning van die Romeins-Hollandse
posisie aangaande direkte verteenwoordiging gekoppel aan die om-
vangryke stel reëls in verband met die verhouding tussen die verteen-
woordiger en die prinsipaal.
Die verhouding tussen prinsipaal en verteenwoordiger is slegs in breë
trekke in die Romeins-Hollandse reg gereël. Daar het ’n sterk behoefte
ontstaan na die ontwikkeling van die verteenwoordigingsreg in Suid-Af-
rika. Hierdie behoefte het tot gevolg gehad dat daar na die Engelse reg
gegryp is, instede dat daar by kontinentale stelsels (wat ’n nouer verbin-
tenis met die Romeins-Hollandse reg het) vir hulp aangeklop is. Dit het
tot gevolg dat alhoewel die Suid-Afrikaanse verteenwoordigingsreg ’n
Romeins-Hollandse basis het, dit sterk deur die Engelse reg beïnvloed
is. Ten einde die verteenwoordingsreg in maatskappyregtelike konteks
te verstaan is dit dus noodsaaklik om die ontwikkeling van die Engelse
Companies Acts in gedagte te hou, aangesien die Suid-Afrikaanse
maatskappywetgewing grootliks op hierdie wetgewing geskoei is.1 To e
die wetgewer van die destydse Unie van Suid-Afrika die Maatskappy-
wet 46 van 1926 op die wetboek geplaas het, was daar nie slegs ’n
oorname van die Engelse Companies (Consolidation) Act van 1908
nie,2 maar ook ’n oorname van die geskiedenis tot die Companies Act
1 Cilliers 1964:205.
2 Die oorname van die Companies Consolidation Act 1908 (8 Edw. 7, C.
69) het via die Transvaalse Maatskappywet 31/1909 plaasgevind. Sien

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT