Gevolgtrekking en aanbevelings

Published date01 January 2012
Pages178-187
Date01 January 2012
DOI10.10520/EJC133215
AuthorL.M. Jacobs
178
8. GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS
Suid-Afrika het baanbrekerswerk ten aansien van besigheids-
redding verrig. Dit blyk duidelik uit die 1926 Maatskappywet. Ten
spyte hiervan het die daaropvolgende reddingsmodelle nie die
mas opgekom nie en was die geregtelike bestuursmodel in die
besonder ’n groot mislukking.
As gevolg van die lae sukseskoers van geregtelike bestuur,
die ongunstige ekonomiese toestande wat in die land geheers
het sowel as die toename in die aantal likwidasies, was die
wetgewer genoodsaak om ’n nuwe reddingsmeganisme te
oorweeg. Gevolglik is ondernemingsredding in die nuwe 2008
Maatskappywet gevoeg ten einde die geregtelike bestuursmodel
van die 1973 Maatskappywet te vervang.
Alhoewel besigheidsredding reeds sedert 1926 in die
Maatskappywet vervat is, kan daar aangevoer word dat dit
eerder in ’n aparte Besigheidsreddingswet vervat moet word.
Sodanige wet sal nie net op maatskappye van toepassing
wees nie, maar ook op individue en ander kleiner besighede. ’n
Aspek wat hierby aansluit, kan gevind word in die uitbreiding
van die toepassingsgebied van die 2008 reddingskema na
beslote korporasies. Daar behoort egter sulke geleenthede vir
meer as net maatskappye en beslote korporasies te bestaan.
Vennootskappe, eenmansake en trusts speel ’n groot rol in
die Suid-Afrikaanse ekonomie en met dit ingedagte moet daar
aandag geskenk word aan die ontwikkeling van ’n universele
wet wat vir die besigheidsredding van alle ondernemingsvorme
voorsiening maak.
Die 2008 Wet se ondernemingsreddingsmodel het ’n totaal nuwe
benadering ten aansien van besigheidsredding. Alhoewel die 2008
Wet soveel wysigings aan die reddingsmeganisme aangebring
het, is daar steeds sekere kwessies wat onaangespreek gebly
het. ’n Voorbeeld van laasgenoemde stelling kan gevind word in
die feit dat daar bepalings ten aansien van die reddingsproses in
beide die insolvensiereg en die maatskappyereg gevind word, wat
lei tot onpraktiese gevolge, dubbelsinnighede en onduidelikheid.
Uit die studie blyk dit dat die doel en definisie gekoppel aan
’n besigheidsreddingsmodel ’n baie belangrike rol in die uit-
eindelike effektiwiteit van die stelsel speel. Om hierdie rede moet
wetgewing voorsiening maak vir ’n definisie en doel wat redding
sal bevorder. Die 2008 Wet stel dit duidelik dat die doel van
die ondernemingsreddingsverrigtinge eerstens is om die sake
van die maatskappy sodanig te probeer herstruktureer dat die
waarskynlikheid dat die maatskappy op ’n solvente grondslag
sal voortbestaan, gemaksimaliseer word. Laasgenoemde

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT