Fleming v Fleming en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa

Fleming v Fleming en 'n Ander
1989 (2) SA 253 (A)

1989 (2) SA p253

Citation

1989 (2) SA 253 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Corbett AR, Joubert AR, Vivier AR, Steyn AR en Eksteen AR

Heard

November 11, 1988

Judgment

November 29, 1988

Flynote : Sleutelwoorde

Landbou — Wet op die Beheer van Eierproduksie 61 van 1970 — Permitte vir die produksie van eiers wat uitgereik is ingevolge die regulasies (voor wysiging daarvan in 1986) wat kragtens die Wet E uitgevaardig is — Geldigheid daarvan — Substitusie van permithouer nie 'n wysiging in terme van reg 7 nie — Absolute verbod op oordrag van permitte in reg 9 bevat — Dus het uitreikende instansie in sulke omstandighede sy magte oorskry deur permit aan eerste respondent uit te reik en is permit 'n nulliteit.

Koste — Teen openbare amptenaar — Amptenaar (tweede respondent) F het homself vereenselwig met amptenaar wat in die geskil tussen die ander partye kant gekies het en het in die verkeerde standpunt volhard — Gevolglike verwarring die direkte oorsaak van die geskil en daaropvolgende litigasie tussen die partye — Diskresie van Hof ten gunste van 'n kostebevel derhalwe teen tweede respondent uitgeoefen. G

Headnote : Kopnota

Appellante was die houer van 'n permit vir die produksie van eiers uitgereik in haar naam deur die tweede respondent (die hoofbestuurder van die Eierraad). Sy het in 1981 haar besigheid aan eerste respondent verkoop en die besigheidsperseel en sekere toerusting aan hom verhuur. Een van die voorwaardes van die huurkontrak was dat die huurder alle stappe self moet neem om die nodige permitte te verkry ten einde H 'n hoenderboerdery op die verhuurde perseel te bedryf. Eerste respondent het 'n skriftelik aansoek aan die tweede respondent gerig dat die appellante se permit op sy naam 'oorgedra' word. Die aansoek is toegestaan en 'n 'gewysigde' permit is aan eerste respondent uitgereik in terme van reg 7 van die regulasies wat kragtens die Wet op die Beheer van Eierproduksie 61 van 1970 uitgevaardig is. Eerste respondent het onder andere dié eierpermit aan ene W verkoop. Ingevolge die koopkontrak het die eerste respondent onderneem om sy permit 'tot die koper I se beskikking te stel by wyse van 'n sambreelpermit' totdat die volle kooppryse betaal is, waarna hy afstand sou doen van die permit ten gunste van die koper, onderhewig aan tweede respondent se goedkeuring. Toe eerste respondent in 1985 skriftelike kennisgewing aan appellante gegee het dat die huurkontrak tussen hulle beëindig sou word, het W by tweede respondent aansoek gedoen dat 'n sambreelpermit vir 'n tydperk van een jaar ten opsigte van sy eie eiendom en dié wat deur die J eerste respondent van die appellante gehuur is, toegestaan word.

1989 (2) SA p254

A Tweede respondent se reaksie was dat hy reeds die 'oordrag' aan W goedgekeur het op voorwaarde dat appellante geen beswaar daarteen het nie, dat sy egter wel beswaar gemaak het en dat daar gevolglik geen beslissing gegee kon word nie totdat die 'uitslag van die privaatregtelike geskil' bekend was. Dit het daartoe gelei dat eerste respondent aansoek aan 'n Provinsiale Afdeling gerig het vir 'n verklarende bevel dat appellante geen regte met betrekking tot die betrokke permit gehad het nie en vir 'n bevel wat die tweede B respondent gemagtig het om oordrag van dié permit aan W te bewerkstellig sonder verwysing na die appellante. Die aansoek is in die Hof a quo toegestaan. In hoër beroep,

Beslis, dat dit volgens die Wet en regulasies (voor die wysiging van die regulasies in 1986) duidelik was dat 'n permit 'n persoonlike statutêre vergunning was aan 'n bepaalde persoon en die uitreiking daarvan die uitoefening deur die betrokke instansie van 'n delectus personae C ingehou het met die gevolg dat 'n permithouer nie sy permit kon vervreem of andersins daarmee handel tensy hy daartoe gemagtig is ingevolge die regulasies nie.

Beslis, verder, dat, wat betref die gepoogde wysiging van die permit ingevolge reg 7 deur dit 'oor te dra' van appellante na eerste respondent, die substitusie van een permithouer met 'n ander nie 'n wysiging was soos deur reg 7 beoog was nie: wanneer 'n permit, wat 'n vergunning aan 'n bepaalde persoon was, aan 'n ander gegee is, het dit beteken dat òf 'n nuwe permit uitgereik is òf dat die eerste D permit oorgedra is aan 'n nuwe permithouer; daar was nie sprake van 'n wysiging nie.

Beslis, verder, dat reg 9 'n uitdruklike verbod teen oordrag van permitte bevat het en tweede respondent was dus nie gemagtig om die permit oor te dra nie: enige sodanige 'oordrag' sou 'n nulliteit wees.

Beslis, verder, wat die betoog dat reg 9, wat 'n verbod op die oordrag E van permitte bevat het, alleen 'n oordrag tussen partye onderling verbied het maar nie betrekking gehad het op 'n oordrag van 'n permit wat deur tweede respondent goedgekeur is nie, betref dat die verbod in reg 9 bevat alleen na 'n oordrag goedgekeur deur tweede respondent kon verwys het want hy was die persoon wat deur die reg belas was met die uitreiking ens van permitte.

Beslis, derhalwe, dat tweede respondent sy magte oorskry het toe hy die permit aan eerste respondent uitgereik het, met die gevolg dat die permit 'n nulliteit was en die appèl dus moes slaag.

F Beslis, verder, wat betref 'n aansoek deur appellante om 'n kostebevel teen sowel die eerste as die respondent beide wat betref die verrigtinge in die Hof a quo en dié op appèl, dat alhoewel die algemene reël was dat 'n kostebevel nie teen 'n openbare amptenaar wat in die foutiewe maar bona fide uitoefening van sy ampspligte opgetree het toegestaan sou word nie, dit nie 'n onbuigsame reël was wat in alle gevalle gegeld het nie.

G Beslis, verder, dat die feite aangetoon het dat die betrokke amptenaar se verklaring nie net op die verkeerde sitasie van partye gemik was nie; sy houding, waarmee tweede respondent hom vereenselwig het, was om kant te kies in die geskil tussen die ander partye en, in stede van te berus in die uitspraak van die Hof, te vra dat die regshulp aangevra deur eerste respondent van die hand gewys word.

Beslis, verder, dat tweede respondent deurgaans volhard het in die verkeerde standpunt waaruit verwarring gespruit het, wat die H direkte oorsaak was van die geskil en daaropvolgende litigasie.

Beslis, derhalwe, dat die Hof se diskresie ten gunste van die maak van 'n kostebevel teen tweede respondent sowel as eerste respondent uitgeoefen behoort te word.

Die beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in Fleming v Fleming en 'n Ander omvergewerp. I

Flynote : Sleutelwoorde

Agriculture — Egg Production Control Act 61 of 1970 — Permits for the production of eggs issued in terms of regulations (prior to their amendment in 1986) promulgated in terms of the Act — Validity thereof — Substitution of permit holder is not an amendment in terms of reg 7 — Absolute prohibition on transfer of permits contained in reg 9 — Issuing authority in such circumstances therefore exceeded his powers J in issuing permit to first respondent and permit a nullity.

1989 (2) SA p255

A Costs — Order against public official — Official (second respondent) associating himself with an official who took sides in a dispute between the other parties and who had persisted in the incorrect attitude — Resultant confusion the direct cause of the dispute and ensuing litigation between the parties — Discretion of Court accordingly exercised in favour of the granting of an order for costs against second respondent. B

Headnote : Kopnota

Appellant was the holder of a permit for the production of eggs issued in her name by the second respondent (the general manager of the Egg Board). In 1981 she sold her business and leased the business premises and certain equipment to first respondent. One of the conditions of the lease was that the lessee should take all steps necessary to obtain the necessary permits to run a poultry farm on the leased premises. First respondent directed a written application to the second respondent for the 'transfer' of the appellant's permit into his name. The C application was granted and an 'amended' permit was issued to first respondent in terms of reg 7 of the regulations promulgated in terms of the Egg Production Control Act 61 of 1970. First respondent sold, inter alia, the egg permit to one W. In terms of the contract of sale the first respondent undertook to make his permit available to the purchaser by way of an 'umbrella permit' until the full purchase price had been paid, after which time he would release the permit in favour of the purchaser, subject to the approval of the second respondent. When first D respondent gave written notice in 1985 to the appellant that the lease contract between them was to be terminated, W made application to the second respondent for the granting of an 'umbrella permit' for a period of one year in respect of his own property as well as that which had been leased by the first respondent from the appellant. Second respondent's reaction was that he had already approved the 'transfer' to W on condition that appellant had no objection, that she had indeed E objected and that consequently no decision could be given until the result of the civil dispute was made known. That led to the first respondent bringing an application in a Provincial Division for a declaratory order that appellant had no rights with regard to the permit in question and that second respondent was empowered to effect a 'transfer' of the permit to W without reference to the appellant. The application was granted in the Court a quo. In an appeal,

F Held, that according to the Act and regulations (prior to the amendment of the regulations in 1986) it was clear that a permit was a personal statutory concession to a specific person and the issue thereof involved an exercise by the relevant authority of a delectus personae with the result that a permit...

To continue reading

Request your trial
12 practice notes
  • Prinsloo v Nasionale Vervolgingsgesag en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1998 (7) BCLR779): appliedDie Meester v Joubert en Andere 1981 (4) SA 211 (A): dictum at 224D–FappliedFlemming v Flemming en ’n Ander 1989 (2) SA 253 (A): appliedFreedom of Expression Institute and Others v President, Ordinary Court Martial,and Others 1999 (2) SA 471 (C) (1999 (3) BCLR 261......
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Invalid date
    ...wasted costs occasioned by Mr Griessel and Mr Louw's heads of argument. J Rabie ACJ, Joubert JA, Eksteen JA and Viljoen AJA concurred. 1989 (2) SA p253 Hefer A Appellant's Attorneys: State Attorneys, Cape Town and Bloemfontein. Respondent's Attorneys: Mallinick, Ress, Richman & Closenberg, ......
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 30 November 1988

    ...(7) BCLR 779): applied C Die Meester v Joubert en Andere 1981 (4) SA 211 (A): dictum at 224D – F applied Fleming v Fleming en 'n Ander 1989 (2) SA 253 (A): Freedom of Expression Institute and Others v President, Ordinary Court Martial, and Others 1999 (2) SA 471 (C) (1999 (3) BCLR 261): app......
  • Request a trial to view additional results
11 cases

1 books & journal articles
  • Personal Cost Orders: Protecting the Public Purse
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , June 2020
    • 1 June 2020
    ...Ormerod v Deputy Sheriff, Durban 1965 4 SA 670 (D); Bon Esperance CC v Munic ipality of Stellen bosch 1998 4 All SA 59 (C) 69A-B 35 1989 2 SA 253 (A) 36 262C-E 37 Fourie v Cilliers NO 1978 2 A ll SA 672 (O) 38 Kruger v Die Bal ju, Transvaal 1962 1 SA 138 (T) 143 142 STELL LR 2020 1© Juta an......
12 provisions
  • Prinsloo v Nasionale Vervolgingsgesag en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1998 (7) BCLR779): appliedDie Meester v Joubert en Andere 1981 (4) SA 211 (A): dictum at 224D–FappliedFlemming v Flemming en ’n Ander 1989 (2) SA 253 (A): appliedFreedom of Expression Institute and Others v President, Ordinary Court Martial,and Others 1999 (2) SA 471 (C) (1999 (3) BCLR 261......
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Invalid date
    ...wasted costs occasioned by Mr Griessel and Mr Louw's heads of argument. J Rabie ACJ, Joubert JA, Eksteen JA and Viljoen AJA concurred. 1989 (2) SA p253 Hefer A Appellant's Attorneys: State Attorneys, Cape Town and Bloemfontein. Respondent's Attorneys: Mallinick, Ress, Richman & Closenberg, ......
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 30 November 1988
    ...wasted costs occasioned by Mr Griessel and Mr Louw's heads of argument. J Rabie ACJ, Joubert JA, Eksteen JA and Viljoen AJA concurred. 1989 (2) SA p253 Hefer A Appellant's Attorneys: State Attorneys, Cape Town and Bloemfontein. Respondent's Attorneys: Mallinick, Ress, Richman & Closenberg, ......
  • Prinsloo v Nasionale Vervolgingsgesag en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(7) BCLR 779): applied C Die Meester v Joubert en Andere 1981 (4) SA 211 (A): dictum at 224D – F applied Fleming v Fleming en 'n Ander 1989 (2) SA 253 (A): Freedom of Expression Institute and Others v President, Ordinary Court Martial, and Others 1999 (2) SA 471 (C) (1999 (3) BCLR 261): app......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT