Ex parte Swiegers

JurisdictionSouth Africa
Citation1966 (4) SA 7 (GW)

Ex parte Swiegers
1966 (4) SA 7 (GW)

1966 (4) SA p7


Citation

1966 (4) SA 7 (GW)

Court

Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling

Judge

de Vos Hugo R

Heard

June 16, 1966

Judgment

June 30, 1966

Flynote : Sleutelwoorde

Grond — Vruggebruik — Prospekteergeld aan die vruggebruiker betaal — Deel van die A vruggebruik — Praktyk — Aansoeke en mosies — Prokurasie — Wanneer dit ingedien moet word. B

Headnote : Kopnota

'n Vruggebruiker is geregtig om prospekteergeld, ingevolge 'n prospekteerkontrak aan haar betaal, as deel van sy vruggebruik te beskou.

Wanneer die Meester, die Registrateur van Aktes of andere amptenare 'n belang het by die regshulp wat in 'n aansoek aangevra word, dan moet 'n prokurasie deur die petisionaris se prokureur ingedien word.

Flynote : Sleutelwoorde

Land — Usufruct — Prospecting money paid to usufructuary — Part of the usufruct — Practice — Applications and motions — Power of attorney — When it has to be filed.

Headnote : Kopnota

A usufructuary is entitled to regard prospecting money paid to her in terms of a prospecting contract as part of her usufruct.

When the Master, the Registrar of Deeds or other officials have an interest in the relief asked for in an application, then a power of attorney has to be filed by the applicant's attorney. C

Case Information

Aansoek vir die bekragtiging van 'n prospekteerkontrak en sekere andere bevele. Die feite blyk uit die uitspraak.

W. Witepski, S.C., namens die applikante.

Cur. adv. vult.

Postea (Junie 30). D

Judgment

de Vos Hugo, R.:

Dit is 'n aansoek vir bekragtiging van 'n prospekteerkontrak en vir bevele wat daaruit voortvloei of daarmee in verband staan. Die petisionaris, Brechie Elizabeth Swiegers, is die E nagelate eggenote van wyle Arie Willem Swiegers wat op 6 Mei 1959 oorlede is. Sy is ook die eksekutrise testamentêr in die boedel van haar oorlede eggenoot. Volgens die testament van die oorledene word die plaas Klipfontein in die distrik Hopetown, wat iets meer as 2,466 morg groot F is, bemaak aan die twee onmondige seuns van die oorledene en die petisionaris. Hierdie twee seuns is tans 18 en 14 jaar oud respektiewelik. Aan die petisionaris is die vruggebruik van die plaas bemaak. Ten tyde van die afsterwe van die testateur was daar twee verbandlaste op die grond vir iets meer as R4,300. Met die toestemming van die Assistentmeester is die petisionaris toegelaat om aan te gaan met die boerdery sonder om die eiendom onmiddellik aan die kinders te G transporteer, omdat sy nie instaat was om die verbandlaste af te los sonder om die boerdery tot niet te maak en haarself en die kinders van 'n inkomste te beroof nie. Die huidige waarde van die plaas is ongeveer R25,800.

Hoewel die testateur eienaar was van die grond is die mineraleregte wat H betref goud, silwer en edelgesteentes met die oorspronklike toekenning van die grond deur die Staat voorbehou en hierdie voorbehoud

1966 (4) SA p8

de Vos Hugo R

is nog steeds geldig. Ingevolge arts. 13 en 17 van Wet 73 van 1964...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Brown v Oosthuizen en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Lurie A NO, 'n uitspraak van bierdie Afdeling wat op 13 Oktober 1977 gelewer is. Die Furstenburg-saak is gevolg in Ex parte Swiegers 1966 (4) SA 7 (GW) maar in die bepaalde Afdeling is sedertdien 'n ander standpunt in-geneem. Sien Ex parte De Villiers 1973 (2) SA 396 (NK) waarin die besli......
  • Edmund Woodhouse (Pty) Ltd v Brits
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gesoek word na die gevalle waar dit nodig is. Ek behandel kortliks die ander uitsprake wat hiermee in stryd is. In Ex B parte Swiegers, 1966 (4) SA 7 (GW), word daarop gewys dat volgens die woordbepaling in die Reëls die woorde 'siviele dagvaarding' dieselfde betekenis dra as in die Wet op ......
2 cases
  • Brown v Oosthuizen en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Lurie A NO, 'n uitspraak van bierdie Afdeling wat op 13 Oktober 1977 gelewer is. Die Furstenburg-saak is gevolg in Ex parte Swiegers 1966 (4) SA 7 (GW) maar in die bepaalde Afdeling is sedertdien 'n ander standpunt in-geneem. Sien Ex parte De Villiers 1973 (2) SA 396 (NK) waarin die besli......
  • Edmund Woodhouse (Pty) Ltd v Brits
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gesoek word na die gevalle waar dit nodig is. Ek behandel kortliks die ander uitsprake wat hiermee in stryd is. In Ex B parte Swiegers, 1966 (4) SA 7 (GW), word daarop gewys dat volgens die woordbepaling in die Reëls die woorde 'siviele dagvaarding' dieselfde betekenis dra as in die Wet op ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT