Ex parte Swiegers

JurisdictionSouth Africa
Judgede Vos Hugo R
Judgment Date30 June 1966
Citation1966 (4) SA 7 (GW)
Hearing Date16 June 1966
CourtGriqualand-West Local Division

de Vos Hugo, R.:

Dit is 'n aansoek vir bekragtiging van 'n prospekteerkontrak en vir bevele wat daaruit voortvloei of daarmee in verband staan. Die petisionaris, Brechie Elizabeth Swiegers, is die E nagelate eggenote van wyle Arie Willem Swiegers wat op 6 Mei 1959 oorlede is. Sy is ook die eksekutrise testamentêr in die boedel van haar oorlede eggenoot. Volgens die testament van die oorledene word die plaas Klipfontein in die distrik Hopetown, wat iets meer as 2,466 morg groot F is, bemaak aan die twee onmondige seuns van die oorledene en die petisionaris. Hierdie twee seuns is tans 18 en 14 jaar oud respektiewelik. Aan die petisionaris is die vruggebruik van die plaas bemaak. Ten tyde van die afsterwe van die testateur was daar twee verbandlaste op die grond vir iets meer as R4,300. Met die toestemming van die Assistentmeester is die petisionaris toegelaat om aan te gaan met die boerdery sonder om die eiendom onmiddellik aan die kinders te G transporteer, omdat sy nie instaat was om die verbandlaste af te los sonder om die boerdery tot niet te maak en haarself en die kinders van 'n inkomste te beroof nie. Die huidige waarde van die plaas is ongeveer R25,800.

Hoewel die testateur eienaar was van die grond is die mineraleregte wat H betref goud, silwer en edelgesteentes met die oorspronklike toekenning van die grond deur die Staat voorbehou en hierdie voorbehoud

de Vos Hugo R

is nog steeds geldig. Ingevolge arts. 13 en 17 van Wet 73 van 1964 berus die reg om edelgesteentes te laat prospekteer egter op die eienaar van A die oppervlakregte en sekere regte word ook aan die ontdekker sowel as die eienaar verleen indien edelgesteentes in lonende hoeveelhede gevind word.

Die petisionaris het 'n prospekteerkontrak met 'n sekere Dirk Cornelius Besselaar aangegaan. Volgens hierdie kontrak kan hy prospekteer vir edelgesteentes vir 'n jaar, met die reg om die kontrak vir twee verdere B agtereenvolgende termyne te verleen. Vir die reg om te prospekteer moet hy aan die petisionaris R800 per jaar betaal, plus 'n tantième van 10 persent van die bruto verkoopsprys van edelgesteentes wat gevind mag word. Verder word ook aan hom die reg gegee om die statutêre regte op edelgesteentes, wat aan die oppervlakeienaar toegeken word, vir R2,000 C aan te koop. Ingeval hy nie die opsie tot aankoop uitoefen nie en die grond geproklameer word as 'n delwery moet hy nog steeds 'n tantième van 10 persent van die bruto verkoopsprys van die...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Brown v Oosthuizen en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Lurie A NO, 'n uitspraak van bierdie Afdeling wat op 13 Oktober 1977 gelewer is. Die Furstenburg-saak is gevolg in Ex parte Swiegers 1966 (4) SA 7 (GW) maar in die bepaalde Afdeling is sedertdien 'n ander standpunt in-geneem. Sien Ex parte De Villiers 1973 (2) SA 396 (NK) waarin die besli......
  • Edmund Woodhouse (Pty) Ltd v Brits
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gesoek word na die gevalle waar dit nodig is. Ek behandel kortliks die ander uitsprake wat hiermee in stryd is. In Ex B parte Swiegers, 1966 (4) SA 7 (GW), word daarop gewys dat volgens die woordbepaling in die Reëls die woorde 'siviele dagvaarding' dieselfde betekenis dra as in die Wet op ......
2 cases
  • Brown v Oosthuizen en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Lurie A NO, 'n uitspraak van bierdie Afdeling wat op 13 Oktober 1977 gelewer is. Die Furstenburg-saak is gevolg in Ex parte Swiegers 1966 (4) SA 7 (GW) maar in die bepaalde Afdeling is sedertdien 'n ander standpunt in-geneem. Sien Ex parte De Villiers 1973 (2) SA 396 (NK) waarin die besli......
  • Edmund Woodhouse (Pty) Ltd v Brits
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gesoek word na die gevalle waar dit nodig is. Ek behandel kortliks die ander uitsprake wat hiermee in stryd is. In Ex B parte Swiegers, 1966 (4) SA 7 (GW), word daarop gewys dat volgens die woordbepaling in die Reëls die woorde 'siviele dagvaarding' dieselfde betekenis dra as in die Wet op ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT