Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman NO

JurisdictionSouth Africa
JudgeStreicher Wn AR, Hefer AR, Vivier AR, Olivier AR, Zulman AR
Judgment Date30 May 1997
CounselA J Smit (bygestaan deur M H Van Heerden) namens die appellant J Van Der Berg (bygestaan deur D J Van Der Walt) namens die respondente
Docket Number650/93
CourtSupreme Court of Appeal

Streicher Wn AR:

Hierdie is 'n appèl teen 'n beslissing van Conradie R in die Kaapse A Provinsiale Afdeling ingevolge waarvan hy die appellant beveel het om sekere aandelesertifikate aan die respondente (die eiseres in die Hof a quo) te oorhandig en ingevolge waarvan hy 'n teenvordering van die appellant ('ENB') van die hand gewys het.

Die respondente tree op in haar hoedanigheid as die kurator bonis van haar moeder, mev B Malherbe. ENB se teeneis en verweer teen die respondente se vordering was gebaseer op 'n borgakte en 'n sessie wat deur mev Malherbe onderteken is op 2 Mei 1989. Die Hof a quo het bevind dat op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys is dat mev Malherbe geestesongesteld C was toe sy die borgkontrak en sessie onderteken het en dat sy so min insig in die impak wat dit moontlik op haar eiendom kon hê, gehad het, dat sy in alle billikheid nie aan die kontrak gebonde gehou behoort te word nie.

Mev Malherbe is gebore in 1904. Haar vader was 'n kleremaker wat na Suid-Afrika geïmmigreer het. Na haar skoolopleiding in Suid-Afrika het sy tegniese opleiding as 'n D kleremaakster in Duitsland ondergaan. Sy is later getroud. Twee kinders, die respondente en 'n seun, Willem, is uit die huwelik gebore. Nadat sy getroud is, het sy, afgesien van die vervulling van haar huishoudelike pligte, nie gewerk nie. Haar eggenoot het al die finansiële sake van die gesin hanteer tot ongeveer twee jaar voordat hy in 1967 oorlede is. Op daardie E stadium het hy so agteruitgegaan dat mev Malherbe tekenmagte op sy bankrekening moes verkry. Die gesin het 'n huis, genaamd Immergroen, te Stellenbosch bewoon en tydens die verhoor het mev Malherbe steeds in die huis gewoon. Haar eggenoot was vir 40 jaar lank 'n professor in landbou aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het as 'n stokperdjie sy spaargeld in aandele belê. Die pensioengeld wat hom toegekom het, het hy in een som geneem F en dit ook in aandele belê. By sy afsterwe het hy 'n aansienlike aandeleportefeulje, bestaande uit aandele genoteer op die Johannesburgse effektebeurs, asook die eiendom Immergroen, aan mev Malherbe nagelaat. Na haar vader se dood het mev Malherbe ook sy huis in Tamboerskloof, Kaapstad, geërf. Sy was gevolglik 'n besonder welgestelde weduwee. Die G inkomste waarvan sy geleef het, het bestaan uit die dividende op die aandele wat sy geërf het en huurinkomste ten opsigte van die huis in Kaapstad.

Die respondente het 'n MA graad in sielkunde verwerf. Willem is volgens die respondente besonder kunstig. Hy het die foto's geneem en die illustrasies gedoen vir verskeie boeke, onder H andere, 'n boek getiteld The Cape House Interior wat in 1985 gepubliseer is.

Kort na die dood van haar eggenoot was mev Malherbe nog redelik fiks. Sy het elke dag dorp toe gestap om haar inkopies te gaan doen. Sy was lief gewees om aan uitstappies deel te neem. Sy het baie daarvan gehou om sosiaal te verkeer en het aan verskillende verenigings behoort. Vanaf 1972 het sy progressief meer hardhorend geraak. In 1975 het sy 'n terugslag beleef en I was sy vir veertien dae bedlêend. Sy was duiselig, het gevoel of haar kop draai, kon omtrent nie eet nie en was naar. Méniére sindroom is gediagnoseer.

Die respondente het getuig dat sy haar moeder vanaf die dood van haar vader feitlik op 'n daaglikse basis gesien het. Volgens haar het mev J

Streicher Wn AR

Malherbe na die voormelde terugslag baie agteruitgegaan. Sy het in die verlede begin leef en A oor en oor dieselfde stories oor die ou dae vertel. Sy was egter steeds in staat om 'n gesprek te voer oor aangeleenthede wat binne haar belangstellingsveld geval het.

Vanaf 1980 het mev Malherbe gereeld teenoor die respondente gekla dat sy verskriklik sleg B voel. Sy het gekla dat haar kop draai, dat sy 'n geklop in haar kop voel en 'n gesuis in haar ore het. Sy kon dan op niks konsentreer nie en kon maar net lê. Met verloop van tyd het die aanvalle vererger. Soms het mev Malherbe geval en beserings aan haar kop opgedoen. Vanaf 1986 het sy gloukoom in die een oog gehad wat haar feitlik blind in die oog gemaak het. In die C ander oog het sy katarakte ontwikkel wat veral haar naby sig aangetas het. Sedert 1984 het sy met behulp van 'n vergrootglas gelees.

Vanaf 1980 het die respondente haar moeder gereeld dorp toe geneem vir inkopies. Op 1 Julie 1988 is mev Malherbe egter aangerand. Daarna was sy baie angstig en wou sy nie meer buite D die huis gaan nie. Sy het nie meer dorp toe gegaan nie en die respondente het haar inkopies vir haar gedoen.

Dr Von Delft was sedert 1973 die huisdokter van mev Malherbe. Uit sy getuienis blyk dit dat sy gely het aan uitermate hoë bloeddruk waarvoor sy medikasie moes gebruik. Sy het op E verskeie geleenthede gekla van duiseligheid. Verskeie kere deur die jare is Méniére se sindroom, vertigo, kloudikasie (pyn in die bene agv ontoereikende bloedvoorsiening), tinnitus, neuralgie en kortstondige serebrale iskemie (ontoereikende bloedvoorsiening) gediagnoseer. Gedurende die periode 1984 tot 1989 is kortstondige serebrale iskemie op vier geleenthede gediagnoseer. Op een geleentheid gedurende 1980 is serebrale synkopee ('n tydelike verlies F van bewussyn as gevolg van onvoldoende bloedvloei na die brein) gediagnoseer en op 8 Januarie 1993 is spanning en depressie gediagnoseer.

Op die getuienis voor die Hof is dit moeilik om met presiesheid vas te stel wat met mev Malherbe se aandele gebeur het. Mev Malherbe het self getuig, maar mens kry die indruk dat G sy as 'n bewysstuk voor die Hof geplaas is en nie as 'n getuie geroep is nie. Gevra waar haar aandele vandag is, het sy geantwoord: 'Ek weet nie, ek het nie meer aandele nie.' Op die vraag of dit deur Willem is wat sy die aandele verloor het, het sy geantwoord: 'Ek weet nie, ek weet nie. Ek weet nie wie die oorsaak daarvan is nie.' H

Volgens die respondente het mev Marlherbe baie spaarsamig geleef, tot so 'n mate dat sy as vrekkerig beskryf kon word. Sy het nie geld op haarself nie maar wel op die kunste spandeer soos in die geval van die publikasie van die voormelde boek. Sy het alles opgegaar soos onder andere wyn- en marmitebottels. Sy het die warmwatersilinder van tyd tot tyd afgeskakel om I elektrisiteit te bespaar. Al haar aankope het sy in kontant gedoen.

Kort na haar man se dood het mev Malherbe van haar aandele verkoop en 'n eiendom in die Strand gekoop. Sy het ook die aandele in 'n maatskappy Franken Investments (Edms) Bpk, wat die eienaar van drie erwe te Kuilsrivier was, gekoop. In die laat sewentiger jare het sy die aandele in Franken Investments oorgedra aan Willem sodat hy huise op J

Streicher Wn AR

die drie erwe kon bou. Haar aandele in Cosmodata (Edms) Bpk, die maatskappy in wie se A naam die eiendom in die Strand geregistreer is, het sy aan die respondente oorgedra. In 1981 het sy haar Remgro en Tegkor aandele in drie verdeel. Een derde van daardie aandeelhouding het sy oorgedra aan Franken Investments, een derde aan Cosmodata en een derde het sy self behou. Op daardie stadium het haar aandele portefeulje ook nog talle ander waardevolle aandele bevat. B

In 1982 het mev Malherbe 'n borgakte, beperk tot 'n bedrag van R120 000, ten gunste van Volkskas onderteken ten opsigte van die skulde van Oewerpark (Edms) Bpk, een van Willem se maatskappye. Sy het terselfdertyd, ingevolge 'n algemene pandakte, en as sekuriteit, aandele aan die bank gesedeer. C

Gedurende 1985 het mev Malherbe finansiële hulp ten bedrae van R80 000 ten opsigte van die publikasie van die voormelde boek The Cape House Interior verleen. Die winste van die boek sou na die Stellenbosch Museum gaan. D

Op 6 Desember 1985, 30 September 1986 en 6 Oktober 1986 het mev Malherbe onbeperkte borgaktes ten gunste van Volkskas geteken ten opsigte van Willem se maatskappye, Franken Investments (Edms) Bpk, Kenmerk Bouers (Edms) Bpk en Oewerpark (Edms) Bpk onderskeidelik.

Volgens die bestuurder van die Nedbank-tak te Stellenbosch gedurende die jare 1986 tot E 1991, het Dalsig Minerale Bpk (een van verskeie Dalsig maatskappye) op 13 Januarie 1987 'n rekening by Nedbank geopen. 'n Oortrokke rekening fasiliteit is aan Dalsig Minerale toegestaan en 'n onbeperkte borgakte is van mev Malherbe, óf ten opsigte van die skuld van Dalsig Minerale óf ten opsigte van die skuld van Willem, wat ook die rekening gewaarborg het, verkry. Die datum waarop die borgakte onderteken is, is onbekend. As sekuriteit het Nedbank F die volgende aandele van mev Malherbe ontvang:

2 664 Genbel Investments Ltd

2 890 UBS Beherende Bpk

11 500 Volkskas Groep Bpk

32 495 Richemont Securities AG G

50 000 Tegniese Beleggingskorporasie Bpk.

Willem het 'n finansiële belang in die Dalsig maatskappye gehad en was ook 'n direkteur van die maatskappye.

Op 10 November 1988 het mev Malherbe 'n onbeperkte borgakte ten gunste van Trust Bank ten aansien van die skulde van Dalsig Diamante (Edms) Bpk onderteken. Ongeveer dieselfde H tyd het sy twee standaard beperkte blanko pandaktes en 'n standaard algemene pandakte, ook in blanko, ten gunste van Trust Bank onderteken. Verder het mev Malherbe 16 vorms, wat deur Trust Bank gebruik word om kennis te gee dat regte in aandele aan Trust Bank gesedeer is en dat die dividende ten opsigte van die aandele aan Trust Bank betaal moet word, I in blank onderteken. Mev Malherbe het ook agt blanko aandele-oordragvorms onderteken. Al die voormelde handtekeninge is waarskynlik deur middel van Willem verkry. Die dokumente is almal deur Dalsig Diamante aan Trust Bank gelewer.

Op 13 Desember 1988 het Dalsig Mynbou Bpk soos volg aan mev Malherbe geskryf: J

Streicher Wn AR

'i/s Onder genoemde effekte geregistreer in u naam A

54 000 Richemont Securities AG depositobewyse

54 000 Rembrandt Groep Beperk

10 000 Fedfood Beperk

300 Allied Technologies Bpk

20 620 Zandpan Gold Mining Co Ltd B

Ons erken hiermee dat u bogenoemde...

To continue reading

Request your trial
46 practice notes
  • Brisley v Drotsky
    • South Africa
    • Invalid date
    ...De Beer v Keyser and Others 2002 (1) SA 827 (HHA): na verwys/referred to E Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman NO 1997 (4) SA 302 (HHA): bespreek en minderheidsuitspraak gekritiseer/discussed and minority judgment Evans v Schoeman NO 1949 (1) SA 571 (A): na verwys/refer......
  • Ensuring Contractual Fairness in Consumer Contracts after Barkhuizen v Napier 2007 5 SA 323 (CC) – Part 2
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Club SA (Pty) Ltd v Singh 2004 3 SA 630 (D) 657-658; Eerste Nasionale Bank van Suid elike Afrika Bpk v Saayman 1997 4 SA 302 (SCA) 324; First National Bank of SA Ltd v Bophuthatsw ana Consumer Affairs Co uncil 1995 2 SA 853 (BG) 870-871; Joosub Investments (Pty) Ltd v Ma ritime & General In......
  • Silent Pond Investments CC v Woolworths (Pty) Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Bryant 1995 (3) SA 761 (A) ([1995] 2 AllSA 635): dictum at 768A–E appliedEerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman NO 1997 (4)SA 302 (SCA) ([1997] 3 All SA 391): referred toHarlequin Duck Properties 204 (Pty) Ltd v Fieldgate t/a Second Hand Rose andOthers 2006 (3) SA 456 (C......
  • Agreements to Negotiate: A Contemporary Analysis
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...“Towards a Reconcil iation of Contract Law and Constit utional Values: Brisley and Afrox Revisite d” (2005) 122 SALJ 865.172 890.173 1997 4 SA 302 (SCA).174 319B -322 C.175 D Hutchison “ Non-Variation Clauses in Cont ract: Any Escape f rom the Shifren St raitjacket?” (2001) 118 SALJ 720 742......
  • Request a trial to view additional results
33 cases
  • Brisley v Drotsky
    • South Africa
    • Invalid date
    ...De Beer v Keyser and Others 2002 (1) SA 827 (HHA): na verwys/referred to E Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman NO 1997 (4) SA 302 (HHA): bespreek en minderheidsuitspraak gekritiseer/discussed and minority judgment Evans v Schoeman NO 1949 (1) SA 571 (A): na verwys/refer......
  • Silent Pond Investments CC v Woolworths (Pty) Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Bryant 1995 (3) SA 761 (A) ([1995] 2 AllSA 635): dictum at 768A–E appliedEerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman NO 1997 (4)SA 302 (SCA) ([1997] 3 All SA 391): referred toHarlequin Duck Properties 204 (Pty) Ltd v Fieldgate t/a Second Hand Rose andOthers 2006 (3) SA 456 (C......
  • NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC and Others; Deeb and Another v Absa Bank Ltd; Friedman v Standard Bank of SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and contractual equity to the question in issue (see, for example, Eerste G N asionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman NO 1997 ( 4) SA 302 (SCA) at 318-31, per Olivier JA). [29] The question whether in cases such as these appeals a determina-tion does not comply with the above requi......
  • De v RH
    • South Africa
    • Invalid date
    ...10): dictum in para [61] applied E v H [2013] ZAGPPHC 11: overruled I Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman NO 1997 (4) SA 302 (SCA) ([1997] 3 All SA 391): referred to Foulds v Smith 1950 (1) SA 1 (A): overruled 2015 (5) SA p84 Fourie and Another v Minister of Home Affair......
  • Request a trial to view additional results
2 firm's commentaries
  • Limiting The Pacta Sunt Servanda?
    • South Africa
    • Mondaq Southafrica
    • 8 December 2021
    ...Press Southern Africa (Pty) Limited. 3 Sasfin v Beukes 1989 (1) SA 1 (1). 4 Eerste Nasionale Bank van Suid Afrika Bpk v Saayman 1997 (4) SA 302 (SCA) The content of this article is intended to provide a general guide to the subject matter. Specialist advice should be sought about your specific...
  • Limiting The Pacta Sunt Servanda?
    • South Africa
    • Mondaq Southafrica
    • 8 December 2021
    ...Press Southern Africa (Pty) Limited. 3 Sasfin v Beukes 1989 (1) SA 1 (1). 4 Eerste Nasionale Bank van Suid Afrika Bpk v Saayman 1997 (4) SA 302 (SCA) The content of this article is intended to provide a general guide to the subject matter. Specialist advice should be sought about your specific...
11 books & journal articles
  • Ensuring Contractual Fairness in Consumer Contracts after Barkhuizen v Napier 2007 5 SA 323 (CC) – Part 2
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Club SA (Pty) Ltd v Singh 2004 3 SA 630 (D) 657-658; Eerste Nasionale Bank van Suid elike Afrika Bpk v Saayman 1997 4 SA 302 (SCA) 324; First National Bank of SA Ltd v Bophuthatsw ana Consumer Affairs Co uncil 1995 2 SA 853 (BG) 870-871; Joosub Investments (Pty) Ltd v Ma ritime & General In......
  • Agreements to Negotiate: A Contemporary Analysis
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...“Towards a Reconcil iation of Contract Law and Constit utional Values: Brisley and Afrox Revisite d” (2005) 122 SALJ 865.172 890.173 1997 4 SA 302 (SCA).174 319B -322 C.175 D Hutchison “ Non-Variation Clauses in Cont ract: Any Escape f rom the Shifren St raitjacket?” (2001) 118 SALJ 720 742......
  • Gap Filling to Address Changed Circumstances in Contract Law – When It Comes to Losses and Gains, Sharing Is the Fair Solution
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...Belang in di e Suid-Afrika anse Kontrakt ereg” 1990 Stell LR 7 20-2123 Eerste Nasiona le Bank van Suidelik e Afrika Bpk v Saa yman NO 1997 4 SA 302 (SCA)24 Brisley v Drot sky 2002 4 SA 1 (SCA) Conf irmed in Af rox Healthcare B pk v Strydom 2 002 6 SA 21 (SCA); South Afric an Forestry Co Ltd......
  • From bona fides to ubuntu: The quest for fairness in the South African law of contract
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , December 2019
    • 24 December 2019
    ...law of contract’ (1992) 109 SALJ 40.51 Lubbe ‘Billikheid’ (n 50) 17, supported by Zimmermann ‘Good faith and equity’ (n 6) 258.52 1997 (4) SA 302 (SCA). Judge Olivier had served as Chairman of the South African Law Commission, and was no doubt frustrated by the fact that the legislature h......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT