Du Toit v Ackerman

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Beyers AR, Rumpff AR, Botha AR en Williamson AR
Judgment Date29 March 1962
Hearing Date12 March 1962
CourtAppellate Division

Steyn, H.R.:

Die respondent is 'n grondeienaar wat, tesame met ander, water uit die Blyderivier gebruik vir besproeiing deur middel van 'n kanaal wat as die Driehoekkanaal bekend staan en oor die grond

Steyn HR

van appellant en andere loop. By die Transvaalse Waterhof het hy ingevolge art. 40 (c) van die Waterwet, 54 van 1956, aansoek gedoen dat die Hof 'ondersoek instel en bepaal en in die besonder beveel' dat hy geregtig is op die gebruik van die kanaal en om water daaruit vir die A besproeiing van sy grond aan te wend; dat die Hof beveel dat die nodige serwituut van waterleiding teen en ten gunste van die betrokke dienende en heersende eiendomme geregistreer word, en dat die appellant by ewigdurende interdik verbied word om in stryd met die respondent se regte, met die gebruik van die kanaal te peuter. Die aansoek bevat 'n B alternatiewe bede ten effekte dat 'n serwituut van waterleiding toegeken en geregistreer word, met 'n interdik teen die appellant wat hom verbied om op die respondent se gebruiksregte inbreuk te maak. Die aansoek siteer, benewens die appellant, 24 ander eienaars van grond wat by die kanaal belang het, maar is eintlik teen hom gerig.

C Teen die aansoek is ten aansien van elk van die bedes 'n eksepsie deur die appellant opgewerp. Die eksepsie betreffende die alternatiewe bede is gehandhaaf en dit is nie nodig om daarby stil te staan nie. Wat die eerste bede betref, is die eksepsie van die hand gewys met 'n bevel dat koste die uitslag van die geding sal volg, en die appellant kom daarteen D in hoër beroep, uitdruklik ook teen die kostebevel. Die respondent opper in limine die beswaar dat die appellant geen reg van appèl het nie en vra dat die saak met koste van die rol geskrap word.

Die beswaar berus in eerste instansie op art. 49 (1) en (2) van die Waterwet. Daar staan te lees:

'49 (1)

Behalwe soos in sub-art. (5) van art. 41 en in art. 50 bepaal, kan enige party by verrigtings voor 'n waterhof E waarin daardie hof 'n finale uitspraak gegee het, teen bedoelde uitspraak by die Appèlafdeling van die Hooggeregshof appèl aanteken.

(2)

So 'n appèl word voortgesit asof dit 'n appèl teen 'n uitspraak van 'n provinsiale afdeling van die Hooggeregshof of, in die geval van 'n appèl teen die uitspraak van die Waterhof van Suidwes-Afrika, van die Hoëhof van Suidwes-Afrika was, en al die bepalings van toepassing met betrekking tot 'n appèl teen so 'n uitspraak is mutatis mutandis ten opsigte van 'n appèl kragtens hierdie artikel van toepassing.'

F Die respondent betoog nl. dat die Waterhof, met die afwysing van die eksepsie, geen finale uitspraak gegee het nie. Dit stel die aard van die eksepsie en die uitwerking van die afwysing daarvan in geskil. Die eksepsie is as volg bewoord:

'Fourth respondent excepts to the application on the ground that:

G The facts and allegations of fact set out in the application do not entitle applicant to the relief claimed by him.

Particulars of Exception.

1.

Ex facie the application neither the applicant nor any of the respondents other than the first to the seventh respondents have as against fourth respondent's land any servitude of aqueduct which is cognisable by the Court in the light of sec. 151 (1) of the Water Act.

2.

H There is no existing right of servitude upon which a dispute can be founded which is cognisable by the Court in terms of sec. 40 (c) of the Act, invoked by applicant.'

Die eksipiënt begin dus met 'n bewering wat op die afwesigheid van 'n eisoorsaak skyn te dui. Namens die respondent is betoog dat dit inderdaad die aard van die teenwerping ter afwysing van die aansoek is. As die geheel egter tesame gelees word, wil dit my voorkom dat dit nie daarop is dat die eksipiënt hom beroep nie. Wat hy sê

Steyn HR

kom eintlik daarop neer dat die respondent nie uit hoofde van sy feitebewerings enige aanspraak op die gevraagde regshulp het nie, omdat uit daardie bewerings blyk dat hy, gesien die bepalings van art. 151 (1) A van die Waterwet, geen serwituut van waterleiding oor die appellant se grond het wat deur die Waterhof beregbaar is nie; en ook omdat daar geen serwituutreg bestaan wat as grondslag kan dien van 'n geskil wat volgens die bepalings van art. 40 (c) deur 'n Waterhof beregbaar is nie.

Art. 151 (1) bepaal dat sekere serwitute nie erken word alvorens hul B geregistreer is nie, terwyl die Waterhof se bevoegdheid in art. 40 (c) omskryf word met vermelding van 'enige serwituutreg' ('any right of servitude'). Die respondent se bede is vir die erkenning van bestaande ongeregistreerde regte en vir 'n bevel dat hulle geregistreer word. Die eksiplënt verset hom daarteen met die bewering dat 'n Waterhof luidens C genoemde bepalings nie bevoeg is om hom met ongeregistreerde regte in te laat nie. Die herhaalde verwysings in die eksepsie na beregbaarheid deur die Waterhof sou moeilik met enige ander vorm van verset versoen kon word. So is sy saak dan ook in die Hof benede en in hierdie Hof beredeneer. Wat die appellant met sy eksepsie betwis, is dus D die seggenskap van die Waterhof ten aansien van die soort reg wat die respondent aanvoer...

To continue reading

Request your trial
19 practice notes
  • Robbetze en 'n Ander v Garden Route Resort Services Bk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Durban's Water Wonderland (Pty) Ltd v Botha and Another 1999 (1) SA 982 (HHA): onderskei/distinguished B Du Toit v Ackerman 1962 (2) SA 581 (A): onderskei/distinguished Guardian National Insurance Co Ltd v Searle NO 1999 (3) SA 296 (HHA): dictum te/at 301B - D toegepas/applied Labuschagne v......
  • Van Heerden v Minister van Veiligheid en Sekuriteit en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Justice and Another 1959 (4) SA 712 (A): compared F Caldwell v Chelcourt Ltd 1965 (1) SA 304 (N): compared Du Plooy v Ackerman 1962 (2) SA 581 (A): Gordon Lloyd Page & Associates v Rivera and Another 2001 (1) SA 88 (SCA) ([2000] 4 All SA 241): compared Groenewald v Minister van Justisie ......
  • Maize Board v Tiger Oats Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to E Cronshaw and Another v Coin Security Group (Pty) Ltd 1996 (3) SA 686 (A): dictum at 690E - G applied Du Toit v Ackerman 1962 (2) SA 581 (A): dictum at 587D - E Guardian National Insurance Co Ltd v Searle NO 1999 (3) SA 296 (SCA): referred to F Jones v Krok 1995 (1) SA 677 (A):......
  • Ndamase v Functions 4 All
    • South Africa
    • Invalid date
    ...dictum at 750 - 1 applied Dickinson v South African General Electric Co (Pty) Ltd 1973 (2) SA 620 (A): referred to Du Toit v Ackerman 1962 (2) SA 581 (A): dictum at 587D - E Ewing McDonald & Co Ltd v M & M Products Co 1991 (1) SA 252 (A): dictum at 256G - H applied H Gqalana and Others v Kn......
  • Request a trial to view additional results
19 cases

19 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT