Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie HR, Botha AR, Hefer AR, Wessels Wn AR en Smalberger Wn AR
Judgment Date28 November 1984
Citation1985 (1) SA 563 (A)
Hearing Date15 November 1984
CourtAppellate Division

Botha AR:

Die appellante kom in hoër beroep teen vonnisse vir die betaling van sekere geldbedrae, rente en koste wat ten gunste van die respondent teen hulle verleen is in die I Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop. Ek sal na die appellante afsonderlik verwys as "mev Du Toit" en "Roux", en na die respondent as "die Bank". Die Bank

Botha AR

A het aanvanklik aparte aksies teen mev Du Toit en Roux ingestel. Nadat die pleitstukke in elke aksie gesluit is, is die aksies by ooreenkoms gekonsolideer, met die gevolg dat hulle tesame verhoor is.

Die Bank se aksies teen die appellante was gegrond op skriftelike borgkontrakte wat elk van hulle ten gunste van die Bank onderteken het. In die geval van Roux is daar net een borgkontrak betrokke: dié het hy op 21 Mei 1977 onderteken, en B daarin het hy homself teenoor die Bank verbind vir die betaling van 'n maksimum bedrag van R40 000, afgesien van rente en koste. In mev Du Toit se geval gaan dit oor vier borgkontrakte wat sy onderteken het. Die datums daarvan en die bedrae by elkeen betrokke is soos volg: 18 Augustus 1973 - R15 000; 19 Desember 1975 - R20 000; 9 November 1977 - C R40 000; en 26 April 1978 - R45 000. Die kapitale bedrae van die vonnisse wat teen die appellante toegestaan is na die afloop van die gekonsolideerde verhoor, en wat nou op appèl in die gedrang is, was in die geval van Roux R40 000, en in die geval van mev Du Toit R120 000 (die totaal van die bedrae betrokke by haar vier borgkontrakte).

D Die borgstellings van die appellante teenoor die Bank het hulle ontstaan te danke gehad aan 'n oortrokke bankrekening van Hugo Amos du Toit. Hy is die seun van mev Du Toit. Ek sal na hom verwys as Hugo du Toit. Hy het sy bankrekening gehad by the Bank se tak op Villiersdorp. Die bestuurder van daardie tak van die Bank was Johannes Tielman du Toit. Na hom sal ek verwys E (soos in die getuienis voor die Verhoorhof gedoen is) as Johan du Toit.

Hugo du Toit het gedurende 1972 naby Villiersdorp begin boer op 'n plaas met die naam Goedemoed - 'n tragies-ironiese naam in die lig van die geskiedenis wat gevolg het. Die plaas het bestaan uit grond wat ten dele behoort het aan Roux alleen en F ten dele aan Roux en 'n broer van hom in mede-eiendomsreg. Hugo du Toit het die grond van hulle gehuur. Kort nadat hy sy intrek op die plaas geneem het, het sy weduwee-moeder (mev Du Toit) by hom gaan inwoon en die huishouding waargeneem (Hugo du Toit was toe 'n geskeie man). Later het Roux ('n betreklike jonger man) vir Hugo du Toit begin werk in die boerdery op die G plaas, teen 'n salaris. Nog later was daar sprake van die aangaan van 'n vennootskap tussen Hugo du Toit en Roux. Hierop kom ek weldra weer terug.

Toe Hugo du Toit na Villiersdorp verhuis het in 1972 en sy bankrekening van die Stellenbosch-tak na die Villiersdorp-tak van die Bank oorgeplaas is, was die rekening in 'n geringe H bedrag oortrokke. Hy wou 'n groenteboerdery aan die gang sit en daarvoor het hy kapitaal nodig gehad. Johan du Toit was bereid om aan hom verdere oortrokke fasiliteite toe te staan, maar natuurlik kon hy nie die bedrag daarvan te hoog laat gaan sonder om ter beskerming van die Bank se belange sekuriteit vir die terugbetaling daarvan te verkry nie. Hugo du Toit het nie I self oor voldoende bates beskik om die Bank se belange te beveilig nie, maar mev Du Toit was die eienares van waardevolle grond in Constantia. So het dit dan gekom dat sy teenoor die Bank borg gestaan het vir die nakoming van Hugo du Toit se verpligtinge ingevolge sy oortrokke rekening. Toe sy haar eerste borgkontrak op 18 Augustus 1973 onderteken het, was die bedrag van die

Botha AR

A oortrokke rekening nagenoeg R13 000. Ten tyde van die tweede borgakte, op 19 Desember 1975, het die oortrokke bedrag alreeds gestyg tot bykans R33 000.

In elk van die eerste twee borgkontrakte het mev Du Toit haar teenoor die Bank verbind as borg en medehoofskuldenaar van B "Hugo Amos du Toit", vir die terugbetaling van enige bedrae wat hy nou of "van tyd tot tyd hierna" aan die Bank mog skuld, maar beperk (wat kapitaal betref) in die eerste kontrak tot die bedrag van R15 000 en in die tweede tot die bedrag van R20 000, soos reeds aangedui is. Elkeen van die kontrakte bepaal dat die borgstelling

"sal as deurlopende sekuriteit geld vir die volle bedrag wat C nou deur die genoemde skuldenaar aan u verskuldig is of wat te eniger tyd hierna deur hom aan u verskuldig mag word, nieteenstaande enige tussentydse vereffening van rekening..."

Hugo du Toit het baie teenspoed met sy boerderybedrywighede ondervind. Telkens as daar 'n vooruitsig op 'n goeie groente-oes was, is die hoop om 'n goeie inkomste te behaal, D verydel deur ongunstige weersomstandighede of ander rampe. Die gevolg was dat sy oortrokke rekening al groter en groter geword het. Johan du Toit, wat intussen baie goed bevriend geraak het met Hugo du Toit (en ook met mev Du Toit), was bereid om hom verder tot hulp te kom, maar onder druk van sy hoofkantoor in Kaapstad was hy verplig om van tyd tot tyd verdere borgstellings te verkry ter versekering van die skuld.

E So het dit toe gebeur dat Roux sy borgkontrak op 21 Mei 1977 onderteken het. Kort voor daardie datum het Johan du Toit 'n onderhoud gehad met Hugo du Toit en Roux, waartydens dit geblyk het dat Hugo du Toit en Roux van voorneme was om in vennootskap te gaan met betrekking tot die boerdery. Ek sal later verwys na F die getuienis wat Johan du Toit afgelê het oor hierdie gesprek. Vir die huidige is dit genoeg om te verwys na 'n skriftelike vennootskapsooreenkoms wat by die verhoor ingelewer is as 'n bewysstuk. Dit gee voor om deur Hugo du Toit en Roux onderteken te gewees het op 23 April 1977. Daarvolgens sou die G twee van hulle in vennootskap boer op die plaas Goedemoed onder die naam "Goedemoed Boerderye". Klousule 4 van die ooreenkoms bepaal onder andere dat die vennootskap verantwoordelikheid aanvaar "vir alle uitstaande skulde aangegaan ten opsigte van" Hugo du Toit se boerderybedrywighede.

In Roux se borgakte het hy homself teenoor die Bank verbind as borg in solidum vir en medehoofskuldenaar met

H "Hugo Amos du Toit en/of Goedemoed Boerderye (hierna die genoemde skuldenaar genoem) vir die behoorlike betaling deur die genoemde skuldenaar van alle of enige gelde wat die genoemde skuldenaar nou of van tyd tot hierna aan u mag skuld...",

maar beperk tot R40 000 wat kapitaal betref.

Toe Roux sy borgkontrak onderteken het, was Hugo du Toit se I oortrokke rekening in die omgewing van R80 000. Daarna het dit verder en vinnig die hoogte ingeskiet. Op 9 November 1977, toe mev Du Toit haar derde borgkontrak onderteken het, was die oortrokke bedrag al oor R100 000. In hierdie derde borgkontrak het mev Du Toit haar ook teenoor die Bank verbind (tot 'n kapitale bedrag van R40 000) vir die skuld van "Hugo Amos du Toit en/of Goedemoed Boerdery"; in hier-

Botha AR

die verband lui die borgkontrak net soos dié van Roux wat ek A hierbo aangehaal het. (Die enigste verskil is "Boerdery" in plaas van "Boerderye". Dit is egter van geen betekenis nie, en om onnodige herhaling te voorkom in die bespreking wat later volg, sal ek veronderstel dat daar in hierdie kontrak ook B verwys word na "Goedemoed Boerderye".)

In haar vierde en laaste borgkontrak, onderteken op 26 April 1978, het mev Du Toit borg gestaan (tot 'n kapitale bedrag van R45 000) slegs vir die skuld van "Hugo Amos du Toit". Hierin is daar nie weer verwys na "Goedemoed Boerderye" nie. Origens lui die kontrak soos die vorige een. Op hierdie stadium het Hugo du Toit die Bank nagenoeg R138 500 geskuld. Sy posisie was toe C uiters benard, en daarvandaan het dit nog net slegter gegaan. In September 1978 het die Bank die appellante aangemaan om hulle borgstellings gestand te doen. In Februarie 1979 het Hugo du Toit kennisgewing van boedeloorgawe gegee. In sy vermoëstaat het hy die Bank aangegee as 'n skuldeiser ten bedrae van R146 053,36. Op 28 April 1979 is die dagvaardings D van die Bank in die aksies teen die appellante op elkeen van hulle bestel. Volgens die besonderhede van eis was Hugo du Toit se skuld aan die Bank toe R147 321,17.

In hulle verweerskrifte soos dit van tyd tot tyd gewysig is (tot selfs nadat uitspraak voorbehou is en voordat dit gelewer is), het die appellante 'n groot getal verwere van verskillende E aard geopper teen die Bank se vorderings. Met heelwat van hulle is daar nie in die betoog namens die appellante voor hierdie Hof volhard nie. Dié wat weggeval het, hoef nie genoem te word nie. Vyf het oorgebly. Ek sal hulle nou agtereenvolgens behandel, in dieselfde volgorde as waarin die...

To continue reading

Request your trial
15 practice notes
  • Botha (Now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A); Sapirstein and Others v Anglo African Shipping Co (SA) Ltd 1978 (4) SA 1 (A); Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank I Bpk 1985 (1) SA 563 (A); Trust Bank of Africa Ltd v Frysch 1977 (3) SA 562 (A); Johnston v Leal 1980 (3) SA 927 (A); Traub v Barclays National Bank Ltd; Kalk v ......
  • Intercontinental Exports (Pty) Ltd v Fowles
    • South Africa
    • Invalid date
    ...cases Claude Neon Lights (SA) Ltd v Peroglou 1977 (1) SA 575 (C): referred to Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank Bpk 1985 (1) SA 563 (A): compared Federated Timbers (Pretoria) (Pty) Ltd v Fourie 1978 (1) SA 292 (T): referred to Fourlamel (Pty) Ltd v Maddison 1977 (1) SA 333 (A): ......
  • Thomas v BMW South Africa (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1 All ER 561) Distillers Co (Bio-Chemicals) Ltd v Thompson [1971] 1 All ER 694 (PC) Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank Bpk 1985 (1) SA 563 (A) Estate Agents Board v Lek 1979 (3) SA 1048 (A) B Evins v Shield Insurance Co Ltd 1980 (2) SA 814 (A) Ewing McDonald & Co Ltd v M & M Prod......
  • Hartland Implemente (Edms) Bpk v Enal Eiendomme Bk en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...toegepas/applied A Du Plessis v Van Deventer 1960 (2) SA 544 (A): toegepas/applied Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank Bpk 1985 (1) SA 563 (A): Gemeenskapsontwikkelingsraad v Williams and Others 1977 (2) SA 692 (W): na verwys/referred to B Engelbrecht v Nel 1991 (2) SA 549 (W): na......
  • Request a trial to view additional results
14 cases
  • Botha (Now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A); Sapirstein and Others v Anglo African Shipping Co (SA) Ltd 1978 (4) SA 1 (A); Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank I Bpk 1985 (1) SA 563 (A); Trust Bank of Africa Ltd v Frysch 1977 (3) SA 562 (A); Johnston v Leal 1980 (3) SA 927 (A); Traub v Barclays National Bank Ltd; Kalk v ......
  • Intercontinental Exports (Pty) Ltd v Fowles
    • South Africa
    • Invalid date
    ...cases Claude Neon Lights (SA) Ltd v Peroglou 1977 (1) SA 575 (C): referred to Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank Bpk 1985 (1) SA 563 (A): compared Federated Timbers (Pretoria) (Pty) Ltd v Fourie 1978 (1) SA 292 (T): referred to Fourlamel (Pty) Ltd v Maddison 1977 (1) SA 333 (A): ......
  • Thomas v BMW South Africa (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1 All ER 561) Distillers Co (Bio-Chemicals) Ltd v Thompson [1971] 1 All ER 694 (PC) Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank Bpk 1985 (1) SA 563 (A) Estate Agents Board v Lek 1979 (3) SA 1048 (A) B Evins v Shield Insurance Co Ltd 1980 (2) SA 814 (A) Ewing McDonald & Co Ltd v M & M Prod......
  • Hartland Implemente (Edms) Bpk v Enal Eiendomme Bk en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...toegepas/applied A Du Plessis v Van Deventer 1960 (2) SA 544 (A): toegepas/applied Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank Bpk 1985 (1) SA 563 (A): Gemeenskapsontwikkelingsraad v Williams and Others 1977 (2) SA 692 (W): na verwys/referred to B Engelbrecht v Nel 1991 (2) SA 549 (W): na......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • The duty to prove each and every element of the offence
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...or resisted arrest if there was no other means of subduing him. 6s Matiou v Makhubedu supra (n66) at 956 A. 69 Supra at 962 D-E. 70 1985 (1) SA 563 (A). © Juta and Company (Pty) The duty to prove each and every element of the offence 35 felt that it was the intention of the legislature tha......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT