Die vereistes

AuthorL.M. Jacobs
Date01 January 2012
DOI10.10520/EJC133219
Published date01 January 2012
Pages30-57
30
4 DIE VEREISTES
4.1 Doelstelling en werkswyse
4.1.1 Doelstellings
In hierdie hoofstuk word daar hoofsaaklik gefokus op die
vereistes waaraan ’n maatskappy moet voldoen alvorens die
hof ’n besigheidsreddingsmodel sal goedkeur. In die geval van
ondernemingsredding die vereistes waaraan daar voldoen moet
word voordat die direksie by wyse van ’n besluit of ’n aansoek
by die hof deur ’n geaffekteerde persoon die maatskappy onder
ondernemingsredding plaas. Daar sal ook gekyk word na die
toepassingsterreine van beide besigheidsreddingsmodelle.
4.1.2 Werkswyse
Die werkswyse in hierdie hoofstuk is dat die vereistes vir elk
van die besigheidsreddingsmodelle bespreek sal word. By die
geregtelike bestuursmodel word daar gekyk na die oorsaak
vir die noodtoestand, die onvermoë van die maatskappy om
sy skuld te betaal, die versuim deur die maatskappy om ’n
suksesvolle onderneming te word, die vereiste dat daar ’n redelike
waarskynlikheid moet bestaan dat die maatskappy gered sal kan
word en of dit reg en billik is om die maatskappy onder geregtelike
bestuur te plaas. Die toepassingsgebied van geregtelike bestuur
word ook bespreek. Die vereistes vir die ondernemingsredding-
skema word bespreek onder ondernemingsredding by wyse
van ’n maatskappybesluit en ondernemingsredding by wyse
van ’n hofbevel. Daar sal ook ondersoek ingestel word na die
internasionale standaard van vereistes vir besigheidsredding.1
4.2 Inleiding
Ten einde in aanmerking te kom vir geregtelike bestuur, bestaan
daar sekere vereistes waaraan die maatskappy moet voldoen.2
Die vereistes word duidelik uiteengesit in die 1973 Maat-
skappywet.3 Hiervolgens kan ’n geregtelike bestuursbevel toe-
gestaan word indien die maatskappy weens wanbestuur of op
grond van enige ander rede, (i) nie in staat is om sy skulde te
1 Volledigheidshalwe moet daar gemeld word, dat vanweë die lengte
beperkings van toepassing op ’n meestersgraadstudie, hierdie
besprekings nie so omvangryk as wat moontlik is nie.
2 Die vereistes wat hier bespreek word hou verband met die verlening
van ’n voorlopige geregtelike bestuursbevel aangesien die vereistes vir
die toestaan van ’n finale bevel hiervan verskil en in ’n aparte artikel, nl.
artikel 432(2)(a-e) van die Maatskappywet 61 van 1973 vervat word.
3 Maatskappywet 61 van 1973: art 427(1).
31
betaal of sy verpligtinge na te kom nie en (ii) die maatskappy
nie ’n suksesvolle onderneming is nie of verhinder is om ’n
suksesvolle onderneming te word.4 Verder vereis die Wet dat
daar (iii) ’n redelike waarskynlikheid moet bestaan, dat indien
die maatskappy onder geregtelike bestuur geplaas word, die
maatskappy in staat sal wees om sy skulde te betaal en weer
’n suksesvolle onderneming te word.5 Sodanige bevel sal slegs
deur ’n hof toegestaan word indien dit blyk dat dit reg en billik
is om die maatskappy onder geregtelike bestuur te plaas.6 Die
bewyslas ten aansien van hierdie vereistes rus op die applikant.7
Die hof beskik derhalwe oor ’n diskresie om die geregtelike
bestuursbevel toe te staan al dan nie.8
Die 2008 Maatskappywet stel egter nuwe vereistes, wat
wesenlik verskil van die vereistes in die 1973 Maatskappywet.
Ingevolge die 2008 Maatskappywet9 geld twee stelle vereistes.
Eerstens wanneer die maatskappy by wyse van ’n besluit ’n
ondernemingsreddingskema wil inisieer, moet die maatskappy
bewys dat daar redelike gronde is om te glo dat dit in finansiële
nood is en dat daar ’n redelike vooruitsig is dat die maatskappy
gered kan word.10
Tweedens sou die ondernemingsreddingskema deur ’n geaffek-
teerde persoon aanhangig gemaak word, moet die hof oortuig word
dat: (i) die maatskappy in finansiële nood is;11 (ii) die maatskappy
ten opsigte van indiensnemingsverwante aangeleenthede ver-
suim het om enige bedrag kragtens ’n verpligting ingevolge ’n
openbare regulasie of kontrak te betaal;12 of (iii) dat dit andersins
billik en regverdig is om finansiële redes en dat daar ’n redelike
vooruitsig is dat die maatskappy gered kan word.13 Soortgelyk
aan die geregtelike bestuursmodel rus die bewyslas ten aansien
van hierdie vereistes op die applikant.
4 61 van 1973: art 427(1).
5 61 van 1973: art 427(1).
6 61 van 1973: art 427(1).
7 Le Roux Hotel Management (Pty) Ltd v E Rand Bank (Pty) Ltd (FBC
Fidelity Bank Ltd (under Curatorship), intervening) 2001 (2) SA 727 (K).
Vir ’n volledige bespreking aangaande wie die aansoek mag bring, sien
hoofstuk 5.
8 Ben-Tovim v Ben-Tovim 2000 (3) SA 325 (C); Tsatsawane 2000:155.
9 Maatskappywet 71 van 2008.
10 71 van 2008: art 129(1)(a) en (b).
11 71 van 2008: art 131(4)(a)(i).
12 71 van 2008: art 131(4)(a)(ii).
13 71 van 2008: art 131(4)(a)(iii).

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT