Die Turquand-reël : hoofstuk 7

Published date01 January 2008
Date01 January 2008
AuthorPierre Jacques Rabie
DOI10.10520/EJC74102
Pages157-196
157
HOOFSTUK 7
DIE TURQUAND-REËL
7.1 Doelwit en werkswyse
Die doel van hierdie hoofstuk is om die toepassing van die Turquand-
reël in Suid-Afrika, Australië, Engeland en die VSA te ontleed. Daar
sal gepoog word om ’n praktiese oplossing in verband met die
hantering van hierdie reël in die Suid-Afrikaanse reg daar te stel.
Die werkswyse is om die historiese ontwikkeling en die resepsie van
die Turquand-reël in Suid-Afrika te bestudeer. Die verhouding tussen
die Turquand-reël en ander maatskappyregtelike leerstukke word in
oënskou geneem, met die verhouding tussen die Turquand-reël en
artikel 228 van die Maatskappywet1 wat besondere aandag geniet.
Laastens word daar op ’n regsvergelykende grondslag na die posisies
in Engeland, die VSA en Australië gekyk.
7.2 Omskrywing
Die Turquand-reël is die eerste keer in Royal British Bank v Turquand2
soos volg geformuleer:
We may now take it for granted that the dealings with these
companies are not like dealings with other partnerships and
that the parties dealing with them are bound to read the statute
and the deed of settlement. But they are not bound to do more.
And the party here, on reading the deed of settlement, would
f‌ind, not a prohibition from borrowing, but a permission to do
so on certain conditions. Finding that the authority might be made
complete by a resolution, he would have the right to infer the
fact of the resolution authorising that which on the facts of the
document appeared to be legitimately done.3
In sy eenvoudigste vorm kan die Turquand-reël soos volg saamge-
vat word:
’n Bona f‌ide derde wat met ’n maatskappyverteenwoordiger
onderhandel wat oor gebruiklike of skynbare volmag beskik4
mag aanneem dat die verteenwoordiger gemagtig is om na-
mens die maatskappy op te tree en dat daar aan alle interne
vereistes waaraan die volmag van die verteenwoordiger onder-
1 Wet 61 van 1973.
2 1856 6 E&B 327.
3 Royal British Bank v Turquand 1856 6 E&B 327:332 per Jervis CJ 332.
Die beginsel soos hier geformuleer het egter al by vorige geleenthede
ter sprake gekom, byvoorbeeld Smith v The Hull Glass Company 11
CB Rep 897; 138 ER 729 1852:741 desnieteenstande word hierdie
saak tradisioneel beskou as die oorsprong van die Turquand-reël.
4 Sien hoofstuk 2 vir ’n bespreking van hierdie terme.
158
hewig gestel word behoorlik nagekom is. Die bona f‌ide derde
mag dus aanneem dat die huishoudelike bestuur van die maat-
skappy in orde is.5
Die Turquand-reël moet teen die agtergrond van die leerstuk van toe-
gerekende kennis6 beskou word. Ingevolge die leerstuk van toe ge-
rekende kennis word elkeen wat met ’n maatskappy onderhandel
geag kennis te dra van die inhoud van die openbare dokumente van
die maatskappy.7
Die toegerekende kennis geskied as gevolg van die publisiteit wat aan
die openbare dokumente verleen word, deurdat hierdie dokumente
geregistreer moet wees en vir openbare insae beskikbaar moet wees.8 ’n
Buitestander word gevolglik geag bewus te wees van enige beperking
wat in die openbare dokumente op die verteenwoordigingsbevoegd-
heid van maatskappyamptenare gelê word. Die gevolg hiervan is dat
die buitestander nie homself op sy onkunde kan beroep aangaande
’n beperking wat die verteenwoordigingsbevoegdheid van ’n maat-
skappyamptenaar beperk wat in die openbare dokumente vervat is
nie. Die leerstuk van toegerekende kennis vind meestal toepassing
by buitengewone maatskappyverteenwoordigers.9
Die rede wat aangevoer word waarom die leerstuk van toegerekende
kennis in hierdie omstandighede toegepas word, is om die maatska-
ppy te beskerm teen onaanvaarbare groot risiko’s weens die optrede
van buitengewone maatskappyverteenwoordigers.10 Daar word egter
geen publisiteit aan die interne administrasie van die maatskappy
verleen nie en gevolglik sou dit onbillik wees om te verwag dat ’n
buitestander hiervan kennis moet dra.11 Gevolglik voorsien die Tur-
5 Oosthuizen 1976:1. Sien ook Du Plessis 1991:290.
6 Die leerstuk word volledig in hoofstuk 5 bespreek.
7 Henning en Du Plessis 1993:346; Du Plessis 1991:289; Fourie 1988:219;
McLennan 1979:349; Oosthuizen 1978(a):3; Naudé 1971:505; Pa terson
en Ednie 1962:339-340. Sien ook Central Merchant Bank Ltd v Oranje
Benef‌it Society 1975 4 SA 588 O op 593 A-D. Dit is nie ’n uitgemaakte
saak wat alles as die openbare dokumente van die maat skappy be-
skou word nie. Dit kan egter nie betwyfel word dat die akte en statute
van die maatskappy wel as openbare dokumente beskou word nie. Ver-
gelyk Gower 1969:154.
8 Wet 61 van 1973 artikels 9, 59 en 200.
9 Du Plessis 1991:300. Sien hoofstuk 2 vir ’n bespreking van die begrip
“buitengewone maatskappyverteenwoordigers”.
10 Du Plessis 1991:300; Oosthuizen 1976:165-169.
11 Dit is bykans onmoontlik vir ’n buitestander om hierdie kennis te be-
kom, aangesien ’n buitestander nie normaalweg toegang tot die not-
uleboeke van die maatskappy sal hê nie. Sien McLennan 1979:349;
Oosthuizen 1978(a):6; Naudé 1971:506; Pennington 1959:82. SA Secu-
rities v Nicholas 1911 TPD 450 op 457; TCB Ltd v Gray 1986 1 All ER
587 Ch op 595j.
159
quand-reël die buitestander van hulp. Indien die buitestander bona
f‌ide12 handel en die onderhandelinge met die verteenwoordiger nie
in stryd met die maatskappygrondwet geskied nie, bind dit die maat-
skappy ongeag interne onreëlmatighede.13
Lord Heatherley beskryf die Turquand-reël soos volg:
… When there are persons conducting the affairs of the com-
pany in a manner which appears to be consonant with the articles
of association, then those so dealing with them, externally, are
not to be affected by any irregularities which may take place
in the internal management of the company. They are entitled to
presume that of which only they can have knowledge, namely,
the external acts are rightly done, when those external acts,
purport to be performed in the mode in which they ought to
be performed.14
Ingevolge die Turquand-reël kan ’n derde wat met ’n maatskappy
onderhandel, in die afwesigheid van agterdogwekkende omstandig-
hede byvoorbeeld aanneem dat behoorlike kennisgewing van direk-
sievergaderings gegee is,15 die vereiste kworum aanwesig was16 en
12 Wolpert v Uitzigt Properties (Pty) Ltd 1961 2 SA 257 W op 266 F(punt
(iii)); Big Dutchman (South Africa) Pty Ltd v Barclays National Bank
Ltd 1979 SA 267 W op 280 B-C; Rolled Steel Products (Holdings) Ltd
v British Steel Corp 1985 3 All ER 52 CA op 77j-78d.
13 Henning en Du Plessis 1993:346; Du Plessis 1991:290; Henning 1984:
161-162; McLennan 1979:344-345; Oosthuizen 1976; Naudé 1974:317;
Benade 1964:139-140; Benade 1962:194; Paterson en Ednie 1962:339;
Pennington 1959:83. Morris v Knassen 1946 AC 459 op 475: “It is a
rule designed for the protection of those who are entitled to assume,
just because they cannot know, that the person with whom they deal
has the authority which he claims. This is clearly shown by the fact that
the rule cannot be invoked if the condition is no longer satisf‌ied, that
is, if he who would invoke it is put upon his inquiry. He cannot presume
in his own favour that things are rightly done if inquiry that he ought
to make would tell him that they were wrongly done.” Sien ook In re
Country Life Assurance Company 1869 70 LR Ch App 288 op 293;
Mahoney (Public Off‌icer of National Bank of Ireland) v East Holyf‌ield
Mining Co Ltd 1874 80 All ER 427 (HL) op 432 G-H en 435 H-I; British
Thompson Houston Company Limited v Federated European Bank
Limited 1932 2 KB 176 op 180; Australian Capital Television Pty Ltd
v Minister for Transport and Communications for the Commonwealth
of Australia & Ors 1989 7 ACLC 525 op 533-534; Northside Develop-
ments Pty Ltd v Registrar-General and Ors 1990 2 ACSR 161.
14 Mahony v The East Holyford Mining Co (Ltd) (1875) LR 7 HL Cas 869.
15 Sugden v Beaconhurst Dairies (Pty) Ltd 1963 2 SA 174 E. Sien ook
Du Plessis 1991:300-302.
16 In re Fireproof Doors Ltd; Unmey v The Company 1916 2 Ch 142;
Wel gedacht Exploration Co Ltd v Transvaal and Delagoa Bay Invest-
ment Co Ltd 1909 TH 90; County of Gloucester Bank v Rudry Merthyr

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT