Die Staat v Van der Mescht

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Hoexter AR, Van Blerk AR, Botha AR en Van Winsen Wn AR
Judgment Date28 November 1961
Hearing Date15 June 1961
CourtAppellate Division

Steyn, H.R.:

In die Hof a quo het die appellant tereggestaan op 'n aanklagte van onwettige besit van onbewerkte edel metaal, nl. 'n hoeveelheid goudbevattende amalgaam, 'n hoeveelheid onbewerkte goud en H 'n hoeveelheid goudbevattende sand, en van strafbare manslag. Wat die besit van die onbewerkte edel metaal betref, het hy skuldig gepleit en is gestraf. Wat die strafbare manslag betref, is dit hom ten laste gelê dat hy op 30 Mei 1959 'n sekere Arie Groesbeek en vier kinders 'wederregtelik doodgemaak het'. Hierop het hy onskuldig gepleit maar is skuldig bevind en veroordeel tot twaalf maande gevangenisstraf. Teen hierdie skuldigbevinding en straf kom hy in hoër beroep.

Die feite is kortliks dat die appellant en Arie Groesbeek op genoemde datum in laasgenoemde se woonhuis goudbevattende amalgaam op 'n

Steyn HR

stoof tot smeltpunt verhit het met die doel om die goud daaruit af te skei, dat die amalgaam deur die verhitting kwikgas afgegee het en dat Arie Groesbeek en vier van die kinders wat in die huis was, deur die kwikgas gedood is.

A Die skuldigbevinding berus op twee gronde. Die Verhoorregter het nl. bevind beide dat die dood van die oorledenes aan die appellant se nalatigheid te wyte is en dat hul dood veroorsaak is deur 'n onwettige daad van die appellant, nl. die smelt van die goudbevattende amalgaam sonder die nodige vergunning.

B Met verwysing na die appellant se beweerde nalatigheid merk die Verhoorregter op:

'He was doing an act which he realised was dangerous, although he did not realise the extent and the nature of the danger. Now I must ask myself the question whether a reasonable man, faced with such a position, should not have ascertained the exact nature of the danger before attempting the operation. He was going to do something that was dangerous to the extent that he believed gas masks should be used, but C nevertheless he does nothing to prevent injury to others, or to enquire what the nature of the danger is. It is possible that the accused thought there would be some pungent odour which would warn him of the dangers and thus enable him to cease the operation. Instead there was apparently no such warning odour and the damage was done without the accused being aware of it. It seems to me that a reasonable man, dealing with something of which he had little experience, but which he believes to be dangerous should first have ascertained the nature of the danger D and so have enabled him to take steps to prevent it. The accused failed in this respect. He took no steps at all.'

Vervolgens kom die Verhoorregter tot die gevolgtrekking dat die daad nie alleen onwettig was nie maar ook op 'n nalatige wyse verrig is.

Appellant se advokaat het betoog dat appellant nie op grond van E nalatigheid vir die dood van die oorledenes verantwoordelik gestel kan word nie tensy hy as redelike persoon kon en moes geweet het dat sy daad tot hul dood kon lei. Die vraag is dan of buite redelike twyfel bewys is dat daar wel 'n sodanige skuldverband tussen appellant en die ingetrede gevolge bestaan.

Dat kwikgas deur die verhitting van die amalgaam vrygestel is en dat die F vrygestelde hoeveelheid inderdaad dodelike gevolge gehad het, staan buite twyfel. Uit die getuienis blyk egter dat kwikgasvergiftiging, in Transvaal altans, 'n heel seldsame verskynsel is. Die eienskappe en uitwerking van die gas is minder bekend. Volgens dr. Flax, die distriksgeneesheer, sou hy nie verwag dat die gemiddelde persoon ('an average person') sou weet dat die verhitting van kwik noodlottige G gevolge sou kan hê nie. Hoewel geen getuienis daaromtrent afgelê is nie, kan dit aanvaar word, meen ek, dat die bekendheid van die feit dat hierdie bepaalde amalgaam kwik bevat wat in die vorm van 'n gas deur verhitting uitgedryf sal word, nie hoër dan dit aangeskryf kan word nie. H Met die oog hierop sou dit kwalik te regverdig wees om kennis van die een of die ander, of nalatigheid indien hy geen gevaar vermoed nie, aan die bonus paterfamilias toe te skryf. Wat dus bepaal moet word, is die kennis waaroor die appellant self inderdaad beskik het, of kon en moes beskik het. Daaromtrent is in die getuienis wat die Staat voorgelê het, weinig te vind.

Dit blyk dat die appellant by die Durban-Roodepoort goudmyn in diens was. Aanvanklik het hy in die stampmeul gewerk maar vanaf 20 tot 30 April was hy werksaam in 'n vertrek wat as amalgaam-kamer

Steyn HR

beskryf word. Dit is die vertrek waarin 'n amalgaam van goud en kwik sonder verhitting gevorm word. Wat die kwik in hierdie vertrek betref, getuig Mnr. Inglis, 'n mynbeampte, dat die hantering daarvan geen gevaar A van verdamping en gevolglike vergiftiging oplewer nie. Uit hierdie vertrek word die amalgaam verwyder na 'n smeltoond ongeveer 500 tree daarvandaan, waar die kwik uit die amalgaam verwyder word, maar die oond is so ingerig dat ook daar geen gevaar van kwikgas-vergiftiging bestaan nie. Geen verdere voorsorg teen sodanige vergiftiging is nodig of word B getref nie. Sommige werkers dra daar beskuttings met 'n bril daarin ('protective shields with glasses'), maar dit is ter beskerming teen hitte wanneer die oond oopgemaak word.

Uit hierdie getuienis - en daar is geen ander deur die Staat voorgelê insake die appellant se kennis van kwik nie - kan nie afgelei word dat hy bewus moes gewees het van die gevaarlike eienskappe van kwikgas C nie. Dit is selfs nie bewys dat die betrokke amalgaam kenlik die soort is waarmee hy in hierdie vertrek vertroud geraak het nie en dat hy daarom moes geweet het dat dit kwik bevat nie.

Die enigste getuienis waarop die Staat steun, is diè van die appellant self onder kruisverhoor. In hoofsaak is dit die volgende:

'Jy sê jy het mnr. Groesbeek gesê dat jy baie hitte nodig het om die D goed mee af te skei? - Nee.

Het jy vir hom gesê dat 'n koolstoof nie genoegsaam daarvoor is nie? - Ja. Die mense wat geweet het het my gesê dat dit baie hitte nodig het, maar ek self het dit nie geweet nie.

En die kêrels het seker ook vir jou gesê dat daar gas afkom, dat hulle gasmaskers gebruik? - Nee hulle het nie; ek het my eie opinie gevorm dat jy moet 'n gasmasker hê.

Waarom het jy dit gedink? - Kyk, as jy daardie goed wil smelt dan E moet dit seker 'n damp of soiets afgee.

Jy was bang daarvoor? - Ek was nie eintlik bang nie maar dit was my opinie daaromtrent.'

Die feitlike grondslag vir hierdie ondervraging blyk nergens uit die getuienis nie, en dit bevat geen uitdruklike erkenning nie van 'n F bewustheid van 'n aan die appellant onbekende gevaar, of van moontlike lewensgevaar. Die werklike inhoud van sy kennis kan moeilik nader uit sy verdere onbevredigende getuienis bepaal word en kan hoogstens afgelei word uit wat hy erken het.

Die juiste strekking van wat hy erken het, staan na my mening ook nie G buite twyfel nie. Op 'n later stadium in sy getuienis het hy sy antwoorde in die aangehaalde passasies probeer verduidelik of ontwyk deur te kenne te gee dat 'n masker nie juis vir gas nodig sou wees nie, maar slegs vir die hittegloed. Sy getuienis laat die vraag ontstaan of hy met sy verwysings na maskers, inderdaad bedoel. het om 'n verskil te trek tussen wat hy 'n gasmasker noem en ander maskers of beskuttings. Op H die vraag of hy vir Groesbeek gesê het hulle moet gasmaskers gebruik, antwoord hy bevestigend en voeg dan by 'ek het gesê hulle moet sekere maskers gebruik vir die hitte.' Dit wek die indruk dat volgens sy uitdrukkingswyse laasbedoelde maskers ook gasmaskers genoem kan word. Daarby spreek sy vae verwysings na ''n damp of soiets' van onsekerheid omtrent wat die verhitte amalgaam werklik sou afgee. Hierdie woorde sou egter 'n gas van 'n aan hom onbekende aard insluit, en in die samehang sou dit 'n gas kan wees waarteen een of ander beskutting, wat hyself 'n gasmasker noem, na sy mening

Steyn HR

nodig sou gewees het. So beskou, sou sy getuienis prima facie neerkom op 'n erkenning dat hy bewus was van die moontlikheid dat een of ander gas waarteen dit nodig kan wees om die smelters te beskerm, deur die verhitting uitgedryf kan word. Maar ook dan sou dit nog nie vanself A spreek dat hy 'n beskutting in gedagte gehad het teen wat 'n redelike persoon as 'n aan hom heeltemal onbekende en daarom moontlik lewensgevaarlike uitwerking sou beskou het nie. Dit sou ook 'n beskutting teen 'n verwagte verbygaande uitwerking van die gas kan wees. Met die oog op hierdie oorwegings sou ek aarsel om te bevind dat B bedoelde erkenning 'n ondubbelsinnige en duidelike erkenning is van 'n bewustheid van 'n onbekende moontlike gevaar van so 'n aard dat hy daarop bedag moes gewees het dat dit lewensgevaar sou kan insluit en daarom die nodige voorsorg moes getref het om lewensverlies te vermy. Dit wil my voorkom dat sy getuienis nie onbestaanbaar is nie met 'n verwagting van moontlike skadelikheid van 'n minder ernstige omvang met C uitsluiting van enige noemenswaardige moontlikheid van lewensverlies. Hy verklaar trouens dat hy nie eintlik bang was vir die 'dampe of soiets' wat die amalgaam sou kan afgee nie. Dit is nie onbestaanbaar met die voorafgaande erkenning nie. By ontstentenis van verdere gegewens omtrent die appellant se mening is dit moeilik om te bevind dat 'n D redelike persoon met dieselfde kennis 'n moontlike skadelikheid van meer ernstige omvang sou voorsien het. Die strekking van die appellant se getuienis is bygevolg nie van so 'n aard dat dit, indien dit gepaard gegaan het met 'n erkenning dat sy bedrywigheid met die amalgaam die dood van die oorledene veroorsaak het, sonder meer as 'n pleit van skuldig aanvaar sou kon geword het nie.

E In die sin van so 'n mindere skadelikheid verstaan, sou die appellant se erkenning ook beter te rym wees met sy gedrag na die verhitting van die amalgaam. Groesbeek was getroud met die dogter van die stiefbroer van die appellant se vrou, en die twee gesinne het blykbaar op 'n vriendskaplike voet met mekaar verkeer. Aan die moontlike gevaarlike...

To continue reading

Request your trial
23 practice notes
  • Author index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...88S v Van der Merwe 2009 1 SACR 673 (C) ............................................. 459S v Van der Mescht 1962 1 SA 521 (A) ................................................. 250S v Van Staden 2008 2 SACR 626 (NC) ................................................. 96-98S v Van Wyk 1992 1 SA......
  • S v Ndwambi
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 590 (A): referred to S v P 1972 (3) SA 412 (A): referred to S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A): referred to S v Van der Mescht 1962 (1) SA 521 (A): referred to C S v White 1973 (4) SA 174 (W): referred The State v Kruger and Another 1961 (4) SA 816 (A): referred to. England Caswell v ......
  • S v Nkombani and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...A of the attempted murder of B. and of no crime in respect of C. since he was not negligent as regards C.; cf. S v van der Mescht, 1962 (1) SA 521. In the present case it was not proved beyond reasonable doubt that there was any intention, actual or inferred, to kill the deceased. The Court......
  • S v Wandrag
    • South Africa
    • Invalid date
    ...ons strafreg, actus non facit reum, nisi mens sit rea, wat in S v Bernardus, 1965 (3) SA 287 (AA) op bl. 296E-F, en S v van der Mescht, 1962 (1) SA 521 (AA) op bl. 530, ondubbelsinniglik in ere herstel is, steeds vooropgestel F Die Wetgewer het die mag om van hierdie grondbeginsel, geen str......
  • Request a trial to view additional results
22 cases

  • S v Bernardus
    • South Africa
    • Invalid date
    ...sien R. v. E Hedley, 1958 (1) SA 362; R v Burger and Another, 1959 (2) SA 110; R v Mkize, 1959 (2) SA 269; en veral S v van der Mescht, 1962 (1) SA 521; S v Engelbrecht en Andere, 1962 (4) SA 219; S v Mini, 1963 (3) SA 188; S v Lubbe, 1963 (4) SA 459. Daar is derhalwe in ons regspraak sterk......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Author index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...88S v Van der Merwe 2009 1 SACR 673 (C) ............................................. 459S v Van der Mescht 1962 1 SA 521 (A) ................................................. 250S v Van Staden 2008 2 SACR 626 (NC) ................................................. 96-98S v Van Wyk 1992 1 SA......
23 provisions
  • Author index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...88S v Van der Merwe 2009 1 SACR 673 (C) ............................................. 459S v Van der Mescht 1962 1 SA 521 (A) ................................................. 250S v Van Staden 2008 2 SACR 626 (NC) ................................................. 96-98S v Van Wyk 1992 1 SA......
  • S v Ndwambi
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 590 (A): referred to S v P 1972 (3) SA 412 (A): referred to S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A): referred to S v Van der Mescht 1962 (1) SA 521 (A): referred to C S v White 1973 (4) SA 174 (W): referred The State v Kruger and Another 1961 (4) SA 816 (A): referred to. England Caswell v ......
  • S v Nkombani and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...A of the attempted murder of B. and of no crime in respect of C. since he was not negligent as regards C.; cf. S v van der Mescht, 1962 (1) SA 521. In the present case it was not proved beyond reasonable doubt that there was any intention, actual or inferred, to kill the deceased. The Court......
  • S v Wandrag
    • South Africa
    • Invalid date
    ...ons strafreg, actus non facit reum, nisi mens sit rea, wat in S v Bernardus, 1965 (3) SA 287 (AA) op bl. 296E-F, en S v van der Mescht, 1962 (1) SA 521 (AA) op bl. 530, ondubbelsinniglik in ere herstel is, steeds vooropgestel F Die Wetgewer het die mag om van hierdie grondbeginsel, geen str......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT