Die ouditkomitee se invloed op evaluering, die maak van gevolgtrekkings en verslagdoening - die vierde stadium van die ouditproses. Hoofstuk 7

Pages183-230
Date01 January 2000
DOI10.10520/EJC73623
AuthorJ.G. Van der Merwe
Published date01 January 2000
HOOFSTUK 7
DIE OUDITKOMITEE SE INVLOED OP EVALUERING,DIE
MAAK VAN GEVOLGTREKKINGS EN VERSLAGDOE-
NING – DIE VIERDE STADIUM VAN DIE OUDITPROSES
7.1 Inleiding
In hierdie hoofstuk word die invloed van die ouditkomitee op die
vierde stadium van die ouditproses bestudeer. Hierdie laaste sta-
dium van die ouditproses behels die evaluering van bewyse deur
die eksterne ouditeur waarop hy sy ouditeursverslag baseer.
Standpunt OU 015 (SAIGR 1987a:paragrawe 25-28) onderskei
drie aktiwiteite, naamlik:
(a) Die hersiening van die finansiële inligting en die evaluering
van die ouditbewyse.
(b) Die bereiking van ’n gevolgtrekking en die formulering van die
ouditmening.
(c) Die opstelling van die ouditeursverslag.
Die belangrikheid van hierdie stadium van die ouditproses is
eerstens geleë in die feit dat die ouditeur aan die primêre doel van
’n oudit voldoen deurdat hy ’n mening uitspreek oor die finansiële
jaarstate – ’n mening wat gegrond is op die uitvoering van die
vorige stadiums van die ouditproses. Tweedens maak die beson-
dere aard van die prosedures wat die ouditeur tydens hierdie sta-
dium uitvoer dié stadium uniek soos dit blyk uit die volgende (Kell
et al 1992:683):
(a) Die prosedures hou nie verband met spesifieke transaksie-
siklusse of rekenings nie.
(b) Die prosedures word ná die balansstaatdatum uitgevoer.
(c) ’n Groot mate van subjektiewe oordeel van die eksterne oudi-
teur is nodig.
(d) Die prosedures word gewoonlik uitgevoer deur die ouditbe-
stuurders of ander senior lede van die ouditspan wat uitge-
breide ouditverbintenis met die kliënt het.
Verskeie pligte van die ouditkomitee kan net uitgevoer word
tydens of nadat die vierde stadium van die ouditproses afgehan-
del is, soos duidelik uit die volgende pligte blyk:
(a) Hersien finansiële jaarstate voor uitreiking (AICPA 1967:10;
Mautz et al 1970:61; Deloitte & Touche 1994:7; Ernst & Young
183
1991b:10; KPMG Aiken & Peat 1992:13-14; SAIGR et al
1991:13).
(b) Hersien ook ander verslae en ongeouditeerde finansiële inlig-
ting voor vrystelling (Ernst & Young 1991b:9; SAIGR et al
1991:13).
(c) Beoordeel rekeningkundige beleid en praktyke (Mautz et al
1970:61; Ernst & Young 1991b:9; SAIGR et al 1991:13).
(d) Hersien belangrike verslagpunte van die eksterne ouditeur, in-
sluitend onwettige dade en meningsverskille tussen die be-
stuur en die ouditeure (AICPA 1967:10; Mautz et al 1970:61;
Deloitte & Touche 1994:7; Ernst & Young 1991b:9; SAIGR et
al 1991:14).
(e) Die besinning oor die optrede van die bestuur wat gevolg het
op die gerapporteerde swakhede in die beheer (Mautz et al
1970:61; Ernst & Young 1991b:9; SAIGR et al 1991:14).
(f) Oorweeg en maak ’n aanbeveling oor die billikheid van die
ouditeursvergoeding (Coopers & Lybrand 1994:20; Ernst &
Young 1991b:9; SAIGR et al 1991:13).
Hierdie stadium van die ouditproses is vir die ouditkomitee ook be-
langrik ten einde sekere doelwitte van die komitee – veral met
betrekking tot die verbetering van finansiële verslagdoening – te
verwesenlik.
Die res van die hoofstuk is gestruktureer rondom aktuele pro-
bleme wat tydens hierdie stadium mag ontstaan asook aan-
geleenthede wat die ouditeur volgens SAS 61: Communication
with Audit Committees, met die ouditkomitee moet bespreek -
(AICPA 1988a:196-197). Dit behels die volgende:
(a) Die verduideliking van wesenlike afwykings in die finansiële
jaarstate met dié van vorige jare en met begrotings (7.2).
(b) Die verandering in rekeningkundige beleid en die effek daar-
van op die finansiële jaarstate (7.3).
(c) Die bespreking van wesenlike rekeningkundige voorsienings,
reserwes of ramings in die finansiële jaarstate (7.4).
(d) Die bestaan én oplossing van fundamentele kwessies aan-
gaande finansiële verantwoording. Dit sluit in areas wat die
ouditeur as vername probleemgebiede ervaar (7.5).
(e) Die bespreking van die bekwaamheid en toereikendheid van
die finansiële, rekeningkundige en interne ouditpersoneel
(7.6).
(f) Die oorsig oor die bestuursverklaring wat aan die ouditeur
gegee is (7.7).
184
(g) Die besinning oor belangrike wetlike aanspreeklikhede, voor-
waardelike verpligtinge en eise soos aangemeld deur die
regsadviseurs, bankiers en die eksterne ouditeur (7.8).
(h) Belastingopgawes wat nog nie afgehandel is nie, insluitend
enige dispute (7.9).
(i) Die besinning oor en goedkeuring van die ouditeursvergoe-
ding (7.10).
(j) Die hersiening van ander ongeouditeerde inligting in die finan-
siële jaarverslag (7.11).
(k) Die verslagdoening oor die interne beheerstruktuur van die
onderneming (7.12).
(l) Die verslagdoening oor die voortbestaan van die onderneming
as ’n lopende saak (7.13).
(m) Die oorweging van die ouditeursverslag, insluitend enige
kwalifikasie (7.14).
(n) Die regsaanspreeklikheid van die eksterne ouditeur (7.15).
7.2 Wesenlike afwykings in die finansiële jaarstate in verge-
lyking met dié van vorige jare en met begrotings
Die ondersoek van wesenlike afwykings van die huidige jaar se
finansiële state met dié van die vorige jare, behoort ’n belangrike
funksie van ’n onderneming se ouditkomitee te wees.
Die ouditeur se funksie betreffende wesenlike afwykings in die
finansiële inligting word, onder andere, deur die standpunte oor
ouditstandaarde verklaar. Daarvolgens moet die ouditeur
buitengewone items en verwantskappe wat strydig is met bewys-
lewering uit ander bronne ondersoek ten einde bevredigende
verklarings daarvoor te verkry (SAIGR 1983d:OU 265, paragraaf
12). Derglike items kan ook ’n aanduiding wees van wesenlike
foute wat nie deur middel van ander ouditprosedures opgespoor
is nie (SAIGR 1987b:OU 292, paragraaf 11).
Die ouditkomitee se funksie met betrekking tot die wesenlike
afwykings in die finansiële state, is primêr daarop gerig om
verduidelikings vir hierdie afwykings te verkry. Dit blyk duidelik uit
die volgende voorbeelde van vrae wat die ouditkomitee aan die
ouditeur kan stel (Coopers & Lybrand 1994:13; Deloitte & Touche
1994:20; Ernst & Young 1991b:17):
(a) Wat is die vernaamste redes vir enige wesenlike afwykings in
die syfers van hierdie jaar se finansiële state met dié van die
vorige jaar en van begrote syfers?
185

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT