Die ouditkomitee se invloed op voor-aanstellings-aktiwiteite - die eerste stadium van die ouditproses. Hoofstuk 4

AuthorJ.G. Van der Merwe
Pages90-129
DOI10.10520/EJC73626
Published date01 January 2000
Date01 January 2000
HOOFSTUK 4
DIE OUDITKOMITEE SE INVLOED OP VOOR-
AANSTELLINGSAKTIWITEITE – DIE EERSTE STADIUM
VAN DIE OUDITPROSES
4.1 Inleiding
In hoofstukke vier tot sewe word die ondersoek na die invloed van
die ouditkomitee op die pligte van die eksterne ouditeur uiteenge-
sit. Hierdie ondersoek is uitgevoer aan die hand van die vier sta-
diums van die ouditproses, naamlik die voor-aanstellingsakti-
witeite (hoofstuk vier), beplanning (hoofstuk vyf), nakomings- en
stawingsprosedures (hoofstuk ses), en verslagdoening (hoofstuk
sewe). Die studie word georden volgens die werksaamhede van
die eksterne ouditeur, aangesien dit die mees logiese en gestruk-
tureerde afbakening verteenwoordig en die minste oorvleueling
van materiaal sal verseker. Die ordening volgens die aantal ver-
gaderings van die ouditkomitee is byvoorbeeld oorweeg, maar is
té problematies aangesien daar nie eenstemmigheid bestaan oor
die presiese aantal vergaderings en die sakelys vir elke vergader-
ing nie.
In hierdie hoofstuk word die invloed wat die ouditkomitee kan
uitoefen in die eerste stadium van die ouditproses, naamlik die
voor-aanstellingsaktiwiteite, geëvalueer.
4.2 Die stappe wat tydens voor-aanstellingsaktiwiteite uitge-
voer word
Die stappe wat tydens die voor-aanstellingsaktiwiteite deur die
eksterne ouditeur uitgevoer word, is uiteraard omvangryker by ’n
eerste aanstelling as by ’n herhalingsaanstelling. Die drie stappe
wat die eksterne ouditeur in hierdie stadium moet uitvoer, word
soos volg deur die SAIGR (1987a:OU 015, Bylae) uiteengesit:
(a) Voer ’n nuwe kliënt-ondersoek uit of oorweeg ’n verandering in
’n bestaande kliënt se omstandighede.
(b) Bepaal die vereistes vir vaardighede en bekwaamheid.
(c) Bepaal die aanstellingsvoorwaardes.
Elke stap word verder beskryf deur die SAIGR in sy standpunt oor
die ouditproses (1987a:OU 015, paragrawe .06 - .08). Twee
duidelike situasies kan uit hierdie standpunt afgelei word:
(a) Waar die aanvaarding van ’n nuwe kliënt ter sprake is, moet
die ouditeur die volgende aksies uitvoer:
90
(i) Oorweging skenk aan sy onafhanklikheid, die kliënt se
besigheidsaansien en kommunikasie met vorige oudi-
teure.
(ii) Besluit of hy oor die nodige professionele bekwaamheid,
kennis, vaardigheid en ondervinding beskik om die
aanstelling te kan aanvaar.
(iii) Indien die nuwe kliënt aanvaar word, moet die aanstel-
lingsvoorwaardes bepaal en in ’n aanstellingsbrief uiteen-
gesit word.
(b) By die voortsetting van dienste aan ’n bestaande kliënt moet
die ouditeur die volgende aksies uitvoer:
(i) Oorweging skenk aan enige veranderinge in omstandig-
hede, hetsy rakende die kliënt of die ouditeursfirma, wat ’n
uitwerking kan hê op die behoud van so ’n kliënt.
(ii) Indien die ouditeur besluit om voort te gaan om diens aan
die bestaande kliënt te lewer, behoort die aanstellings-
voorwaardes herbevestig te word.
Hierdie twee duidelike situasies, naamlik die aanstellng van ’n
nuwe ouditeur en die voortsetting van dienste deur ’n ouditeur aan
’n bestaande kliënt, sal die raamwerk wees vir die verdere
bespreking in hierdie hoofstuk. Die invloed wat die ouditkomitee
op hierdie aspekte kan uitoefen, sal onder die volgende afdelings
bespreek word:
(a) Betreffende die aanstelling van ’n nuwe ouditeur (4.3):
(i) die oorweging van die redes vir en teen ’n verandering van
ouditeure (4.3.1);
(ii) die bepalings van die Maatskappywet met betrekking tot ’n
verandering in ouditeure (4.3.2);
(iii) die evaluering van ouditeursfirmas en die keuse van die
geskikste ouditeursfirma vir die onderneming (4.3.3);
(iv) die oorweging van die aanstellingsbrief (4.3.4).
(b) Die voortsetting van die gebruikmaking van die bestaande
ouditeursfirma (4.4):
(i) die evaluering van veranderinge in omstandighede wat ’n
uitwerking op die voortsetting van die ouditopdrag kan hê
(4.4.2);
(ii) die evaluering van die gehalte van die huidige jaar se
ouditwerk (4.4.3);
(iii) die oorweging van die aanstellingsbrief (4.4.4).
91
4.3 Die aanstelling van ’n nuwe ouditeursfirma
Die Maatskappywet, artikels 269 en 270, vereis dat elke
maatskappy ’n eksterne ouditeur moet aanstel om sekere pligte
aangaande die finansiële jaarstate uit te voer. Die professionele
gedragskode van die SAIGR stel dit duidelik dat kliënte die
onbetwiste reg het om hulle professionele adviseurs te kies en
hulle te vervang indien hulle dit sou verkies (1995a:43). Hierdie
reg tot keuse en vervanging van die ouditeur impliseer dat ’n
deeglike en objektiewe evaluering van sowel die wenslikheid om
die huidige ouditeur te vervang, as die geskiktheid van die voorne-
mende ouditeursfirmas sal geskied. Die besluit wat geneem gaan
word, behoort tot voordeel van die onderneming te strek.
4.3.1 Die redes vir en teen ’n verandering van ouditeure
4.3.1.1 Inleiding
Die besluit om die bestaande ouditeursfirma te behou of af te
dank, is geen maklike taak nie. Die ouditeur lewer ’n diens aan die
onderneming, en net soos wat besluit kan word om van leweran-
siers te verwissel, net so kan besluit word om van ouditeursfirma
te verwissel. Dit is egter moeiliker om van ouditeur te verwissel
aangesien ’n professionele verbintenis moontlik oor ’n aantal jare
opgebou is en daar statutêre vereistes is waaraan voldoen moet
word. Verskeie redes kan aangevoer word vir die verandering van
ouditeursfirma, terwyl redes ook aangevoer kan word om die
huidige firma te behou al is die onderneming nie heeltemal
tevrede met die diens wat gelewer word nie.
4.3.1.2 Die redes vir ’n verandering van ouditeure
Enkele redes waarom ondernemings van ouditeursfirma verwis-
sel, is die volgende:
(a) Verandering na ’n groter ouditeursfirma vanweë uitbreidings
van die onderneming wat verhoogde vereistes stel aan die ou-
diteursfirma (Lurie 1977:52) of die uitbreiding van buitelandse
belange sodat ’n ouditeursfirma met internasionale verbin-
tenisse nodig is (Woolf 1978:99).
(b) Die konsolidasie van ouditeursfirmas binne die groep of as
gevolg van ’n samesmelting of oorname (Miller 1978:40).
(c) Beplande rotasie in die aanstelling van die ouditeur (Miller
1978:40). Dit blyk dat hierdie beginsel skynbaar nie die steun van
die georganiseerde ouditprofessie wegdra nie (SAIGR 1994a:23).
(d) Ontevredenheid met die gehalte werk gelewer (Addams &
Davis 1994:40; Lurie 1977:52).
(e) Ontevredenheid oor die hoë ouditeursvergoeding wat betaal
92

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT