Die ouditkomitee se invloed op beplanning - die tweede stadium van die ouditproses. Hoofstuk 5

Pages130-153
Published date01 January 2000
Date01 January 2000
DOI10.10520/EJC73625
AuthorJ.G. Van der Merwe
HOOFSTUK 5
DIE OUDITKOMITEE SE INVLOED OP BEPLANNING –
DIE TWEEDE STADIUM VAN DIE OUDITPROSES
5.1 Inleiding
In hierdie hoofstuk word die invloed van die ouditkomitee op die
tweede stadium van die ouditproses, naamlik die beplanningsta-
dium, ondersoek en geëvalueer. Die stappe wat die eksterne oudi-
teur tydens hierdie stadium uitvoer, dien as vertrekpunt vir die be-
studering van die ouditkomitee se invloed op hierdie stadium van
die ouditproses.
Die Treadway-kommissie (1987:41) beveel aan dat die oudit-
komitee as ’n ingeligte, oorhoofse moniteerder van die finansiële
verslagdoeningsproses en die maatskappy se interne beheer-
maatreëls moet optree. Verskeie pligte van die ouditkomitee sen-
treer juis rondom hierdie moniteringsfunksie, soos die identifi-
sering van die belangrike risiko-areas in die onderneming, die be-
oordeling van die toereikendheid van die interne beheerstelsels
en die beoordeling van die beleid wat die bestuur volg om te
verseker dat die rekeningkundige stelsels en verwante kontroles
toereikend is (sien onder andere Bezuidenhout 1973:54-55;
Braiotta 1994:14; Coopers & Lybrand 1994:3; Deloitte & Touche
1994:7; Ernst & Young 1991b:9-10; Marx 1992:317; Mautz et al
1970:61). Hierdie moniteringsfunksie van die ouditkomitee dien as
’n belangrike aanduiding dat die ouditkomitee ’n invloed op hierdie
stadium van die ouditproses kan uitoefen.
Die stappe wat die ouditeur tydens die beplanningstadium uitvoer,
word soos volg deur die SAIGR in standpunt OU 015 (1987a:
paragrawe .09-.20) opgesom:
(a) Die verkryging of bywerking van kennis van die besigheid (5.2).
(b) ’n Voorlopige beoordeling van wesenlikheid vir beplanningsdoelein-
des (5.3).
(c) Die skatting van die inherente risiko van die verkeerde voorstelling
met betrekking tot elke stelling (5.4).
(d) Die verkryging van ’n begrip van die rekeningkundige stelsel en ver-
bandhoudende interne beheermaatreëls (5.5).
(e) Die formulering van ’n ouditbenadering (5.6).
(f) Die bestudering van interne beheermaatreëls waarop die ouditeur
voornemens is om te vertrou (5.7).
130
Hierdie ses stappe sal die raamwerk vorm vir die verdere bespre-
king van die ouditkomitee se invloed op die beplanningstadium.
5.2 Verkryging of bywerking van kennis van die besigheid
5.2.1 Die belangrikheid van hierdie stap
’n Omvattende kennis van die kliënt se besigheid, industrie en
bedrywighede, soos deur die eksterne ouditeur verkry, is ’n voor-
vereiste vir die uitvoering van ’n effektiewe oudit (Arens &
Loebbecke 1994:210; Shields 1994:55). Grondige kennis behoort
die ouditeur in staat te stel om “... sy ondersoek te beplan en in
ooreenstemming met algemeen aanvaarde ouditstandaarde uit te
voer (SAIGR, 1986b:OU 210, paragraaf .07). Kennis van die
entiteit se besigheid kan die ouditeur tydens die beplanningsta-
dium help om dié gebiede wat spesiale oorweging mag verg, te
identifiseer; om die toestande waarin rekeningkundige data ver-
samel, verwerk en te boek gestel word, te bepaal en om die
vasstelling van beplanningswesenlikheid, inherente en kontrole-
risiko’s te vergemaklik (SAIGR, 1986b:OU 210, paragraaf .08).
Die ouditeur kan die nodige inligting aangaande die kliënt uit
verskeie bronne bekom, soos uit jaarverslae aan aandeelhouers,
notules van vergaderings, besprekings met die kliënt se bestuur
en personeel, besoeke aan die onderneming se besigheids-
persele, en publikasies wat verband hou met die industrie van die
onderneming (APB 1995b:123; SAIGR 1994b:2).
Kennis van die besigheid is nie net vir die ouditeur van belang nie.
Om die lede van die ouditkomitee in staat te stel om hul pligte
effektiewer uit te voer, is ’n basiese begrip van die onderneming
se posisie in die industrie en van ander omgewingsoorwegings,
soos ekonomiese omstandighede asook ’n begrip van die
bedryfseienskappe van die besigheid, nodig (Braiotta 1994:145).
5.2.2 Die invloed van die ouditkomitee op die eksterne oudi-
teur se verkryging van kennis van die besigheid
Soos hierbo gestel, kan die ouditeur verskeie metodes aanwend
om die nodige kennis van die besigheid te verkry ten einde die
oudit effektief te beplan. In hoofstuk drie is die eienskappe van ’n
effektiewe ouditkomitee ondersoek en is daar in afdeling 3.7.5
bevind dat kennis van die besigheid as een van die eienskappe
gereken kan word. ’n Effektiewe ouditkomitee wie se lede oor
genoegsame en omvattende kennis van die sake van die
onderneming beskik, behoort in ’n posisie te wees om in dié ver-
band waardevolle inligting aan die ouditeur te voorsien. Verder
131

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT