Die ouditkomitee se invloed op nakomings- en stawingsprosedures - die derde stadium van die ouditproses. Hoofstuk 6

Date01 January 2000
Published date01 January 2000
Pages154-182
DOI10.10520/EJC73624
AuthorJ.G. Van der Merwe
HOOFSTUK 6
DIE OUDITKOMITEE SE INVLOED OP NAKOMINGS- EN
STAWINGSPROSEDURES – DIE DERDE STADIUM VAN
DIE OUDITPROSES
6.1 Inleiding
Nadat die ouditeur sy beplanning van die oudit afgehandel het en
op die ouditbenadering wat gevolg gaan word, besluit is, moet die
ouditeur begin om nakomings- en stawingsprosedures uit te voer
ten einde die nodige bewyse te verkry. In hierdie hoofstuk word
die rol en invloed van die ouditkomitee tydens hierdie stadium van
die ouditproses bestudeer.
Die stappe wat die eksterne ouditeur tydens hierdie stadium uit-
voer, word soos volg in standpunt OU 015 (SAIGR 1987a:Bylae)
uiteengesit:
(a) Voer nakomingsprosedures uit.
(b) Evalueer resultate van nakomingsprosedures en pas be-
plande stawingsprosedures aan, indien nodig.
(c) Voer stawingsprosedures uit.
(d) Evalueer resultate van stawingsprosedures.
(e) Voer verdere stawingsprosedures uit, indien nodig.
Die raamwerk vir die bespreking van die ouditkomitee se invloed
op die derde stadium van die ouditproses sal egter nie volgens die
SAIGR se stappe geskied nie; die bespreking sal eerder aan die
hand van die probleme wat tydens hierdie stadium ondervind kan
word, geskied. Hierdie benadering word om die volgende redes
gevolg:
(a) Die ouditkomitee en die eksterne ouditeur kommunikeer
gewoonlik nie tydens dié stadium van die veldwerk nie, tensy
wesenlike probleme deur die eksterne ouditeur ondervind
word (APB 1995a:127; Apostolou et al 1990:41).
(b) Die resultaat van hierdie stadium van die ouditproses word
met behulp van verslae en besprekings tydens die vierde sta-
dium van die ouditproses bekend gemaak. Hierdie verslae en
besprekings word in hoofstuk sewe bespreek sodat die
bespreking in hierdie hoofstuk beperk sal word tot bepaalde
probleme wat tydens die uitvoering van die omvattende
ouditwerk ondervind word.
154
Verskeie skrywers het reeds probleme wat direk of indirek ver-
band hou met die uitvoering van nakomings- en stawingsprose-
dures deur die eksterne ouditeur ondersoek. Hierdie probleme
kan in verskillende kategorieë verdeel word, byvoorbeeld proble-
me wat deur die eksterne ouditeur self ondervind word, en pro-
bleme wat die bestuur ondervind met die wyse waarop die
eksterne ouditeur sy werk uitvoer. Die volgende wesenlike pro-
bleme, met die paragraaf waarin dit bespreek word in hakies, dien
as uitgangspunt en word as subhoofde in hierdie hoofstuk
gebruik:
(a) Die koördinasie van die werk van die interne en eksterne oudi-
teure (6.2).
(b) Die gebruikmaking van die personeel van die onderneming
(6.3).
(c) Onrealistiese tydskedules vir die afhandeling van die oudit
(6.4).
(d) Die toewysing van die ouditeursfirma se personeel (6.5).
Hierdie lys is opgestel nadat ’n omvattende literatuurstudie
gedoen is, maar moet nie as volledig beskou word nie.
6.2 Die koördinering van die werk van die interne en eksterne
ouditeure
6.2.1 Inleiding
Dit is duidelik dat die interne ouditfunksie ’n belangrike rol kan
vervul as element van korporatiewe beheer (vergelyk byvoorbeeld
King-verslag 1994:21). Hierdie verhoogde belangrikheid nood-
saak ’n hersiening van die standpunte aangaande die same-
werking tussen die interne en eksterne ouditeure ten einde die
beste balans tussen koste en voordeel vir die onderneming en hul
aandeelhouers te verkry (APB 1995a:127).
Die Treadway-kommissie maak ’n aantal belangrike aanbevelings
met betrekking tot die daarstelling en uitbouing van die interne
ouditafdeling van ’n onderneming (1987:37-39), maar dit is aan-
beveling agt wat ter sake is vir hierdie gedeelte van die studie
(1987:39):
Management and the audit committee should ensure that
the internal auditors’ involvement in the audit of the entire
financial reporting process is appropriate and properly co-
ordinated with the independent public accountant.
Dié aanbeveling moet teen die agtergrond gesien word van die feit
dat die interne ouditeur se werk nie plaasvervangend vir die
155

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT