Die leerstuk van toegerekende kennis : hoofstuk 5

DOI10.10520/EJC74104
AuthorPierre Jacques Rabie
Date01 January 2008
Published date01 January 2008
Pages92-108
92
HOOFSTUK 5
DIE LEERSTUK VAN TOEGEREKENDE KENNIS
5.1 Doelwit en werkswyse
Die doel van hierdie hoofstuk is om die werking van die leerstuk van
toegerekende kennis volledig te ontleed en daarna ’n aanbeveling
te maak aangaande die toekoms van hierdie leerstuk in die Suid-
Afrikaanse reg.
Die historiese ontwikkeling van die leerstuk word eerstens bestudeer,
waarna daar gepoog word om die leerstuk volledig te omskryf.
Tweedens word die praktiese toepassing van die leerstuk, die verband
tussen die leerstuk van toegerekende kennis en ander geselekteerde
maatskappyregtelike leerstukke sowel as sekere grondwetlike as-
pekte rakende die leerstuk in oënskou geneem.
Laastens, nadat ’n kort regsvergelykende bespreking met verwysing
na die Engelse, Amerikaanse en Australiese reg onderneem is, word
sekere aanbevelings aangaande die toekoms van die leerstuk van
toegerekende kennis in die Suid-Afrikaanse maatskappyereg gemaak.
5.2 Inleiding
Die leerstuk van toegerekende kennis bepaal dat die inhoud van die
publieke dokumente van ’n maatskappy aan elkeen toegereken1 word
wat met die maatskappy onderhandel. Dit is irrelevant of die derde
die dokumente inderdaad geraadpleeg het of bewus is van die inhoud
van die openbare dokumente. Die werking van die leerstuk van toege-
rekende kennis word dus getemper deur die Turquand-reël, sowel as
ingevolge die estoppelleerstuk.2
5.3 Historiese oorsig
Die Engelse Joint Stock Companies Act 18443, is grootliks deur ven-
nootskapsregtelike beginsels beïnvloed,4 en het voorsiening gemaak
vir die inlywing van maatskappye ingevolge ’n algemeen magtigende
wet. In die Engelse vennootskapsreg beskik elke vennoot in beginsel
1 Die derde word geag op hoogte te wees van die inhoud van die open-
bare dokumente van die maatskappy. Dit is nie ’n uitgemaakte saak
watter dokumente as die openbare dokumente van ’n maatskappy
aanvaar kan word nie. Dit staan egter vas dat die akte van oprigting,
statute en geregistreerde spesiale besluite wel as openbare doku-
mente beskou kan word. Vir ’n volledige bespreking van hierdie aspek,
sien Oosthuizen 1976:152.
2 Blackman 2002:4.32-4.34; 4.43-4.46.
3 7 en 8 Vict c. 110.
4 Lombard 2003:32-33; Oosthuizen 1979:4.
93
oor die vermoë om die vennootskap te bind indien die ooreenkoms
binne die vennootskapsbesigheid tuisgebring kan word.5 Indien daar
’n onderlinge ooreenkoms tussen die lede is dat ’n lid nie ooreenkom-
ste mag aangaan nie, sal die betrokke lid steeds die vennootskap bind
indien die derde met wie die ooreenkoms aangegaan word, nie bewus
is van die onderlinge ooreenkoms tussen die lede nie.6 Elke aandeel-
houer kan egter nie die maatskappy bind nie en is die verteenwoordig-
ingsbevoegdheid opgedra aan die die direksie van die maatskappy.7
Ten aansien van die direksie se verteenwoordigingsbevoegdheid is
die vennootskapsanalogie toegepas. Daar is dus aan vaar dat die di-
reksie, net soos vennote, oor volle verteenwoordigingsbevoegdheid
ten aansien van maatskappy-aangeleenthede beskik. Die maatskap-
pygrondwet skep dus nie bevoegdhede nie, maar dien bloot tot reëling
en inperking van hierdie bevoegdhede.8 Indien hierdie benadering
sonder enige kwalif‌ikasies toegepas sou word, sou dit aandeelhouers
totaal aan die genade van direksielede uitgelewer het, aangesien die
direksielede onbeperkte bevoegdhede sou hê.
Die uitspraak van die House of Lords in Ernest v Nicholls9 word uit vele
oorde as die oorsprong van die leerstuk van toegerekende kennis
beskou.10 Oosthuizen11 voel dat hierdie beskouing foutief is aangesien
regter Maule reeds vyf jaar vantevore die volgende stelling in Smith
v The Hull Glass Company12 gemaak het:
5 Ernest v Nicholls (1857) 6 HL Cas 401:408 en Partnership Act 1890
(53 en 54 Vict c. 39) artikel 5. In Suid-Afrika is die posisie dieselfde,
sien Snyman 2000:345-347; Henning en Du Plessis 1993:339 asook
De Wet en Van Wyk 1978:402.
6 Ernest v Nicholls (1857) 6 HL Cas 401; Snyman 2000:345-347; De
Wet en Van Wyk 1978:402.
7 Joint Stock Companies Act 1844 artikels 7 en 27. Dit was ook moontlik
vir die maatskappy om iemand anders as verteenwoordiger aan te stel.
8 Smith v The Hull Glass Company 8 CB Rep 668:675: “It seems to us
that the directors, unless restrained by parliament, or the deed, would
have all the authority given to partners by the rules of the common
law.” Sien ook Montrose 1934:238.
9 (1857) 6 HL Cas 401 op 418-419 ingevolge Lord Wensleydale: “The
Legislature then devised the plan of incorporating these companies …
providing at the same time that all the world should have notice who
were the persons authorized to bind all the shareholders, by requiring
the copartnership deed to be registered, certif‌ied by the directors, and
accessible to all persons, therefore, must take notice of the deed and
the provisions of the Act. If they do not choose to acquaint themselves
with the powers of the directors it is their own fault…”
10 Montrose 1968:244; Campbell 1959:475; Gower 1957:153 voetnoot 65;
Mahoney v The East Holyford Mining Co (Ltd) (1875) LR 7 HL Cas 869.
11 Oosthuizen 1976:15.
12 11 CB Rep 897.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT