Die leerstuk van openbaarmaking : hoofstuk 4

Published date01 January 2008
Pages75-91
AuthorPierre Jacques Rabie
DOI10.10520/EJC74105
Date01 January 2008
75
HOOFSTUK 4
DIE LEERSTUK VAN OPENBAARMAKING
4.1 Doelwit en werkswyse
Die doel van hierdie hoofstuk is om die openbaarmakingsbeginsel
te ontleed en om daarna ’n aanbeveling oor die toekoms van hierdie
leerstuk in Suid-Afrika te maak.
Die doel word bereik deur eerstens die historiese ontwikkeling van die
leerstuk na te gaan. Daarna word die belang en doel van die leerstuk
in oënskou geneem, terwyl die werking van die leerstuk laastens on-
dersoek word.
As gevolg van die internasionale strewe na eenvormigheid1(soos by-
voorbeeld die skepping en onderskrywing van die rekeningkundige
beginsels voorgestel deur die Internasionale Komitee vir Rekening-
kundige Standaarde) asook die gedeelde voorgeskiedenis2 wat die
openbaarmakingsbeginsel in Suid-Afrika, Engeland, Australië en die
VSA geniet, sal die individuele posisies in hierdie lande nie bespreek
word nie aangesien dit tot onnodige duplisering sal lei en word daar
gevolglik volstaan met die Suid-Afrikaanse posisie. Die belangrikste
internasionale liggame3 wat ’n rol in die ontwikkeling van die open-
baarmakingsbeginsel speel, sal egter kortliks bespreek word.
4.2 Inleiding
Die leerstuk van openbaarmaking is een van die fondamente van die
Suid-Afrikaanse maatskappyereg, en alhoewel dit onseker is hoe
stewig hierdie fondament is, word daar steeds hierop voortgebou.
Gower beskryf die leerstuk van openbaarmaking as beskermings-
maatreël en alhoewel hierdie beskrywing in wese met die oog op die
Engelse reg gedoen is, is dit ook op die Suid-Afrikaanse regsposisie
van toepassing:
On the basis that ‘forewarned is forearmed’ the fundamental
principle underlying the Companies Acts has been that of disclo-
sure … disclosure still remains the principal safeguard on which
the Companies Acts pin their faith, and every succeeding Act
since 1862 has added to the extent of the publicity required …4
Soos later sal blyk, is verskeie leerstukke deur die beginsel van open-
baarmaking beïnvloed. Die mees sprekende voorbeeld sou die spe-
siale verhouding tussen die leerstuk van toegerekende kennis en
1 Sien punt 7.
2 Sien punt 3.
3 Sien punt 7.
4 Gower 1957:408.
76
die beginsel van openbaarmaking wees. Ingevolge die leerstuk van
toegerekende kennis5 word elke persoon wat met die maatskappy
onderhandel geag op hoogte te wees van die inhoud van die openbare
dokumente van die maatskappy.6 Die leerstuk van toegerekende kennis
is gevolglik direk gekoppel aan die publisiteit wat aan die openbare
dokumente van die maatskappy deur middel van openbaarmaking
en registrasie verleen word.7 Die beginsel van openbaarmaking bly
dus van krag alhoewel die voortbestaan van hierdie beginsel al by
verskeie geleenthede, beide in Suid-Afrika8 en in Engeland,9 waar
die beginsel sy ontstaan gehad het, ernstig bevraagteken is.
Met die studie van die beginsel van openbaarmaking in die maat-
skappyereg moet oor vakgrense heen gekyk word. Die vereistes wat
betrekking het op die publikasie van f‌inansiële state, vervat in die
Vierde Bylae van die Maatskappywet, kan nie bloot afgemaak word
as ’n saak wat slegs op rekenmeesters betrekking het nie. Net so kan
die rekenmeester hom ook nie beperk tot noukeurige kennis van die
bepallings van die Maatskappywet wat handel oor f‌inansiële state
en die res van die wet aan die juris oorlaat nie. Die bepalings van die
Maatskappywet betreffende f‌inansiële state vorm ’n integrale deel
van die milieu-struktuur van die korporatiewe reg en moet daarom
as sodanig behandel word.10
Die openbaarmakingsbeginsel vind in die volgende gevalle toepas-
sing in die Suid-Afrikaanse reg: By die inlywing van ’n maatskappy
moet die akte van oprigting en statute as openbare dokumente by die
Registrateur van Maatskappye ingedien word. Spesiale besluite wat
byvoorbeeld die akte en statute van die maatskappy wysig, moet ook
by die Registrateur ingedien word.11 Indien die maatskappy die publiek
nader om aandele of skuldbriewe op te neem, moet ’n prospektus uit-
gereik word.12 Inligting betreffende die lidmaatskap van die maatskappy
is te eniger tyd vir insae beskikbaar by die Regis trateur.13 Die laaste
5 Vir ’n volledige bespreking van die leerstuk van toegerekende kennis,
sien hoofstuk 5.
6 Sien Oosthuizen 1979:1.
7 Sien Wet 61/1973 artikels 9, 59(1), 63(1), 67 en 68(1). Sien ook Fourie
1988:218-219; Oosthuizen 1978(a):3-4; Naudé 1971:506.
8 Sien McLennan 1997:333; Oosthuizen 1979:14; Naudé 1974:328.
9 Sealy 1984:17-31, 41.
10 Cilliers 1964:203.
11 Vir ’n gedetailleerde beskrywing van die prosedures sien Cilliers et al
2000: hoofstuk 6.
12 Vir ’n volledige bespreking van die prospektus sien Cilliers et al 2000:
hoofstuk 17. Sien ook hoofstuk 7 in Everingham en Lomax 2005.
13 Sien Cilliers et al 2000: hoofstuk 15 vir ’n volledige beskrywing jeens
lede en aandeelhouers.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT