Die historiese ontwikkeling van die ouditkomitee, en 'n oorsig van die finansiële verslagdoeningsproses. Hoofstuk 2

AuthorJ.G. Van der Merwe
Date01 January 2000
Published date01 January 2000
Pages9-38
DOI10.10520/EJC73628
HOOFSTUK 2
DIE HISTORIESE ONTWIKKELING VAN DIE OUDIT-
KOMITEE EN ’n OORSIG VAN DIE FINANSIËLE VER-
SLAGDOENINGSPROSES
2.1 Inleiding
Vir ’n behoorlike begrip van die werksaamhede van die oudit-
komitee behoort die ontwikkeling van dié komitee in enkele lande,
insluitende Suid-Afrika, asook die onlangse verwikkelinge aan-
gaande die finansiële verslagdoeningsproses bestudeer te word.
Perspektief op die ouditkomitee se rol tydens die ouditproses
word verhelder deur te verwys na die redes vir hierdie komitee se
ontstaan en die wetgewing wat daarop betrekking het. Die
omskrywing van die begrip “ouditkomitee” dien as vertrekpunt vir
hierdie hoofstuk. In die bespreking van die historiese ontwikkeling
van die ouditkomitee word nie na volledigheid gestreef nie; slegs
die raamwerk waarbinne die ontwikkeling van die funksies van
hierdie instelling betreffende die ouditproses geskied, word aan-
getoon.
2.2 Die begrip “ouditkomitee”
Verskeie definisies van ’n ouditkomitee kom in die literatuurstudie
voor; hulle sentreer gewoonlik rondom drie aspekte, naamlik die
ouditkomitee se samestelling, sy organisatoriese posisie en sy
funksies. Enkele voorbeelde:
Acommittee of the board normally comprising three to five
directors with no operating responsibility in financial
management. Its primary tasks are to review the financial
statements, the effectiveness of the company’s accounting
and internal control systems, and the findings of the audi-
tors, and to make recommendations on the appointment
and remuneration of the external auditors (Marrian
1988:2).
... an audit committee is regarded as a committee of the
board, normally comprising three to five directors with no
operating responsibility in financial management. Such a
committee would act on behalf of the board, would report
only to the board, and would have no executive powers of
its own (Buckley 1979:2).
9
The audit committee is a committee of the Board and
should be largely composed of non-executive directors. Its
general role is to assist the Board of Directors in the dis-
charge of its responsibilities for financial reporting, main-
taining a system of internal control, and fostering the orga-
nisation’s ethical climate (Ernst & Young 1991b:7).
’n Ouditkomitee is ’n subkomitee van die direksie, en
behoort uit ’n meerderheid onafhanklike, nie-uitvoerende
direkteure te bestaan, aan wie daar, saam met ander
funksies, die toesig oor die finansiële verslagdoenings- en
ouditproses opgedra is [Die Suid-Afrikaanse Instituut van
Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) 1994a:21-22].
Een van die aanbevelings in die Cadbury-verslag is (1992:59):
The board should establish an audit committee of at least
three non-executive directors with written terms of refer-
ence which deal clearly with its authority and duties.
’n Ooreenstemmende aanbeveling word in die King-verslag
(1994:34) gemaak:
The board should establish an Audit Committee with writ-
ten terms of reference confirmed by the board. It should
consist of at least two non-executive directors, of whom
one should act as chair. The committee meetings should
be attended by the head of internal audit, the external audit
partner and the financial director.
Terwyl daar redelike eenstemmigheid bestaan oor die organisato-
riese posisie en funksies van die ouditkomitee, is daar
meningsverskil oor die samestelling van dié komitee wat die eien-
skappe van die lede betref. Die vraag of hierdie komitee net uit
nie-uitvoerende direkteure moet bestaan, en of uitvoerende direk-
teure ook in hierdie liggaam mag dien, is problematies. Dit is een
van die verskilpunte tussen die Cadbury- en die King-verslag.
Hierdie aangeleentheid sal in hoofstuk drie bespreek word – dit
mag die eie geformuleerde definisie van ’n ouditkomitee, soos
hieronder weergegee, beïnvloed.
Vir doeleindes van die verdere verloop van die studie, en tensy dit
duidelik uit die samehang anders sou blyk, word ’n ouditkomitee
soos volg gedefinieer:
’n Ouditkomitee funksioneer as ’n sub-komitee van die raad van
direkteure en bestaan uit ten minste drie nie-uitvoerende direk-
teure of, as alternatief, uit ’n meerderheid van nie-uitvoerende
10

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT