Die geskiedenis van besigheidsredding

Published date01 January 2012
AuthorL.M. Jacobs
Date01 January 2012
Pages6-17
DOI10.10520/EJC133221
6
2 DIE GESKIEDENIS VAN BESIGHEIDSREDDING
2.1 Doelstelling en werkswyse
2.1.1 Doelstellings
Alhoewel Suid-Afrikaanse pogings tot dusver tot ’n geslaagde
besigheidsreddingsmodel grootliks onsuksesvol was, moet dit
steeds gemeld word dat Suid-Afrika eintlik baanbrekerswerk op
die gebied verrig het.
Die hoofstuk het ten doel om die ontstaan en ontwikkeling van
besigheidsredding te ontleed.
2.1.2 Werkswyse
In hierdie hoofstuk word daar ondersoek ingestel na die historiese
ontwikkeling van die besigheidsreddingsmodel, tot en met die
nuwe ondernemingsreddingskema soos vervat in die nuwe
Maatskappywet.1 Laastens sal die vraag na waarin besigheids-
redding tuis hoort, ontleed word.
2.2 Inleiding
Baie lande het in die laaste paar dekades begin om besigheids-
reddingsmodelle in hul wetgewing te voeg, maar van die lande
wat hul reddingsmodelle vroeër geskep het, is Suid-Afrika een
van die eerstes.2 Geregtelike bestuur was ’n nuwe konsep in die
vroeë 1920’s en ander jurisdiksies het na Suid-Afrika gekyk vir
leiding in die ontwikkeling van hul eie wetgewing.3 Die volgende
lande het ook besigheidsreddingsmodelle in hul wetgewing
gevoeg: die Verenigde State van Amerika in 1978, Italië in 1979,
Frankryk in 1985, die Verenigde Koninkryk in 1986,4 Singapoer in
1987, Nederland in 1988, Australië in 1992 en Duitsland in 1999.5
2.3 Regshistoriese oorsig
Vir talle eeue is daar reg oor die wêreld in verskeie regstelsels van
buitengewone billikheidsremedies gebruik gemaak om persone
1 Maatskappywet 71 van 2008.
2 Rajak en Henning 1999:262. Smith 2001:145. “This local innovation
entered our law via the Companies Act of 1926, thus preceding the
business rescue provisions in countries such as Britain, Australia,
Canada and the United States.
3 Bradstreet 2011:353-354. “...in fact, judicial management formed the
basis of Australia’s former rescue regime, official management.” Sien
ook Anderson 2008:4.
4 Vir ’n volledige bespreking aangaande die ontwikkeling van korporatiewe
redding in die Verenigde Koninkryk sien Armour ea 2008:148-171.
5 Kloppers 1999:417.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT