Die geregtelike bestuurder en ondernemingsreddingspraktisyn

DOI10.10520/EJC133217
Published date01 January 2012
Pages109-157
Date01 January 2012
AuthorL.M. Jacobs
109
6 DIE GEREGTELIKE BESTUURDER EN
ONDERNEMINGSREDDINGSPRAKTISYN
6.1 Doelstelling en werkswyse
6.1.1 Doelstellings
Een van die belangrikste rolspelers in die besigheidsreddings-
prosedure is die persoon wat die beheer en bestuur van die
maatskappy oorneem. In die 1973 Wet word daar na die persoon
as die geregtelike bestuurder verwys.1 Die 2008 Wet verwys na
die persoon as die ondernemingsreddingspraktisyn.2
Die hoofstuk het derhalwe ten doel om die belangrikste fasette
van hierdie rolspeler te ondersoek en te ontleed.
6.1.2 Werkswyse
In hierdie hoofstuk word daar ondersoek ingestel na die
kwalifikasies van die reddingspraktisyn,3 wat onder andere insluit
sy kennis en ondervinding op die gebied. Sy bevoegdhede en
die verpligtinge wat hom opgelê word, sal ook ontleed word.
Daar sal gekyk word na die vergoeding wat aan hom betaal mag
word asook die kwessie rakende die verskaffing van sekuriteit en
laastens of hy enige persoonlike aanspreeklikheid kan opdoen en
indien wel, onder watter omstandighede?
Beide die geregtelike bestuurder4 sowel as die ondernemings-
reddingspraktisyn sal onder hierdie indelings hanteer word. Daar
sal deurgaans melding gemaak word van die Verenigde Nasies
se gids ten aansien van insolvensiereg.5
6.2 Inleiding
Die begrip “insolvensiepraktisyns” is in die Suid-Afrikaanse
konteks baie wyd en verwys na verskeie persone, alhoewel
dit geensins in ’n wet gedefinieer word nie.6 Die benaming
verwys na ’n redelik uiteenlopende groep amptenare wat onder
andere insluit: voorlopige en finale kurators in die geval van
1 Maatskappywet 61 van 1973.
2 Maatskappywet 71 van 2008.
3 Daar sal telkens na “reddingspraktisyn” verwys word as die algemene
term vir beide die geregtelike bestuurder en die ondernemings-
reddingspraktisyn.
4 Vir doeleindes van hierdie bespreking sal die term “geregtelike
bestuurder” na die voorlopige sowel as die finale geregtelike bestuurder
verwys.
5 United Nations Commission on International Trade Law: Legislative
Guide on Insolvency Law.
6 Loubser 2007:123.
110
gesekwestreerde boedels, voorlopige en finale likwidateurs van
maatskappye en beslote korporasies en die voorlopige en finale
geregtelike bestuurders in die geval van maatskappye onder
geregtelike bestuur.7
Vir doeleindes van hierdie bespreking word daar slegs op
die reddingspraktisyn gefokus. In die bogenoemde geval
sou dit die geregtelike bestuurder wees wie ingevolge die
1973 Maatskappywet aangestel word om die beheer van die
maatskappy oor te neem.8
Geregtelike bestuurder is slegs een van baie name wat al aan
hierdie amp gegee is. Besigheidsadministrateur, “turnaround
manager” en maatskappydokter is nog van hierdie name. Die mees
onlangse toevoeging kan gevind word in die 2008 Maatskappywet
wat hierna verwys as die ondernemingsreddingspraktisyn.9
Volgens die Engelse Cork-verslag hang die sukses van ’n
insolvensieregstelsel grootliks af van die persone wat dit
administreer.10 In die geval van besigheidsredding: die reddings-
praktisyn. Finch maak die volgende stelling aangaande die
belangrikheid van ’n goeie reddingspraktisyn:
A key aspect of a good rescue regime is a propensity to
bring expertise to bear in making commercial or financial
judgments and in devising strategies that advert to all
creditor interests.”11
’n Bespreking van hierdie belangrike figuur in die besigheids-
reddingsproses sal nou volg.
6.3 “Skuldenaar in besit” teenoor die vervanging van die
bestuur
Daar bestaan twee benaderings by besigheidsredding ten aansien
van die bestuur van die maatskappy. Die eerste benadering
behels die behoud van die bestuur van die maatskappy in die
noodomstandighede.12 Dit wil sê dat die persone wat bona fide in
7 Loubser 2007:123.
8 Maatskappywet 61 van 1973: art 429 en 430.
9 Maatskappywet 71 van 2008: art 128(1)(d). “‘onderneming-
reddingspraktisyn’ ’n persoon wat ingevolge hierdie Hoofstuk aangestel
is, of twee of meer persone wat gesamentlik aangestel is, om toesig te
hou oor ’n maatskappy gedurende onderneming reddingsverrigtinge en
‘praktisyn’ het ’n ooreen stemmende betekenis.”
10 Bradstreet 2010:201. “The success of an insolvency regime is heavily
dependent on those who administer it.”
11 Finch 2005:385.
12 Kloppers 1999:430. “The choice is between leaving the current directors
in control, the so-called ‘debtor in possession’ option, or transferring
111
bestuur van die maatskappy staan, voortgaan om dit te bestuur
asof dit glad nie onder enige vorm van administrasie verkeer nie.13
Sodanige benadering staan bekend as die “skuldenaar in besit”-
benadering.14 UNCITRAL se gids ten aansien van insolvensiereg
definieer die benadering as volg:
“‘Debtor in possession’: a debtor in reorganization
proceedings, which retains full control over the business,
with the consequence that the court does not appoint an
insolvency representative.”15
Hierdie benadering word deur die Verenigde State van Amerika
nagevolg en word in hoofstuk 11 van die Amerikaanse “Bankruptcy
Code” vervat.16
Die tweede benadering kan egter gevind word by die geregtelike
bestuursmodel ingevolge die 1973 Maatskappywet wat voor-
siening maak vir die verwydering van die bestuur van enige
persoon wanneer die voorlopige geregtelike bestuurder
aangestel word.17 Die geregtelike bestuurder sal die beheer van
die maatskappy en die bates van die maatskappy tydens die duur
van die moratorium en die reddingsplan oorneem.18
Die “skuldenaar in besit”-benadering hou sekere probleme in
soos die feit dat die direksie van ’n maatskappy ’n groter gaping
vir misbruik het,19 aangesien die direkteure die maatskappy onder
administrasie kan plaas en dus verligting kan kry by wyse van ’n
moratorium ten aansien van skuldeisers, maar steeds in beheer
van die maatskappy kan bly.20 Verder behoort daar in gedagte
control to a neutral third party as is currently the case with the judicial
management.”
13 Bradstreet 2010:199.
14 Bradstreet 2010:199. “...approach of ‘debtor in possession’ which
allows for the bona fide management of the company to continue as if
it were not under any form of administration.”
15 UNCITRAL dokument Legislative guide to Insolvency Law: 5 item 2(l).
16 Kinsler 1997:150; Bradstreet 2010:199.
17 61 van 1973: art 428(2)(a). “A provisional judicial management order shall
contain directions that the company named therein shall be under the
management, subject to the supervision of the Court, of a provisional
judicial manager appointed as hereinafter provided, and that any other
person vested with the management of the company’s affairs shall from
the date of the making of the order be divested thereof.”
18 Kloppers 1999:430.
19 Kloppers 1999:430.
20 UNCITRAL dokument Legislative guide to Insolvency Law: 166 item
(c)17. “There may be, however, disadvantages to this approach, which
include it being used in situations where the outcome is clearly not
likely to be successful or to delay the inevitable with the result that

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT