Die Europese Unie. Hoofstuk 4

Date01 January 2004
Pages220-233
Published date01 January 2004
DOI10.10520/EJC74020
HOOFSTUK 4
DIE EUROPESE UNIE
4.1 Inleiding
Die Europese Unie is in verskeie opsigte ’n unieke verskynsel: dit
voer ’n eie bestaan, onafhanklik van enige bepaalde land of stel-
sel en strek oor verskeie landsgrense heen; ook beskik dit oor ’n
eie parlement met gesag oor die aktiwiteite van die Unie en wat
ook invloed uitoefen op die eie stelsels van die onderskeie lid-
lande daarvan. Op vele terreine, soos die maatskappyereg, is daar
nog nie sprake van ’n volledig geharmoniseerde stelsel nie. In die
lig hiervan word die Europese Unie afsonderlik ondersoek en nie
bloot as ’n onderdeel van die regsvergelykende ondersoek wat in
die voorafgaande hoofstuk vervat is nie.
Die Europese Gemeenskap het tot stand gekom deur die Verdrag
van Rome1en het ontwikkel tot die Europese Unie deur die Verdrag
van die Europese Unie.2Die oorspronklike oogmerk van die Euro-
pese Gemeenskap was primêr die daarstelling van ’n enkele geïn-
tegreerde ekonomiese gemeenskap.3Dit sou bewerkstellig word deur
die afskaffing van beperkings op die reg van vestiging, deur maat-
reëls wat die vrye beweging van kapitaal verseker, deur die vrye
voorsiening van dienste en die harmonisering van regsvoorskrifte
dwarsdeur die Gemeenskap.4Die bereiking van hierdie oogmerke is
’n stap nader gebring deur die Single European Act.5Hierdie wet
1 25 Maart 1957. Hierdie verdrag verwys na die Treaty establishing the
European Economic Community, maar word allerweë na verwys as die
Verdrag van Rome. Verwysings hierna na “die Verdrag” is ’n verwysing
na die Verdrag van Rome.
2Ook genoem die Maastrichtse Verdrag wat tot stand gekom het op 7
Februarie 1992: OJ 1992 C191.
3Vandaar ook die oorspronklike benaming “Europese Ekonomiese Ge-
meenskap”. Die doelstellings van die Gemeenskap is vervat in a 2 van
die Verdrag van Rome en bepaal: “The Community shall have as its task
... to promote throughout the Community a harmonious development
of economic activities, a continuous and balanced expansion, an increase
in stability, an accelerated raising of the standard of living and closer
relations between States belonging to it.”Hoewel hier reeds sosiale tone
te bespeur is, is dit meer sosiaal-ekonomies van aard as suiwer sosiaal.
Sosio-politiese oorwegings het later ’n rol begin speel — sien bv hierna
die bespreking van die konsep Vyfde Direktief asook Junker “Labour
and social law in the European Union” (1994) TSAR 470 472-482.
4 Gower 59.
5 EC No 12, Byvoegsel 2/86 tot die EU Bulletin. Hierdie wet het op 1 Julie
1987 in werking getree: OJ 1987 L169/1. A 8A omskryf die enkele mark
(“internal market”) wat in die vooruitsig gestel is as “an area without
220

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT