Die eienskappe van 'n effektiewe ouditkomitee. Hoofstuk 3

AuthorJ.G. Van der Merwe
DOI10.10520/EJC73627
Date01 January 2000
Published date01 January 2000
Pages39-90
HOOFSTUK 3
DIE EIENSKAPPE VAN ’n EFFEKTIEWE OUDITKOMITEE
3.1 Inleiding
Vir ’n ouditkomitee om werklik effektief te kan funksioneer, is dit
nodig dat sekere beginsels rakende die instelling en pligte van die
ouditkomitee nagekom word. Dit is die onderwerp van hierdie
hoofstuk. Die verdere hoofstukke van hierdie studie word geba-
seer op die veronderstelling dat die ouditkomitee wel aan hierdie
grondliggende beginsels voldoen.
3.2 Oorsig oor literatuur wat die eienskappe van ’n effektiewe
ouditkomitee bespreek
Die eienskappe van ’n effektiewe ouditkomitee is moeilik
definieerbaar. Verskeie empiriese studies oor die effektiwiteit van
’n ouditkomitee, hetsy as hoofdoelwit of as sekondêre doelwit, is
al onderneem (Birkett 1980; Cobb 1993; Collier 1992; Jackson-
Heard 1987; Kalbers 1989; Marx 1992; McMullen 1992). Verskeie
kommissies van ondersoeke het ook die effektiwiteit van die
ouditkomitee oorweeg en aanbevelings in dié verband gedoen
(Cadbury 1992; King 1994; Macdonald 1988; Treadway 1987).
Menings gebaseer op ondervinding en navorsing oor die effekti-
witeit van ’n ouditkomitee is ook al uitgespreek deur individue
(Braiotta 1994; Buckley 1979; Jack 1993; Vanasco 1994) en oudi-
teursfirmas (Coopers & Lybrand 1994; Deloitte Haskins & Sells
1979; Deloitte & Touche 1994; Ernst & Young 1991; Ernst & Young
1994; KPMG Aiken & Peat 1992; Price Waterhouse 1993).
Verskeie ander bronne is in die literatuurstudie gevind wat óf ’n
oorsigtelike bespreking van eienskappe bevat óf enkele eien-
skappe uitlig en dit breedvoerig bespreek.
Die genoemde bronne in die vorige paragraaf strek vanaf 1979 tot
1994, en verteenwoordig uiteenlopende menings aangaande die
effektiwiteit van die ouditkomitee. Die volgende bronne is geneem
as grondslag vir die opstel van ’n besprekingslys van faktore wat
die effektiwiteit van die ouditkomitee beïnvloed: Braiotta (1994);
Buckley (1979); Collier (1992); KPMG Aiken & Peat (1992); King-
verslag (1994); Marx (1992); Price Waterhouse (1993) en die
Treadway-verslag (1987). Die resultate van hierdie literatuurstudie
word in figuur 3.1 (sien bladsye 42 tot 45) uiteengesit waar daar
onderskei word tussen:
39
faktore wat verband hou met die eienskappe van die lede van
die ouditkomitee, en
faktore wat verband hou met die sukses van die ouditkomitee
in die geheel gesien.
’n Derde kategorie faktore wat bepalend vir die effektiwiteit van die
ouditkomitee kan wees, is tydens die literatuurstudie geïdenti-
fiseer, naamlik die pligte wat die ouditkomitee verrig. Aangesien
hierdie pligte omvangryk kan wees, en hierdie studie net tot die
pligte met betrekking tot die ouditproses van die eksterne ouditeur
beperk word, word hierdie aspek nie nou bespreek nie en sal die
ouditkomitee se pligte met betrekking tot die eksterne ouditeur
later ondersoek word.
Twee van die studies wat vir die opstel van figuur 3.1 gebruik is,
het empiriese resultate ingesluit waar ’n rangorde toegeken is aan
die faktore wat die respondente as belangrike eienskappe van ’n
effektiewe ouditkomitee beskou. Die twee studies, met besonder-
hede van die populasie en respondente, is die volgende:
(a) Collier (1992) het vraelyste aan die finansiële direkteure van
237 industriële maatskappye en 50 finansiële instellings ge-
stuur om, onder andere, die faktore wat die effektiwiteit van
die ouditkomitee beïnvloed, te ondersoek. ’n Hoë bruikbare
responskoers van 80% by die industriële maatskappye en
84% by die finansiële instellings is verkry wat toegeskryf word
aan die deeglike ontwerp en vooraf toetsing van die vraelys,
en die aktualiteit van korporatiewe beheer (1992:45-55). Die
vraelys maak hoofsaaklik gebruik van “JA/NEE”-tipe vrae
asook vrae wat vir die respondent se mening voorsiening
maak met behulp van ’n 5-punt skaal, met waardes wat vanaf
“1 - strongly agree” tot “5 - strongly disagree” strek (1992:188-
198).
(b) Price Waterhouse (1993) het in opdrag van The Institute of
Internal Auditors Research Foundation die praktyke van
ouditkomitees ondersoek om vas te stel wat die eienskappe
van ’n effektiewe ouditkomitee is en hoe die rol van die oudit-
komitee na verwagting oor die volgende vyf tot agt jaar sou
ontwikkel (1993: 1). Hierdie studie het uit ’n literatuurstudie,
gestruktureerde onderhoudvoering en posvraelyste bestaan.
Die posvraelyste het in twee fases geskied. In die eerste fase
is die menings van 393 ouditvennote van Price Waterhouse
en 40 direkteure van interne ouditafdelings verkry, wat inligting
aangaande 422 maatskappye in 11 lande regoor die wêreld
verteenwoordig (1993:1). Die meeste maatskappye (341 of
81%) is gesetel in die VSA en daar is geen verteenwoordiging
40
uit Suid-Afrika of die Afrika-kontinent nie. In die tweede fase is
’n omvattender vraelys gestuur aan die voorsitters van
ouditkomitees van 132 maatskappye, meestal gevestig in die
VSA, en 80 (60.6%) van die vraelyste is terugontvang
(1993:90). Die vraelyste het ook gebruik gemaak van vrae met
’n 5-punt skaal, met as waardes “1 - high importance” tot “5 -
low importance”. Sekere eienskappe van ’n effektiewe oudit-
komitee is nie in die vraelyste ingesluit nie, maar is in die la-
tere deel van die ondersoek, naamlik gestruktureerde onder-
houdvoering, bespreek (1993:90).
Probleme wat met die opstel van figuur 3.1 ondervind is, is die vol-
gende:
(a) Eenstemmigheid bestaan nie in alle gevalle tussen die bronne
oor sake soos die aantal lede van die ouditkomitee, nie.
Hierdie verskille sal in ’n latere bespreking uitgewys word.
(b) Sekere bronne verskaf ’n rangorde van die belangrikheid van
die eienskappe, terwyl ander die eienskappe bloot noem son-
der ’n aanduiding van die belangrikheid daarvan. Daar sal in
die verdere bespreking van die eienskappe gepoog word om
die belangrikheid van die items uit te lig soos wat die
toepaslike bronne dit vermeld.
(c) Sommige studies noem, as gevolgtrekking, net die belang-
rikste eienskappe van ’n effektiewe ouditkomitee. Ander eien-
skappe wat minder belangrik geag is, maar wat nie in totaliteit
geïgnoreer kan word nie aangesien hulle nie verwerp is nie, is
in die opstel van figuur 3.1 in ag geneem. Waar respondente
’n eienskap verwerp, omdat dit geen invloed op die effekti-
witeit van die ouditkomitee sou uitoefen nie, is hierdie eien-
skap nie ingesluit in figuur 3.1 nie.
(d) Enkele eienskappe van ’n effektiewe ouditkomitee is deur
slegs één bron vermeld. Soms was hierdie eienskap nie so
uniek nie en kon dit by ’n ander eienskap gevoeg word. So
meld Buckley (1979:44) byvoorbeeld dat die ouditkomitee oor
die ondersteuning van die volle raad van direkteure moet
beskik. Aangesien die ouditkomitee as ’n subkomitee van die
raad van direkteure funksioneer en die lede van die ouditkomi-
tee gewoonlik deur die raad van direkteure aangestel word, is
dit vanselfsprekend dat die ouditkomitee oor die onder-
steuning van die direksie sal beskik.
41

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT