Die aanvaardingsvereiste in lewensversekeringskontrakte

Date01 January 2015
DOI10.10520/EJC173474
Pages17-35
Published date01 January 2015
AuthorRika Van Zyl
17
Die aanvaardingsvereiste in
lewensversekeringskontrakte
Rika van Zyl
LLB LLM Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning
Lektor by Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg, Universiteit van die Vrystaat
SUMMARY
Acceptance Requirement in Life Insurance Contracts
In the South African stipulatio alteri it is a requirement that the beneficiary
must accept the benefit in order for his right to vest. This is against the
“privity of contract” doctrine where one may not put the beneficiary of a
life insurance contract under any obligations. It seems, however, that the
obligation of acceptance by the beneficiary has become set in the South
African law through our old writers and legislation that failed to interpret
the principle clearly and resulted in a unique application of the agreement
on behalf of a third party in South Africa. A distinction must also be drawn
between revocable and irrevocable life insurance contracts and the impact
thereof on the acceptance by the beneficiary. The moment of acceptance
by the beneficiary has important implications for the application of the
rights for the beneficiary. Acceptance by the beneficiary before the death
of the life insured, seems to have no effect, and no rights vest for the
beneficiary. It is only after the death of the life insured that the nominated
beneficiary can accept, and with this a right immediately vests in the
beneficiary. The question of what the beneficiary must accept, may be
seen as nugatory as this is confirmation that acceptance by the beneficiary
should not be an obligation or a requirement before the right vests.
Otherwise, the third party creates a right for himself by his actions, which
is not the intention of a contract in favour of a third party. A look at English
law might shed some light on the South African position because of the
fact that they implemented a set of formal rules regarding a contract in
favour of a third party. It is suggested that South Africa should also include
a set of formal rules in legislation to govern the unique South African
application of the stipulatio alteri.
1 Inleiding
Lewensversekering word algemeen in die praktyk gebruik. Daar is egter
praktiese probleme waar ’n begunstigde in die polis benoem word om
die opbrengs van die polis te ontvang in plaas daarvan dat die polishouer
dit ontvang.1 Die grootste kwessie vir bespreking is die Romeins-
Hollandse beginsel wat met hierdie tipe polis verband hou. Waar ’n
begunstigde in ’n lewensversekeringskontrak benoem word, word die
kontrak in die Suid-Afrikaanse reg gesien as ’n ooreenkoms ten behoewe
1 In die artikel word aanvaar dat die polishouer ook die lewensversekerde en
premiebetaler is.
How to cite: Van Zyl ‘Die aanvaardingsvereiste in lewensversekeringskontrakte’ 2015 De Jure 17-35
http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/v48n1a2
18 2015 De Jure
van ’n derde party, oftewel ’n stipulatio alteri. Hierdie beginsel, wat van
die Romeins-Hollandse gemenereg afkomstig is behels dat die promittens
en die stipulans ’n ooreenkoms sluit ten einde die voordeel wat uit die
kontrak voortspruit, aan ’n derde party, die begunstigde, voortspruit, en
nie aan die stipulans self nie.2
Wat egter in Suid-Afrika as ’n stipulatio alteri aanvaar word, blyk te
verskil van die oorspronklike toepassing van die stipulatio alteri. Volgens
die stipulatio alteri-beginsel is die derde party nie veronderstel om ’n
aktiewe party tot die ooreenkoms te wees nie, en hoef die derde party
selfs nie bewus te wees van die benoeming nie.3
Die Suid-Afrikaanse toepassing van die beginsel behels egter dat
wanneer hierdie voordeel uit die polis betaalbaar word, dit deur die
promittens aan die derde party aangebied word en die derde party dan
die geleentheid het om die voordeel te aanvaar of te verwerp. Die wese
van die ooreenkoms ten behoewe van ’n derde party is dat die derde
party nie deur sy eie aksie vir hom ’n reg tot die voordeel behoort te skep
nie. Die verpligting wat op die begunstigde geplaas word om die voordeel
te aanvaar of te verwerp, moet dus ondersoek word om vas te stel of
hierdie verpligting geldig is.
Hierdie bydrae kyk gevolglik na beginsels wat sodanige verpligting
verbied, en loods ook ’n dieper ondersoek na die betekenis van die
stipulatio alteri in terme van die aanvaardingsvereiste. Daar word ook
oorweeg of die Engelse reg ’n beter oplossing bied vir die probleem van
’n aktiewe derde party in die stipulatio alteri.
2 Aanvaarding deur die Begunstigde: Geëvalueer
deur die “Privity of Contract”-Leerstuk
Die leerstuk van “privity of contract”, wat in die Engelse reg bestaan,
behels dat slegs die direkte partye tot die kontrak (versekeraar en
versekerde) regte en verpligtinge verkry.4 Die leerstuk is ook in die
Romeinse reg gevolg waar ’n reël ontwikkel is vir ’n totale verbod op
ooreenkomste ten behoewe van ’n derde party, alteri stipulari nemo
potest.5 Daar heers die standpunt dat die leerstuk van “privity of
contract” geskep is juis om die derde partye te beskerm teen die gevolge
2 De Wet & Van Wyk Suid-Afrikaanse Kontraktereg en Handelsreg (1992) 105;
Henckert ‘Die begunstigdeklousule in die versekeringsreg: regsoorwegings
en–gevolge’ 1995 THRHR 178; Getz ‘Contracts for the benefit of third
parties’ 1962 Acta Juridica 47.
3Sutherland Third-party Contract (2006) 221.
4 Sutherland & Johnston Contracts for the Benefit of Third Parties in Mixed
Legal Systems in Comparative Perspectives: Property and Obligations in
Scotland and South Africa (2004) 209; Sutherland supra n 3 op 204; Scott
‘Cession of whole life insurance rights’ 2003 Stellenbosch Law Review 96.
5 Sutherland & Johnston 210; Hallebeek & Dondorp Contracts for a Third-
Party Beneficiary: A Historical and Comparative Account (2008) 8.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT