Bredenkamp en 'n Ander v Van der Westhuizen en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeJacobs R
Judgment Date30 May 1968
Hearing Date09 May 1968
CourtGriqualand-West Local Division

Jacobs, R.:

Die twee applikante en die eerste vier respondente is die F gekose lede van die dorpsbestuur van Danielskuil terwyl die vyfde

Jacobs R

respondent die sekretaris van die bestuur is. Tweede applikant is in Augustus 1967 gekies as voorsitter van die dorpsbestuur en het as sulks A opgetree tot 22 Februarie 1968 toe die gebeure wat tot hierdie aansoek aanleiding gegee het plaasgevind het. Op die genoemde dag is 'n vergadering van die bestuur gehou en het derde respondent die tweede applikant daarvan beskuldig dat hy by die vorige vergadering versuim het om as voorsitter behoorlik orde te handhaaf met die gevolg dat sekere lede handgemeen geraak het. Derde respondent het daarop 'n 'mosie van B wantroue' in tweede applikant ingestel en gevra dat hy onmiddellik as voorsitter moet bedank. Tweede respondent het die voorstel gesekondeer. Daar was geen teenvoorstel nie en die voorstel is aangeneem. Daarna het tweede applikant die voorsitterstoel verlaat en eerste respondent, wat as vise-voorsitter van die bestuur aangewys was, het die voorsitterstoel ingeneem en gevra vir voorstelle vir 'n nuwe C voorsitter. Eerste respondent is voorgestel en die voorstel is sonder teenstem aanvaar. Die vergadering het daarna met sy normale werksaamhede voortgegaan. Dit is gemene saak dat later gedurende dieselfde vergadering en wel teen die einde daarvan tweede applikant gevra het om een of ander aangeleentheid te opper maar buite orde gereël is deur eerste respondent as voorsitter aangesien die saak nie op die D agenda verskyn het nie. Daar is 'n geskil op die stukke of die aangeleentheid wat tweede applikant wou opper die kwessie van die voorsitterskap was of nie maar vir doeleindes van hierdie saak sal ek aanvaar dat hy wel 'n aanduiding gegee het dat dit oor die voorsitterskap is wat hy wou praat.

E By die volgende vergadering waarop eerste respondent blykbaar nog die voorsitterstoel ingeneem het, het tweede applikant beweer dat hy nog die voorsitter was. Na bespreking is die vergadering verdaag om eerste respondent geleentheid te gee om regsadvies in te win. Toe die bestuur daarna weer vergader, het tweede applikant die voorsitterstoel ingeneem F (hy het waarskynlik die stoel voor eerste respondent bereik) waarop die eerste vier respondente uit die vergadering gestap het. Die vergadering moes toe weens gebrek aan 'n kworum, verdaag word. Drie dae later het vyfde respondent, op las van eerste respondent wat as 'die voorsitter' beskryf word, 'n kennisgewing uitgestuur dat 'n spesiale vergadering van G die dorpsbestuur op die middag van 9 April 1968 gehou sou word om sekere sake te bespreek. Die kennisgewing het ook vermeld dat die hele vergadering 'in komitee' gehou sal word en dat geen bandopnames toegelaat sal word nie. (By die vorige vergadering het eerste applikant met 'n bandopnamemasjien opgedaag). Na ontvangs van die bogemelde kennisgewing het die twee applikante die huidige aansoek geloods. Hulle H het in die eerste plek gevra dat die vergadering van 9 April verbied word omdat dit, volgens hulle, teenstrydig met die bepalings van die Dorpsbesturen Ordonnansie, 10 van 1921, is vir die voorsitter om vooraf te bepaal dat 'n hele vergadering in komitee gehou sal word. Hulle het verder aangevoer dat eerste respondent se verkiesing tot voorsitter van die dorpsbestuur ongeldig is en dat tweede applikant nog die voorsitter is en dat eerste respondent in elk geval, vir redes wat ek later sal noem en bespreek, onbevoeg is om as bestuurslid enige van die vergaderings van die bestuur by te woon.

Jacobs R

Die twee applikante het my kollega DE VOS HUGO in Kamers genader en op 9 April is die volgende bevel ex parte deur hom toegestaan:

'1.

Dat die respondente verbied word om as raadslede van die Danielskuil Dorpsbestuur 'n vergadering van die genoemde bestuur op 9 April 1968 te hou;

2.

A Dat die respondent op 9 Mei 1968 by hierdie Hof redes moet aantoon waarom -

(a)

eerste respondent nie verbied sal word om as voorsitter of om as bestuurslid enige vergadering van die genoemde bestuur by te woon nie;

(b)

die respondente nie die koste van hierdie aansoek sal betaal nie; en hangende die beslegting van 'n aansoek wat deur die applikante teen die respondente gebring sal word en waarin die applikante die volgende verklarende bevel sal vra -

(i)

dat die tweede applikant nog die voorsitter is van die genoemde dorpsbestuur; B

(ii)

dat die eerste respondent gediskwalifiseer is om as bestuurslid enige vergadering van die Dorpsbestuur by te woon;

3.

Dat hierdie bevel telefonies aan die SA Polisie van Danielskuil deur die Griffier van hierdie Hof meegedeel word wat die respondente voor 5.30 nm. vandag daarvan in kennis sal stel.'

C Die partye was blykbaar onder die indruk dat bogemelde bevel 'n tydelike interdik teen die hou van verdere vergaderings bevat hangende die uitslag van hierdie aansoek en dit was ongetwyfeld wat die twee applikante wou gehad het maar dit is duidelik dat in die vorm waarin die bevel uitgereik is dit slegs 'n finale interdik bevat teen die hou van D die vergadering wat belê was vir 9 April en dat die res van die bevel in werklikheid niks meer is as 'n oproep op die vyf respondente om redes aan te toon waarom 'n tydelike interdik nie toegestaan sal word wat eerste respondent verbied om enige vergadering van die bestuur by te woon nie of om by enige sodanige vergadering as voorsitter op te tree nie hangende 'n verdere aansoek vir 'n verklarende bevel. Die tweede E deel van die bevel van 9 April het dus eintlik bloot die funksie van 'n kennisgewing van mosie vervul.

Mnr. Basson wat namens die respondente verskyn het, het twee aspekte in limine geopper. Hy het in die eerste plek...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Natal Rugby Union v Gould
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others 1970 (2) SA 185 (T) Blue Grass Estates (Pty) Ltd v Minister van Landbou 1992 (4) SA 406 (A) Bredenkamp v Van der Westhuizen 1968 ( 4) SA 358 (GW) Campbell v Maund (1836) 5 Ad & El 865 Cape United Sick Fund Society and Others v Forrest and Others 1956 (4) SA 519 (A) Gamzent Workers' U......
  • S v Gouws
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in die plek van die pleit van skuldig in te skryf maar ek kan hoegenaamd nie sien waarom dit tot gevolg sou hê dat die erkennings 1968 (4) SA p358 Jacobs dan skielik in die niet moes verdwyn nie. Ek kan in beginsel geen verskil sien tussen die voorbeeld wat ek genoem het en die situasie wat......
2 cases
  • Natal Rugby Union v Gould
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others 1970 (2) SA 185 (T) Blue Grass Estates (Pty) Ltd v Minister van Landbou 1992 (4) SA 406 (A) Bredenkamp v Van der Westhuizen 1968 ( 4) SA 358 (GW) Campbell v Maund (1836) 5 Ad & El 865 Cape United Sick Fund Society and Others v Forrest and Others 1956 (4) SA 519 (A) Gamzent Workers' U......
  • S v Gouws
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in die plek van die pleit van skuldig in te skryf maar ek kan hoegenaamd nie sien waarom dit tot gevolg sou hê dat die erkennings 1968 (4) SA p358 Jacobs dan skielik in die niet moes verdwyn nie. Ek kan in beginsel geen verskil sien tussen die voorbeeld wat ek genoem het en die situasie wat......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT