Botha v Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Vos Hugo R
Judgment Date18 May 1967
Citation1967 (3) SA 695 (GW)
CourtGriqualand-West Local Division

E De Vos Hugo, R.:

Dit is 'n aksie vir skadevergoeding teen die Spoorweë uit hoofde van 'n motorongeluk waarin die eiser op 13 Junie 1964 op die Kimberley - Kurumanpad betrokke was en as gevolg waarvan hy beseer en sy motor beskadig is. Die eiser beweer dat die skade wat hy gely het aan F nalatigheid van 'n werknemer van die verweerder te wyte is. Die verweerder pleit ontkenning van nalatigheid. Hy pleit ook 'n sperverweer, naamlik dat die regsgeding nie volgens wet ingestel is nie omdat daar nie aan die vereistes van art. 64 (2) van Wet 70 van 1957 voldoen is nie. Die beweerde nie-nakoming van die vereistes bestaan G daarin dat daar nie vooraf aan die verweerder skriftelik kennis van voorneme om die eis in te stel gegee is nie. Alternatiewelik word beweer dat as 'n brief gedateer 15 Februarie 1965 van die eiser se prokureurs aan die Afdelingsbestuurder van die Spoorweë te Kimberley bevind

De Vos Hugo R

word wel 'n voldoende kennisgewing te wees sodanige kennisgewing nogtans nie aan die vereistes van die sub-artikel voldoen nie omdat die skuldoorsaak en besonderhede van die eis nie daarin aangegee is nie en A dat die kennisgewing verkeerdelik aan die Afdelingsbestuurder gegee is en nie aan die Hoofbestuurder van die Spoorweë nie.

Art. 64 (1) van Wet 70 van 1957 bepaal dat geen regsgeding teen die Spoorweë ingestel kan word nie, tensy dit gedoen word binne 12 maande nadat die skuldoorsaak ontstaan het. Sub-art. (2) lees as volg:

'Geen regsgeding hoegenaamd word teen die Administrasie ingestel nie voordat ten minste een maand verloop het nadat skriftelike kennisgewing B van die voorneme om sodanige regsgeding in te stel, deur die eiser of sy prokureur of agent op die Administrasie gedien is. In daardie kennisgewing moet die oorsaak van sodanige regsgeding en besonderhede van die eis duidelik en uitdruklik uiteengesit word.'

Sub-art. (3) bepaal dat geen eis teen die Administrasie afgedwing word nie tensy 'n skriftelike eis binne 'n redelike tyd, en in elk geval C binne vier maande na die datum waarop die oorsaak van die eis na bewering ontstaan het, by die Administrasie ingedien is nie. Die Hof word gemagtig om hierdie periode te verleng. Die bepalings van hierdie sub-artikel is nie direk in geskil in die onderhawige geval nie. Art. 65 bepaal as volg

'Nieteenstaande andersluidende bepalings in die Wet op Staatsaanspreeklikheid, 20 van 1957, word alle regsgedinge waarin die Administrasie as party optree, deur of teen die Administrasie in die D naam van die 'Suid - Afrikaanse Spoorweë en Hawens' ingestel, en kan die daarby betrokke prosesstukke gedien word op die Hoofbestuurder of 'n afdelingsbestuurder in die Provinsie waarin so 'n geding ingestel word.'

In die onderhawige geval het die eiser se prokureurs op 9 Oktober 1964 as volg aan die Afdelingsbestuurder te Kimberley geskrywe:

E 'Dear Sir,

re: Accident - J. A. Botha: Kuruman District

We have been instructed by our client, Mr. J. A. Botha of 35, First Avenue, Kenilworth, Kimberley, to demand payment from the SA Railways Administration, of the sum of R23,443.05 being special and general damages (details of which are set out hereunder) suffered by our client, as a result of a motor-car accident in which he was involved on 13th June, 1964.

F The accident took place on the main road between Kuruman and Kimberley at a point approximately 30 miles from Kuruman, to which town our client was proceeding, at 6 a.m. in the morning when our client was forced to swerve violently in order to avoid a collision with a gas cylinder which had fallen from the SA Railways motor transportation bus, as a result of the negligence of one or more of the SA Railways employees in failing to secure the said gas cylinder adequately.

As a result of this accident, our client was seriously injured and was in hospital for a period of approximately two months, first in the G Kuruman Hospital, and subsequently in the Kimberley Hospital, having been flown to Kimberley upon the advice of his medical practioner in Kuruman. Our client accordingly claims payment of the following amounts from the South African Railways Administration.'

Dan volg besonderhede van die spesiale en algemene skade wat die eiser beweer hy gely het. Dit gee die totaal wat reeds genoem is. Erkenning H van ontvangs van die brief word ook gevra. Ontvangs is op 15 Oktober erken in brief CA/47813. Daarin is ook gesê dat die geval ondersoek word en dat 'n verdere skrywe verwag kan word. Daarna is die Afdelingsbestuurder herhaaldelik aangemaan om te sê wat...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens v Van den Berg en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...geskikte gevalle, vir die bewerkstelliging van 'n moontlike skikking tussen die partye. Kyk Botha v Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens 1967 (3) SA 695 (GW) te 697C - 698B; Mphelo v Bruwer 1951 (1) SA 433 (T) te 437G - H. Vgl Dease v Minister van Justisie 1962 (2) SA 302 (T) te 305D; D Labus......
  • Coetzee v Minister of Law and Order and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...E alia, on cases such as Nach v South African Railways and Harbours 1967 (4) SA 157 (T); Botha v Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens 1967 (3) SA 695 (GW); South African Railways and Harbours v Lotz NO and Other 1974 (1) SA 389 (N); Rederi v South African Railways and Harbours 1979 (1) SA 103......
  • Rederi v South African Railways and Harbours
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of an intention to commence proceedings. (Nach's 1979 (1) SA p1036 Stewart J case at 160C; Botha v South African Railways and Harbours 1967 (3) SA 695 (GW) at 697E; South African Railways and Harbours v Lotz 1974 (1) SA 389 (N) at 394A - 395B; Mphelo v Bruwer 1951 (1) SA 433 (T) at 437D - A......
  • Rederi v South African Railways and Harbours
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 16 November 1978

  • Request a trial to view additional results
6 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT