Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens v Van den Berg en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1983 (1) SA 964 (A)

Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens v Van den Berg en 'n Ander
1983 (1) SA 964 (A)

1983 (1) SA p964


Citation

1983 (1) SA 964 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Rabie HR, Wessels AR, Trengove AR, Holmes Wn AR en Van Winsen Wn AR

Heard

November 23, 1982

Judgment

November 30, 1982

Flynote : Sleutelwoorde

Spoorweg — Aksies teen — Skriftelike eis kragtens art 64 (3) van Wet 70 van 1957 soos gewysig — Moet by SA Spoorweë en Hawens voor instelling van 'n regsgeding ingedien word — Skriftelike eis nie binne bepaalde tyd ingedien nie — Aksie kon nie deur eiser geldiglik ingestel word nie voordat spesiale verlof in voorbehoudsbepaling tot art 64 (3) na verwys, verkry is nie, met die daaropvolgende indiening van so 'n eis.

Headnote : Kopnota

Anomalieë ten spyt, is art 64 van Wet 70 van 1957, soos gewysig, nie vatbaar vir 'n ander vertolking nie as dat die skriftelike eis in subart (3) na verwys, net soos in geval van die skriftelike kennisgewing van die voorneme om 'n regsgeding in te stel deur subart (2) vereis, by die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens ingedien moet word alvorens na die instelling van 'n regsgeding deur 'n eiser oorgegaan kan word.

Derhalwe het die Hof beslis dat 'n eiser nie geldiglik aksie teen die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens kon instel, in 'n geval waar die skriftelike eis nie binne die tyd in art 64 (3) van die Wet bepaal, ingedien was nie, sonder voorafverkreë spesiale verlof, waarna in die voorbehoudsbepaling tot art 64 (3) verwys word, en daaropvolgende indiening van so 'n eis nie.

Die beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in Van den Berg en 'n Ander v Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens 1980 (1) SA 546 omvergewerp.

Flynote : Sleutelwoorde

Railway — Actions against — Written claim in terms of s 64 (3) of Act 70 of 1957 as amended — Must be lodged with the SA Railways and Harbours before institution of an action — Written claim not lodged within specified time —

1983 (1) SA p965

Action could not be validly instituted by plaintiff until special leave, as referred to in the proviso to s 64 (3), had been obtained, followed by lodging of such a claim.

Headnote : Kopnota

In spite of anomalies, s 64 of Act 70 of 1957, as amended, is not capable of an interpretation other than that the written claim referred to in ss (3), just as in the case of the written notice of intention to institute an action required by ss (2), has to be lodged with the South African Railways and Harbours before a plaintiff can proceed with the institution of an action.

Accordingly, the Court held that a plaintiff could not validly institute an action against the South African Railways and Harbours, in a case where the written claim had not been lodged within the time prescribed in s 64 (3) of the Act, without having previously obtained special leave, to which reference was made in the proviso to s 64 (3), and the subsequent lodging of such a claim.

The decision in the Transvaal Provincial Division in Van den Berg en 'n Ander v Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens 1980 (1) SA 546 reversed.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling (MYBURGH R, ESSELEN R en KING R). Die feite blyk uit die uitspraak van VAN WINSEN WN AR.

S A Cilliers SC (bygestaan deur P J Schabort SC) namens die D appellant: Al die beweerde skuldoorsake van die respondente het ontstaan nie later nie as 22 September 1975. Die aansoek om verlof om 'n eis ingevolge art 64 (3) van Wet 70 van 1957 in te stel is eers op 18 Maart 1977 afgelewer, ná afloop van die 12 maande tydperk waarna art 64 (1) verwys, en ná uitreiking en betekening van die dagvaarding. Die kerngeskilpunte kan in die E volgende vrae saamgevat word: (i) Kon die respondente geldiglik aksie instel sonder vooraf verkreë "spesiale verlof" en daaropvolgende indiening van 'n eis, soos in art 64 (3) bedoel? (ii) So ja, kon die respondente geldiglik aansoek doen om sodanige "spesiale verlof" (aa) nadat die 12 maande tydperk in art 64 (1) voorgeskryf, reeds verstryk het en (bb) met F verwysing na 'n eis wat reeds vantevore ingedien is? (iii) Het die respondente ten opsigte van enige en al sy eise bewys dat "besondere omstandighede" bestaan, sodat die Hof oortuig behoort te gewees het dat dit nie redelikerwys van die

1983 (1) SA p966

respondente verwag kon gewees het om sodanige eise binne die vereiste tyd in te dien nie? Al hierdie vrae moet bevestigend beantwoord word voordat die respondente kan slaag.

A Artikel 64 bevat 'n skema van stappe wat 'n voornemende eiser moet doen alvorens hy 'n regsgeding teen appellant mag instel. Eerstens moet hy, ingevolge art 64 (3), 'n skriftelike eis by appellant indien, en - in die gewone gang - moet dié eis binne 'n redelike tyd, met 'n maksimum van vier maande, nadat die oorsaak van die eis ontstaan het, aldus ingedien word. Die B doel van dié bepaling is om die appellant geleentheid te gee om die geval te ondersoek en in gepaste gevalle die eis te betaal sonder om in 'n hofgeding betrokke te raak. Sien Botha v Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens 1967 (3) SA te 697C - 698H. Die tydsbeperking is opsigtelik daar om 'n groot organisasie, met groot verwisseling van werknemers, geleentheid te gee om betyds en terwyl die getuienis nog nagespoor kan word, die C betrokke eis te ondersoek. Tweedens, moet hy 'n kennisgewing van sy voorneme om 'n regsgeding in te stel, gee, en een maand laat verloop alvorens hy die regsgeding instel. Hierdie bepaling is nie 'n blote formaliteit nie (die dictum in Botha se saak supra te 698E - H tot die teendeel is verkeerd). Sien D South African Railways and Harbours v Lotz NO 1974 (1) SA te 394B - H; Nach v South African Railways and Harbours 1967 (4) SA te 160E, 161B. Die doel van art 64 (2) is om die appellant in kennis te stel dat hy nie allenlik 'n eis nie, maar ook 'n regsgeding te wagte kan wees, en sy regsaanspreeklikheid al dan nie kan oorweeg. Sien Mphelo v Bruwer 1951 (1) SA te 437D - H. Moontlik kan beide die art 64 (2)-en 64 (3)-kennisgewings E gelyktydig en in een dokument gegee word, maar daar moet voldoening aan die bepalings van art 64 (2) en 64 (3) wees. Die hele skema van art 64, en in die besonder die bedoeling van die Wetgewer met die bepalings van art 64 (3) binne daardie skema, is om 'n eiser te verplig om 'n art 64 (3)-eis in te stel voordat dit deur 'n regsgeding afgedwing word. Om "spesiale F verlof" ingevolge die voorbehoudsbepaling tot art 64 (3) te verleen nadat 'n regsgeding ingestel is, is strydig met die hele skema en opset van art 64. Die bewoording van art 64 (3) dui ook daarop dat "spesiale verlof" nie verleen kan word nadat 'n regsgeding ingestel is nie. Die bewoording van art 64 (3) maak dit duidelik dat daar nie aan die Hof magte verleen word G om nie-nakoming of selfs laat nakoming (bv indiening van 'n eis meer as vier maande nadat die oorsaak van die eis ontstaan het) te kondoneer nie. Artikel 64 (3) magtig die Hof slegs om aan 'n eiser spesiale verlof te verleen "om so 'n eis in te stel". Waar 'n eiser dus "spesiale verlof" verkry, moet hy nog altyd 'n skriftelike eis ingevolge art 64 (3) indien, en, volgens die H skema van art 64 (3), moet sodanige eis ingedien word voordat 'n regsgeding ingestel mag word. Die voorbehoudsbepaling het dus net betrekking op die tydvak waarbinne die skriftelike eis ingedien mag word, en versteur nie die bepalings van art 64 wat betrekking het op die noodsaak vir en volgorde van die stappe wat gedoen moet word alvorens 'n regsgeding teen appellant ingestel mag word nie. Die Hof a quo verwerp bogenoemde argument, maar knoop die slotsom, op 'n wyse wat nie verduidelik word nie, aan die woorde "om so 'n eis in te stel" in art 64 (3). Hierdie woorde kan slegs

1983 (1) SA p967

terugverwys na die woorde "skriftelike eis" vroeër in art 64 (3), en kan nie na 'n deur die Hof verleende bevoegdheid om 'n regsgeding in te stel verwys nie - trouens, die woorde "Om so 'n eis in te stel" moet gekontrasteer word met die verwysing na "regsgeding... ingestel" in art 64 (2) en "eis... A afgedwing" vroeër in art 64 (3). (Sien ook die Engelse teks van art 64 (3).) Die bewoording van art 64 (3) bevat 'n verdere aanduiding dat die indiening van 'n eis, oftewel instelling van 'n eis, selfs met "spesiale verlof" die afdwing van daardie eis moet voorafgaan: die hoofbepaling van art 64 (3) verbied die afdwing van 'n eis, tensy "'n skriftelike eis... ingedien B is" ("has been lodged"), en die voorbehoudsbepaling verwys slegs terug na die verlening van "spesiale verlof" om "so 'n eis" ("such claim") in te stel. Indien 'n geldige kennisgewing ingevolge art 64 (3) glad nie gegee word nie alvorens appellant deur 'n dagvaarding by 'n regsgeding betrek word, is die bepaling van art 64 (3) oorbodig. 'n Benadering dat 'n Wet oorbodige bepalings bevat (en veral dat 'n hele subartikel wat C sedert die betrokke Wet se voorganger spesiaal ingevoeg is, oorbodig is) word by wetsuitleg vermy. Sien R v Standard Tea and Coffee Co (Pty) Ltd 1951 (4) SA te 416. Die bepalings van art 64 (2) en 64 (3) is, inteendeel, gebiedend. Sien South African Railways and Harbours v Nankin 1979 (2) SA 512; Rederi D v South African Railways and Harbours 1979 (1) SA 1032 en vgl Dease v Minister of Justice 1962 (2) SA te 305F - H; Labuschagne v Minister of Justice 1967 (2) SA te 587E - 588. Die bewering dat aan die vereistes van art 64 (3) voldoen is, is trouens ook 'n essensiële bewering om 'n afdwingbare skuldoorsaak te fundeer. Sien Evert v Minister for Railways and Harbours 1960 (3) SA te 842A - 843D en vgl Mayeki v Shield E Insurance Co Ltd 1975 (4) SA 370; Makgae v Sentraboer (Koöperatief) Bpk 1981 (4) SA te 247C - 248A. As die betoog hierbo uiteengesit korrek is, volg dit dat die beslissing in Pretoria City Council v South African Railways and Harbours 1956 (4) SA 87 (per LUDORF R) verkeerd is. Die foutiewe redenasie in hierdie beslissing kan dan...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Fundstrust (Pty) Ltd (In Liquidation) v Van Deventer
    • South Africa
    • Invalid date
    ...South African Transport Services v Olgar and Another 1986 (2) SA 684 (A) Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens v Van den Berg en 'n Ander 1983 (1) SA 964 (A) University of Cape Town v Cape Bar Council and Another 1986 (4) SA 903 (A) Westinghouse Brake & Equipment (Pty) Ltd v Bilger Engineering......
  • Standard Bank Investment Corporation Ltd v Competition Commission and Others; Liberty Life Association of Africa Ltd v Competition Commission and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Revenue v Sturrock Sugar Farm (Pty) Ltd 1965 (1) SA 897 (A) at 903 Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens v Van den Berg en 'n Ander 1983 (1) SA 964 (A) at 976H - 977D G Summit Industrial Corporation v Claimants against the Proceeds of the Sale of the MV Jade Transporter 1987 (2) SA 583 (A) at ......
  • Mandela v Minister of Prisons
    • South Africa
    • Invalid date
    ...could safely be kept by the appellant's attorneys. However, this seems to be an artificial approach. In truth, a composite discretion 1983 (1) SA p964 Jansen was exercised by the Commissioner: he had to decide whether to allow the documents to remain with the appellant (against the appellan......
  • Finlay and Another v Kutoane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co-operative Ltd (supra) are clearly wrong on the need to plead. Compare Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens v Van den Berg en 'n Ander 1983 (1) SA 964 (A) at G I qualify defendants' right to costs to adjust for the extent of success of all plaintiffs but on the basis that the applications t......
4 cases
  • Fundstrust (Pty) Ltd (In Liquidation) v Van Deventer
    • South Africa
    • Invalid date
    ...South African Transport Services v Olgar and Another 1986 (2) SA 684 (A) Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens v Van den Berg en 'n Ander 1983 (1) SA 964 (A) University of Cape Town v Cape Bar Council and Another 1986 (4) SA 903 (A) Westinghouse Brake & Equipment (Pty) Ltd v Bilger Engineering......
  • Standard Bank Investment Corporation Ltd v Competition Commission and Others; Liberty Life Association of Africa Ltd v Competition Commission and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Revenue v Sturrock Sugar Farm (Pty) Ltd 1965 (1) SA 897 (A) at 903 Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens v Van den Berg en 'n Ander 1983 (1) SA 964 (A) at 976H - 977D G Summit Industrial Corporation v Claimants against the Proceeds of the Sale of the MV Jade Transporter 1987 (2) SA 583 (A) at ......
  • Mandela v Minister of Prisons
    • South Africa
    • Invalid date
    ...could safely be kept by the appellant's attorneys. However, this seems to be an artificial approach. In truth, a composite discretion 1983 (1) SA p964 Jansen was exercised by the Commissioner: he had to decide whether to allow the documents to remain with the appellant (against the appellan......
  • Finlay and Another v Kutoane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co-operative Ltd (supra) are clearly wrong on the need to plead. Compare Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens v Van den Berg en 'n Ander 1983 (1) SA 964 (A) at G I qualify defendants' right to costs to adjust for the extent of success of all plaintiffs but on the basis that the applications t......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT