Botha v Stadsklerk van Middelburg, NO en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1975 (4) SA 241 (T)

Botha v Stadsklerk van Middelburg, NO en 'n Ander
1975 (4) SA 241 (T)

1975 (4) SA p241

Citation

1975 (4) SA 241 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Coetzee R

Heard

May 21, 1975; May 22, 1975

Judgment

June 11, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Verkiesingsreg — Stadsraad — Stadsraadslid — Nominasiebrief — Ord. 16 van 1970 (T), arts. 37 (1), 40 (b) — Slegs wesenlike voldoening daaraan vereis — Wat uitmaak — Nominasiedag verkeerdelik ingevul in nominasiebrief — Sodanige nie 'n wesenlike nie-nakoming van art. 40 (b) nie — Sub-artikel verleen nie 'n vrye diskresie aan kiesbeampte nie — Verwerping van nominasie tersyde gestel.

Headnote : Kopnota

By die beoordeling van die vraag of 'n nominasiebrief geldig is ingevolge artikels 37 (1) en 40 van die Ordonnansie op Munisipale Verkiesings, 16 van 1970 (T), is die doodsekere identifikasie van die kandidaat die belangrikste aspek van die nominasiebrief. In die liggaam van die brief moet die volgende inligting verskaf word: van, volle voorname, woonadres, beroep, volgnommer op kieserslys, persoonnommer en vir welke wyk hy genomineer word. Hierdie vereiste lê by uitstek in die kern van die verkiesingsprosedure wat geskep word deur die Ordonnansie. Gesien die openlikheid van 'n verkiesing en die publieke aard van die nominasiebrief, moet iedere kieser in staat gestel word om absolute sekerheid te hê wie die kandidate is - ook om vir homself te kan vasstel of dit gekwalifiseerde persone is wat genomineer is al dan nie. By die verstrekking van hierdie inligting moet noodwendig 'n groot mate van presiesheid aan die dag gelê word ten einde as wesenlike voldoening aan die vereistes van artikel 37 te geld. Wat betref "Nominasiedag" en "Dag van verkiesing" is die dag van verkiesing verreweg die belangrikste vir doeleindes van behoorlike identifikasie van die besondere verkiesing waarvoor die kandidaat genomineer word. Wanneer die verkiesingsdag korrek beskryf word kan daar geen twyfel van enige aard hieroor bestaan nie en is die nominasiedag bloot een van die komponente van die proses. Dit is 'n datum wat vasstaan uit hoofde die statutêre kennisgewing van die kiesbeampte en beïnvloed nie vasstelling van die verkiesingsdag nie. Korrekte voltooiing van die nominasie dagspasie is dus eerder 'n periferiese as 'n kernpunt.

Eerste respondent in sy hoedanigheid as kiesbeampte het die statutêre kennisgewing van 'n munisipale tussenverkiesing in Middelburg gegee. In die kennisgewing is 29 April 1975 as nominasiedag vasgestel. Applikant is as kandidaat genomineer en in die nominasiebrief is die spasie vir die nominasiedag ingevul met "28.4.75". Op grond hiervan het eerste respondent die applikant se nominasie verwerp "deurdat die nominasie nie wesenlik aan die vereistes van artikel 37 (1) (van Ordonnansie 16 van 1970 (T)) voldoen nie. Die nominasie-dokument is nie behoorlik voltooi nie". In 'n aansoek om tersydestelling van eerste respondent se beslissing,

Beslis, dat al wat vasgestel moes word was of die nie-voldoening in casu wesenlik was of nie.

Beslis, verder, dat daar hoegenaamd geen moontlikheid van benadeling vir enige belanghebbende persoon geskuil het in die inkorrekte nominasiedatum op die nominasiebrief nie en dat die eerste respondent dus nie sy statutêre opdrag uitgevoer het nie en was sy verwerping van die applikant se nominasie ongeldig.

Beslis, verder, na aanleiding van die bewoording van artikel 40 (b) van die Ordonnansie, dat die kiesbeampte slegs 'n gebonde diskresie het om 'n nominasie te verwerp en dat die wetgewer hom nie met 'n vrye diskresie toevertrou het nie. Aansoek toegestaan.

Flynote : Sleutelwoorde

Election law — Town council — Town councillor — Nomination document — Ord. 16 of 1970 (T), secs. 37 (1), 40 (b) — Only substantial compliance therewith required — What constitutes — Nomination day incorrectly filled in in nomination document — Such not a substantial non-compliance with sec. 40 (b) — Sub-section not conferring a free discretion on electoral officer — Rejection of nomination set aside.

Headnote : Kopnota

In the consideration of the question whether a nomination document is valid in terms of sections 37 (1) and 40 of the Municipal Elections Ordinance, 16 of 1970 (T), the absolute certainty of the identification of the candidate is the most important aspect of the nomination document. In the body of the document the following information must be supplied: the surname, full first names, residential address, occupation, serial number on the voter' roll, ideentity number and the ward for which he has been nominated. These requirements lie pre-eminently at the root of the election procedure created by the Ordinance. Having regard to the public nature of an election and of the nomination document, every voter must be enabled to have absolute certainty as to who the candidates are - and to determine for himself whether the persons nominated are qualified or not. In the supplying of this information a great degree of accuracy must necessarily be observed in order to constitute substantial compliance with section 37 (1). In regard to "Nomination day" and "Day of election" the day of election is by far the most important for purposes of proper identification of the particular election for which the candidate has been nominated. When the day of election has been properly described no doubt of any kind can exist in this regard and the nomination day is merely one of the components of the process. It is a date which is fixed by reason of the electoral officer's statutory notice and does

1975 (4) SA p242

not influence the fixing of the day of election. The correct completion of the nomination day space (in the nomination document) is therefore a peripheral rather than a crucial point.

First respondent, in his capacity as electoral officer, had given statutory notice of a municipal by-election in Middelburg. In the notice nomination day was fixed as 29 April 1975. Applicant was nominated as a candidate and in the space for the nomination day in the nomination document "28.4.75" was filled in. Because of this the first respondent rejected applicant's nomination "in that the nomination does not substantially comply with the requirements of section 37 (1) (of Ordinance 16 of 1970 (T)). The nomination document has not been properly completed". In an application to set aside the first respondent's decision,

Held, that all that had to be determined was whether the non-compliance in casu was substantial or not.

Held, further, that no possibility whatever of prejudice to any interested person was contained in the incorrect nomination day on the nomination document and that first respondent had therefore not carried out his statutory instruction and his rejection of applicant's nomination was invalid.

Held, further, having regard to the wording of section 40 (b) of the Ordinance, that the electoral officer only had a limited discretion to reject a nomination and that the legislature had not conferred a free discretion on him. Application granted.

Case Information

Aansoek om 'n beslissing van eerste respondent ter syde te D stel. Die feite blyk uit die redes vir uitspraak.

P. le R. van Wyk, namens die applikant.

L. W. H. Ackermann, namens die eerste respondent: My submissies is (1) dat applikant se nominasiebrief nie wesenlik voldoen aan die bepalings van art. 37 van Ord. 16 van 1970 (T) nie; (2) in E elk geval, waar 'n kiesbeampte 'n nominasie verwerp, het hierdie Hof geen jurisdiksie ander dan 'n hersieningsbevoegdheid; (3) die Hof sal in elk geval nie die alternatiewe bede oorweeg totdat die ander kandidate as partye gevoeg is nie. Ad (1), by die uitleg van verkiesingstatute word oor die algemeen 'n streng vertolking gevolg, Pienaar v Graaff-Reinet Municipality, 1926 E.D.L. 1; McLean v Federal Minister of Internal Affairs, 1954 (1) SA 114. Die F nominasiebrief is 'n dokument wat die kiesers wesenlik raak en moet as openbare dokument beskou word en gevolglik alle regverdiging vir streng vertolking, De Wet v.

1975 (4) SA p243

Town Clerk, Beaufort West and Another, 1974 (1) SA 548. 'n Verkiesing is 'n formele prosedure wat streng ooreenkomstig die voorgeskrewe reëls nagekom moet word, De Wet se saak, supra op bl. 551A. Die hele oogmerk van die wetgewer was om die verkiesing ordelik te laat verloop en deurgaans is tyd, plek en A datum van wesenlike belang vir orde en reëlmatigheid. Die wetgewer skryf gebiedend voor dat die nominasiebrief behoorlik ingevul moet word, Liebenberg v Jonker, N.O. en 'n Ander, 1970 (4) SA 178. Ad (2), die diskresie of beslissing wat die eerste respondent neem is nie onderhewig aan appèl nie en hierdie Hof het geen jurisdiksie om in te meng anders dan op hersiening, Honey v Meyer, N.O., and Milligan, 1927 T.P.D. B 248; Eksteen v Odendaalsrus Town Council, 1949 (4) SA op bl. 904; Cilliers v Du Toit and Another, 1957 (2) SA 139; Morland v Niehaus, 1973 (1) SA 240. Vir die gronde waarop die Hof sy hersieningsbevoegdheid sal uitoefen, sien Shidiack se saak, 1912 AD 642; Administrator, Transvaal v Johannesburg City Council, 1971 (1) SA op bl. 80. Ad (3), sien Amalgamated Engineering Union v Minister of Labour, 1949 C (3) SA 637; Eksteen se saak, supra op bl. 906. Wat koste betref, sien Pullen v Johnson, 1940 T.P.D. 126; MacLean v Haasbroek, N.O. and Others, 1957 (1) SA 464.

Cur adv vult.

Postea (Junie 11). D

Judgment

Coetzee, R.:

Ingevolge die bepalings van die Ordonnansie op Munisipale Verkiesings, 16 van 1970 (T), wat ek na sal verwys as "die Ordonnansie", het die respondent, optredende as kiesbeampte, kennis gegee dat 'n tussenverkiesing van raadslede E vir die Middelburgse Stadsraad in wyke nommers 2 en 9 op Woensdag, 28 Mei, sou plaasvind. Een raadslid vir elk van die twe wyke vir die tydperk eindigende 1 Maart 1977 moes verkies word. Dinsdag, 29 April 1975, is bepaal as nominasiedag en nominasiebriewe moes nie...

To continue reading

Request your trial
25 practice notes
  • Fleming v Fleming en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Deeds 1902 TS 216; MacLean v Haasbroek NO and Others 1957 (1) SA 464 (A) op 468H; Botha v Stadsklerk van Middelburg NO en 'n Ander 1975 (4) SA 241 (T) op 251C; Secretary for the Interior v Scholtz 1971 (1) SA 633 (K) op 633G, 636 in fin, 637C; South C African Pharmacy Board v Norwitz 197......
  • Stadsraad van Vanderbijlpark v Administrateur, Transvaal, and Others
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 3 March 1982
    ...its enquiry it had to report to the Administrator, who had to make a decision. Botha v Stadsklerk van Middelburg NO en 'n Ander 1975 (4) SA 241 (T) concerned the position of an electoral officer appointed in terms of Ord 16 of 1970. The judgment discussed various types of discretion that ma......

  • Die Meester v Joubert en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Constituency 1961 (3) SA te 658; Van den Berg NO v Registrateur van Aktes 1974 (4) SA 619; Botha v Stadsklerk van Middelburg NO 1975 (4) SA 241; Du Buisson v Die Meester (saak 1981 (4) SA p214 M2373/77 TPA). Geen koste behoort teen die Meester beveel te word nie en hy was geregtig om die ko......
  • Request a trial to view additional results
25 cases

25 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT