Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk

JurisdictionSouth Africa

Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk
1973 (1) SA 769 (A)

1973 (1) SA p769

Citation

1973 (1) SA 769 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Ogilvie Thompson HR, Botha AR, Holmes AR, Jansen AR en Trollip AR

Heard

November 9, 1972

Judgment

November 20, 1972

Flynote : Sleutelwoorde A

Nalatigheid — Skadevergoeding — Wanneer verhaalbaar — Senuskok of psigiatriese besering met gevolglike ongesteldheid — Verhaalbaar indien voorsienbaar — Versekering — B Motorvoertuigassuransiewet, 29 van 1942 — Art. 11 (1) — Senuskok of psigiatriese besering met gevolglike ongesteldheid — Skadevergoeding vir sodanige skade verhaalbaar indien voorsienbaar.

Headnote : Kopnota

Geen rede bestaan in ons reg waarom iemand, wat as gevolg van die nalatige handeling van 'n ander, senuskok of psigiatriese besering met C gevolglike ongesteldheid opgedoen het, nie op genoegdoening geregtig is nie, mits die moontlike gevolge van die nalatige handeling voorsien sou gewees het deur die redelike persoon wat hom in die plek van die onregpleger sou bevind het. Hierdie verwys nie na niksbeduidende emosionele skok van kortstondige duur wat op die welsyn van die persoon geen wesenlike uitwerking het nie, en ten opsigte waarvan genoegdoening gewoonlik nie verhaalbaar sou wees nie.

D As gevolg van die nalatige bestuur van 'n motorvoertuig deur respondent verassureer, het die voertuig met appellant se seun W (ses jaar) gebots en as gevolg van die beserings wat hy opgedoen het is hy dieselfde dag oorlede. Appellant se seun D (elf jaar) wat ongeveer twee tree voor W oor die straat gehardloop het, omdat hy die noodlottige botsing met W vlak agter hom moes aanskou, het ernstige skok opgedoen wat hom psigies aangetas en tot 'n angsneurose aanleiding gegee het wat geneeskundige behandeling vereis het. Appellant het in 'n Plaaslike Afdeling, onder E andere, in sy hoedanigheid as voog van D, R2 500 skadevergoeding vir skok en ongeskiktheid gevorder. In hoër beroep teen die afwysing van dié vordering en die kostebevel,

Beslis, dat appellant, namens D, volgens die gemene reg geregtig is op genoegdoening vir die persoonlikheidskrenking wat D opgedoen het.

Beslis, verder, aangesien die brein - en senustelsel deel van die menslike liggaam is, dat D 'n 'liggaamlike besering' binne die bedoeling van artikel 11 (1) (a) van Wet 29 van 1942 opgedoen het.

Die beslissing in Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk., 1972 (3) SA 68 (D), omvergewerp.

Flynote : Sleutelwoorde

Negligence — Damages — When recoverable — Shock or F psychiatrical injury with consequent indisposition — Recoverable if foreseeable — Insurance — Motor Vehicle Insurance Act, 29 of 1942 — Sec. 11 (1) (a) — Shock or psychiatrical injury with consequent indisposition — Damages for such damage recoverable if foreseeable.

Headnote : Kopnota

There is no reason in our law why somebody who, as the result of the negligent act of another, has suffered shock or psychiatrical injury with consequent indisposition, should not be entitled to compensation, G provided the possible consequences of the negligent act should have been foreseen by the reasonable person who should find himself in the place of the wrongdoer. This does not refer to insignificant emotional shock of short duration which has no substantial effect on the health of the person, and in respect of which compensation would not ordinarily be recoverable.

As the result of the negligent driving of a motor vehicle insured by the respondent, the motor vehicle collided with appellant's son W (aged six) H and as a result of the injuries he sustained he died on the same day. Appellant's son D (aged 11), who was running across the street about two paces in front of W, through having to behold the collision with W right behind him, had sustained serious shock which affected him psychologically and gave rise to an anxiety neurosis which had required medical treatment. Appellant had, inter alia, in his capacity as D's guardian, claimed R2 500 damages for shock and indisposition. In an appeal against the dismissal of the claim and the order as to costs,

Held, that appellant was entitled on D's behalf to compensation under the common law for the change of personality which D had sustained.

1973 (1) SA p770

Held, further, as the brain and nervous system were part of the human body, that D had sustained a 'bodily injury' within the meaning of section 11 (1) (a) of Act 29 of 1942.

Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk., 1972 (3) SA 68 (D), reversed. A

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Durban en Kus Plaaslike Afdeling (HENNING, R.). Die feite blyk uit die uitspraak van BOTHA, A.R.

H.J.O. van Heerden, S.C., namens die appellant: Die Hof a quo het op twee gronde beslis dat skadevergoeding nie verhaalbaar is ten aansien B van die senuskok wat Deon opgedoen het nie, nl.: (a) omdat die veroorsaking van skok in die Suid-Afrikaanse reg nie aksionabel is indien die skok nie ontstaan as gevolg van 'n fisiese besering of nie 'n belemmering van die fisiese organisme tot gevolg het nie; en (b) omdat die woorde 'liggaamlike besering' in art. 11 (i) van Wet 29 van 1942 nie senuskok insluit nie.

Ad (a): Die Hof a quo het in eerste instansie gesteun op 'n obiter dictum in Waring and Gillow, Ltd. v Sherborne, 1904, T.S. te bl. 348. Indien op die res van die dictum gelet word, is dit nie duidelik of die Hof in gedagte gehad het senuskok as 'n erkende psigiatriese siekte, dan wel 'n blote skending of steuring van die gevoelens nie. Dit word nie D betoog dat aquiliese aanspreeklikheid gekoppel kan word aan sodanige steuring of skending wat bloot skrik, droefheid ensomeer meebring nie; wel dat, soos in die Engelse reg, skadevergoeding verhaal kan word indien skok aanleiding gee tot een of ander vorm van psigiatriese ontwrigting. Hinz v Berry, (1970) 1 All E.R. te bl. 1075 - 6; Behrens E v. Bertram Mills Circus Ltd., (1957) 1 All E.R. te bl. 596. In Hauman v Malmesbury Divisional Council, 1916 CPD te bl. 220, is dit positief gestel dat volgens die gemene reg skadevergoeding ten aansien van die veroorsaking van skok wel gevorder kan word, mits dit direk die aangetaste se gesondheid en krag versteur het. Ook hier is dit nie duidelik of die Hof werklik 'n onderskeid tussen 'fisiese' en 'psigiatriese' siektes wou trek nie. Hoe dit ookal sy, is daar, sover F nagegaan kan word, in die gemene reg geen direkte gesag vir of teen die stelling dat veroorsaking van skok deur nalatige optrede aksionabel is nie. As 'n uitbreiding van aquiliese aanspreeklikheid kon skadevergoeding wel op grond van die besering van 'n vrye man verhaal word, selfs indien dit geen vermoënskade tot gevolg gehad het nie. G Sodanige vergoeding kan toegeken word ten opsigte van pyn en ontsiering. Sien ook Voet, 9.2.11; De Groot, Inleiding, 3.34.2; van Leeuwen, Romeinse Hedendaegse Reg, 4.35.9. Indien aanvaar word dat in die gemene reg skadevergoeding nie verhaal kan word op grond van die nalatige veroorsaking van skok nie, lê die rede voor die hand: H psigiatrie was onbekend en niemand sou geglo het dat skok aanleiding kan gee tot 'n psigiatriese toestand wat net so seer 'n siektetoestand is as 'n suiwer 'fisiese' siektetoestand. In beginsel, en indien gelet word op die ontwikkeling van aquiliese aanspreeklikheid, is daar geen rede waarom die nalatige veroorsaking van skok C

1973 (1) SA p771

nie in die huidige reg aksionable sou wees nie. Uitbreiding van gemeenregtelike aanspreeklikheid het immers reeds in 'n hele aantal gevalle voorgekom. So, bv., word telkens skadevergoeding toegeken ten aansien van verlies van lewensgenietinge, verkorting van lewensverwagting ensomeer, hoewel dié nie as 'pyn' of 'ontsiering' A bestempel kan word nie. Die lex Aquilia was aanvanklik van toepassing slegs op omskrewe fisiese inwerkings op liggaamlike goedere, slegs die eienaar waarvan onder die lex kon ageer. Met verloop van tyd is die toepassingsgebied van die aquiliese aksie aansienlik uitgebrei as gevolg van ekstensiewe interpretasie van die lex en die verlening van actiones utiles en in factum. So, bv., is aquiliese aanspreeklikheid gekoppel aan B enige soort fisiese inwerking op 'n saak en moes die onregpleger alle vermoënskade vergoed wat uit sy handeling voortgevloei het. In die tyd van Justinianus was die genoemde fisiese inwerking nog in die algemeen 'n vereiste, maar is die aksie ook aan ander persone as die eienaar van die saak verleen. Die aksie is selfs aan die erfgenaam C toegeken teen die persoon wat die testament vernietig het. In die Romeins-Hollandse reg is ongetwyfeld nie meer vasgehou aan die vereiste van 'n fisiese inwerking op 'n liggamlike saak nie. So is 'n actio in factum verleen teen die actuarius wat op skuldige wyse versuim het om die formaliteitsvereistes vir die skepping van 'n hipoteek na te kom, en D indien 'n injuria vermoënskade tot gevolg gehad het, kan skadevergoeding met die aquiliese aksie verhaal word. D. 9.2.41 pr; Voet, 20.1.11; 47.10.8; Van den Heever, Aquilian Damages in South African Law, band 1, bl., 8 - 28; Alliance Building Society v Deretilck, 1941 T.P.D. te bl. 206 - 7; Cape of Good Hope Bank v Fischer, 4 S.C. te bl. 376. Dit was op grond van hierdie ontwikkeling dat verklaar is dat in die gemene reg E aquiliese aanspreeklikheid sodanig uitgebrei is dat skadevergoeding verhaal kon word ten opsigte van elke skuldige, ongeregverdigde veroorsaking van skade. Cape of Good Hope Bank -saak, supra te bl. 376; Matthews and Others v Young, 1922 AD te bl. 504. In die lig van beslissings soos in die Herschel -saak, is dié stellings waarskynlik te hoog aangeslaan. Nietemin word nie betwis nie dat aquiliese F aanspreeklikheid analogies in die Suid-Afrikaanse reg uitgebrei kan word ten einde die beginsels op moderne toestande en opvattings van toepassing te maak. Herschel v Mrupe, 1954 (3) SA...

To continue reading

Request your trial
67 practice notes
  • General Accident Insurance Co SA Ltd v Summers; Southern Versekeringsassosiasie Bpk v Carstens NO; General Accident Insurance Co SA Ltd v Nhlumayo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...voorsien moes gewees het en nie die presiese aard en omvang daarvan nie. Sien C Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy Bpk 1973 (1) SA 769 (A) te 777D - E. Of skade in 'n bepaalde geval rederlikerwys voorsienbaar was, hang van die besondere omstandighede van die geval af. Sien Bes......
  • Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...F W A Danzfuss) namens die appellante het na die volgende gesag verwys: Bester v Commercial Union F Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA 769 (A); Kruger v Van der Merwe 1966 (2) SA 266 (A); Ocean Accident and Guarantee Corporation Ltd v Koch 1963 (4) SA 147 (A); Brown v Hoffman 197......
  • AB and Another v Minister of Social Development
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NNO 1996 (2) SA 751 (CC) (1996 (4) BCLR 449; [1996] ZACC 2): referred to Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA 769 (A): referred Biowatch C Trust v Registrar, Genetic Resources, and Others 2009 (6) SA 232 (CC) (2009 (10) BCLR 1014; [2009] ZACC 14): dictum i......
  • Administrator, Natal v Edouard
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and General Insurance Co Ltd 1965 (2) SA 944 (C). [38] As explained in Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA 769 (A) at [39] Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977 (3) SA 670 (A) at 687; Novick v Benjamin 1972 (2) SA 842 (A) at 860......
  • Request a trial to view additional results
60 cases

7 books & journal articles
67 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT