Bester v Calitz

JurisdictionSouth Africa
JudgeKotze Wn R
Judgment Date13 May 1982
CourtOrange Free State Provincial Division

Kotze Wn R:

C Eiser, 'n boer, spreek verweerder, 'n bestuurder van motorhawens, aan vir genoegdoening weens owerspel wat verweerder met eiser se voormalige eggenote, nou mev A C Strachan, op twee geleenthede gedurende 1978 gepleeg het. Vir contumelia en verlies aan consortium word die bedrae van R2 500 elk ge-eis.

D Verweerder, wat erken dat daar op een geleentheid owerspel plaasgevind het, maar ontken dat eiser daardeur gekrenk was, stel weer 'n teeneis gegrond op laster en injuria teen eiser in. In sy pleitstukke het hy oorspronklik beweer dat eiser op vier geleenthede sy persoonlikheidsregte aangetas het, maar by die verhoor het hy, na laatvaarding van die ander, slegs met een geleentheid volhard en dit wel dat eiser hom na bewering op 8 Maart 1979 te die plaas Sterkfontein, te E Vrede, belaster en beledig het.

Namens eiser het hyself, 'n Swart werknemer Dawie Mokoena en 'n vriend, ene Weideman, getuig. Daarteenoor het voormelde mev Strachan, ene Van der Nest en ook hyself ten behoewe van verweerder getuig. Dit is nie F nodig om elkeen van hierdie getuies se getuienis weer te gee nie want verweerder se advokaat het, in betoog, vanuit die staanspoor die erkenning gemaak dat die saak op basis van die weergawe van eiser se getuies beslis moet word omrede verweerder en sy getuies se getuienis ongeloofwaardig was, terwyl dié van eiser en sy getuies die waarheid was.

G [Na ontleding van die getuies se geloofwaardigheid, het die belese Regter as volg voortgegaan.]

Eiser se ouers het op die plaas Frikkiesrust in Vrede geboer en eiser self het sy seunsdae daar en in die dorp van Vrede deurgebring. Na 'n afwesigheid van 16 jaar het hy in 1977 self op Frikkiesrust begin boer. H Hy was toe 'n man van ongeveer 38 jaar met twee kinders, beide dogters, en getroud met sy eggenote Corrie (nou mev Strachan). Hierdie huwelik, van vanaf 1963 bestaan het, was in eiser se woorde uitgedruk, 'redelik gelukkig', gewees. Die partye het die lewe van gemiddelde boeremense gelei en eiser het nie 'n baie prominente rol in die samelewing beklee nie. In Desember 1977 het die egpaar vir verweerder, wat in Vrede gewerk het, ontmoet en in Januarie 1978 reeds het dit tot eiser

Kotze Wn R

se ore gekom dat sy vrou, wat bedags in Vrede gaan werk het, en verweerder 'dik vriende' was. In Maart 1978 het hy en sy twee dogters A alleen met vakansie gegaan, en dit op sy eggenote se aandrang, omdat sy, soos sy gesê het, nie by haar werk verlof kon gekry het nie. Op 5 April 1978 het hy na die tuberkulose buro in Johannesburg gegaan en eers weer op 6 April teruggekeer. Tydens sy afwesigheid het verweerder vroeg die aand van 5 April, volgens getuienis van die voorman Dawie Mokoena, B sy motor, klaarblyklik op advies van eiser se eggenote, in 'n bos gaan versteek en toe saam met haar tot laat in die nag alleen in die huis deurgebring. Op 15 Mei 1978 is eiser vir 'n oor-operasie na Pretoria en daardie aand het verweerder weer op die plaas opgedaag en nadat sy motor, volgens getuienis van Dawie Mokoena, weer in dieselfde bos versteek was, het hy en eiser se eggenote in die huis gemeenskap C gaan voer. Op 16 Mei 1978 het eiser by sy terugkeer vir sy eggenote gekonfronteer met die inligting wat hy van sy werknemer Dawie Mokoena ontvang het. Sy het owerspel erken en het voorts erken dat dit op 5 April 1978 ook al plaasgevind het. Haar houding by hierdie geleentheid was gewees dat sy slegs in verweerder en in helfte van eiser se boedel D belangstel en nie vir eiser of hul dogters omgee nie. Op 17 Mei het eiser verweerder konfronteer maar dié het alles ontken. Daarna het eiser se eggenote se houding verander en het sy en haar familie gepoog te verhoed dat daar 'n egskeiding kom. Eiser, daarenteen, was gedetermineerd om van haar te skei en het later selfs sy prokureur versoek om vir haar aan te sê om die plaas te verlaat. In die tussentyd E het hy vir haar 'n skriftelike onderneming gegee dat hy nie van haar sal skei as sy alles volledig aan sy prokureur sal erken nie. Hierdie bedrieglike stap, soos hy erken, het hy op aanbeveling van sy prokureur gedoen om onbetwisbare bewys van die owerspel te verkry in 'n poging om te verhoed dat die beheer en toesig van sy twee dogters by egskeiding F aan sy eggenote toegeken sal word; iets wat nie geslaag het nie. Op 26 Junie 1978 het sy eggenote haar intrek in die dorp gaan neem en op 26 Julie 1979 is hulle huwelik ontbind. Na verweerder se aanvanklike ontkenning het hy op 20 Mei 1978 by eiser op die plaas opgedaag om die aangeleentheid te bespreek, maar eiser het hom aangesê om, in sy woorde G uitgedruk, te trap en deur die prokureur te sê wat hy te sê het. Hy, die verweerder, het nie toe weer gepoog om met eiser of eiser se prokureur te praat nie. Op 'n geleentheid daarna, toe litigasie tussen hom en eiser reeds al 'n aanvang geneem het, het hy vir eiser, terwyl hy by eiser in die straat verbygery het, met uitgestrekte voorvingers 'n V-teken toegeslinger; iets wat volgens eiser 'n baie bekende beledigende H konnotasie dra. Die eerste geleentheid wat hy en eiser weer van aangesig tot aangesig teenoor mekaar te staan gekom het was op 8 Maart 1979 op 'n veiling en reg in die boerepubliek se oog. Op hierdie geleentheid het hulle mekaar beledig, soos hierin later by behandeling van die teeneis uiteengesit sal word. Nie lank daarna het hy en sy eie vrou, wat deurentyd by hom gebly het, uit Vrede pad gegee. Uiteindelik het dit duidelik geblyk dat verweerder vir eiser se vrou (of sy vir hom, ek weet nie) slegs maar vir die liggaamlike gebruik het. Eiser is sedertdien weer met iemand anders in die eg verbind en leef nog steeds in dieselfde gemeenskap.

Kotze Wn R

Dat verweerder tot betaling van genoegdoening veroordeel moet word is duidelik en die vraag is slegs watter bedrag gepas sal wees.

Ek is nie voornemens om die bedrag wat aan eiser toegeken staan te word in onderafdelings op te deel nie. Hy het nie bewys dat hy op A skadevergoeding vir bepaalde vermoënsregtelike benadeling voortvloeiende uit die owerspel geregtig is nie. Ook sy eis gebaseer op verlies aan consortium het ten doel om salwing vir die gemoedskrenking, veroorsaak deur beëindiging van die samesyn met sy familie, en hier veral sy dogters, te verkry. Hy moet dus sodanige genoegdoening ontvang B wat hom paslik sal vergoed vir die injuria wat hom aangedoen is en na my mening is die bedrag van R2 000 hier aangewese. Hierdie slotsom word bereik teen die feitlike agtergrond hierbo uiteengesit en verder inaggenome die volgende faktore en konklusies waartoe ek gekom het.

C Eerstens voel ek my verplig om aan te stip welke rol toekennings in vorige sake, wat ek nie hier gaan ontleed nie, in my oorwegingsproses gespeel het, aangesien daar skynbaar nie eenstemmigheid bestaan oor watter belang dit moet dra nie en ek verwys hier na Nydoo en Andere v Vengtas 1965 (1) SA 1 (A) te 19 waar RUMPFF AR dit as 'n - in die D algemeen - onvrugbare proses bestempel het en na Kennel Union of Southern Africa and Others v Park 1981 (1) SA 714 (K) te 732 waar BAKER R gesê het:

'With the greatest of respect to the learned Judge of Appeal, reference to previous awards is not all that unfruitful, for consistency in awards, though difficult to achieve, ought to be arrived at.'

E Dit is bekend dat vorige toekennings in sake wat handel met liggaamlike beserings as nuttige - maar ook net breë - riglyn in sake van dieselfde aard kan dien. In sake soos die onderhawige speel vorige toekennings, na my mening, 'n baie meer beskeie rol omdat die mens se gees glad nie meetbaar of vergelykbaar is nie en wat ek bedoel is die volgende. Indien Jan en Koos, beide Universiteitstudente, identiese F tibiabreuke met presies dieselfde gevolge en nagevolge ondergaan dan kan die vergoeding aan Jan toegestaan sekerlik as riglyn gebruik word wanneer Koos se vergoeding vir pyn en lyding ter sprake kom; maar met inagneming natuurlik van, onder andere, die dalende koopkragwaarde van geld en die feit dat alle mense se pyndrempel nie ewe hoog of laag is G nie. Dit is nou alles goed en wel wanneer daar met bene gewerk word, maar kom die gees ter sprake is dit anders gesteld. Veronderstel Jan, die fynbesnaarde intellektuele en opgevoede politikus, word presies dieselfde belediging deur presies dieselfde bebaarde takhaar onder presies dieselfde omstandighede toegevoeg as wat aan Koos, ook 'n H politikus, maar 'n bullebak wat gekom het waar hy is omdat hy glo dat dit nie belangrik is wat hy ken nie maar wie jy ken, toegevoeg is, kan daar mos nie van vergelyking sprake wees nie. Dit beteken egter ook nie dat vorige toekennings hoegenaamd geen oorweging moet geniet nie. Soos bekend word alle kategorië van injuria nie deur ons Howe met dieselfde erns bejeën nie en daarom is dit nodig om vorige toekennings na te gaan ten einde te bepaal watter maksima (wat gewoonlik deur 'n eiser se regsverteenwoordiger voorgehou sal word) en watter minima (wat gewoonlik weer deur 'n verweerder se regsverteenwoordiger aangehaal sal word) vir 'n bepaalde kategorie al toegeken

Kotze Wn R

is. Hieruit moet die algemene afkeuringswaardigheidsgraad dan afgelei word en daarby moet die omstandighede van die bepaalde geval en persone A dan aangepas word. Op hierdie wyse, na my mening, word daar enersyds verseker dat idiosinkrasies of eksentrieke afkeure of beskouings van regterlike beamptes nie botoon voer nie en andersyds word daar nie gepoog om onvergelykbares met mekaar te vergelyk nie. Dit, altans, is soos ek die onderhawige benader het.

B Tweedens bevind ek as feit dat owerspel ook op die aand van 5 April 1978 in eiser se huis en nie net op 15 Mei 1978 nie, laasgenoemde wat erken is, plaasgevind het. Daar bestaan geen direkte getuienis tot hierdie effek nie maar die omstandigheidsgetuienis is so oortuigend dat logika dikteer dat dit is wat waarskynlik daar gebeur het. Bygevolg dus dat verweerder se storie dat hy die aand daar gekom het om besigheid te C ...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • The Citizen 1978 (Pty) Ltd and Others v McBride (Johnstone and Others, Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others v President of the Republic of South Africa and Others 1996 (4) SA 671 (CC) (1996 (8) BCLR 1015): considered Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O): referred to J 2011 (4) SA p192 Bhe and Others v Magistrate, Khayelitsha, and Others (Commission for Gender Equality, as Amicus Curiae); Sh......
  • De v RH
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Barkhuizen v Napier 2007 (5) SA 323 (CC) (2007 (7) BCLR 691; [2007] ZACC 5): dictum in paras [28] – [29] applied Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O): referred Biccard v Biccard and Fryer (1892) 9 SC 473: overruled F Brisley v Drotsky 2002 (4) SA 1 (SCA) (2002 (12) BCLR 1229; [2002] 3 All......
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • May 29, 2019
    ...Kirkpatrick v Bezuidenhout 1934 TPD 155 at 158; cf Peck v Katz (n123) at 573; Jeftha v Williams 1981 (3) SA 678 (C); Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O). 125 Cf McQuoid-Mason (n 4) 240n53. 126 Cf McQuoid-Mason (n 4) 240-1, who gives the example: 'where after provocation during a quarrel som......
  • Getting wrongfulness right: A Ciceronian attempt
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • May 29, 2019
    ...reads: 'Alleen hy wat met 'n kwaliteit van heroisme bedeeld is, sal doelbewus sy lewe vir 'n ander opoffer.') 181 Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O) at 880 (This is a translation of the Afrikaans text which reads: 'Die reg is bedoel vir mense en nie vir engele nie.') 182 1998 (4) SA 1196 (......
  • Request a trial to view additional results
6 cases
  • The Citizen 1978 (Pty) Ltd and Others v McBride (Johnstone and Others, Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others v President of the Republic of South Africa and Others 1996 (4) SA 671 (CC) (1996 (8) BCLR 1015): considered Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O): referred to J 2011 (4) SA p192 Bhe and Others v Magistrate, Khayelitsha, and Others (Commission for Gender Equality, as Amicus Curiae); Sh......
  • De v RH
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Barkhuizen v Napier 2007 (5) SA 323 (CC) (2007 (7) BCLR 691; [2007] ZACC 5): dictum in paras [28] – [29] applied Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O): referred Biccard v Biccard and Fryer (1892) 9 SC 473: overruled F Brisley v Drotsky 2002 (4) SA 1 (SCA) (2002 (12) BCLR 1229; [2002] 3 All......
  • Du Plessis v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...M and Another [1999] 171 DLR (4th) 577 (SCC) (7 BHRC 489) Barnes v Uniswa Insurance Co Ltd 1977 (3) SA 502 (E) at 507 Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O) at 880 Bronn v Bronn's Executors 1860 Searle 313 H Commercial Union Assurance Co of SA Ltd v Mirkin and Another NNO 1989 (2) SA 584 (C) a......
  • Wapnick and Another v Durban City Garage and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of the assault. Mr Wallis, relying on Mordt v Smith 1968 (4) SA 750 (RA); Dzvairo v Mudoti 1973 (3) SA 287 (RA) and D Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O) at 878F, submitted that provocation constituted a defence of justification. If followed, he submitted, that it was not relevant to the qu......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • May 29, 2019
    ...Kirkpatrick v Bezuidenhout 1934 TPD 155 at 158; cf Peck v Katz (n123) at 573; Jeftha v Williams 1981 (3) SA 678 (C); Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O). 125 Cf McQuoid-Mason (n 4) 240n53. 126 Cf McQuoid-Mason (n 4) 240-1, who gives the example: 'where after provocation during a quarrel som......
  • Getting wrongfulness right: A Ciceronian attempt
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • May 29, 2019
    ...reads: 'Alleen hy wat met 'n kwaliteit van heroisme bedeeld is, sal doelbewus sy lewe vir 'n ander opoffer.') 181 Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O) at 880 (This is a translation of the Afrikaans text which reads: 'Die reg is bedoel vir mense en nie vir engele nie.') 182 1998 (4) SA 1196 (......
8 provisions
  • The Citizen 1978 (Pty) Ltd and Others v McBride (Johnstone and Others, Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others v President of the Republic of South Africa and Others 1996 (4) SA 671 (CC) (1996 (8) BCLR 1015): considered Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O): referred to J 2011 (4) SA p192 Bhe and Others v Magistrate, Khayelitsha, and Others (Commission for Gender Equality, as Amicus Curiae); Sh......
  • De v RH
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Barkhuizen v Napier 2007 (5) SA 323 (CC) (2007 (7) BCLR 691; [2007] ZACC 5): dictum in paras [28] – [29] applied Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O): referred Biccard v Biccard and Fryer (1892) 9 SC 473: overruled F Brisley v Drotsky 2002 (4) SA 1 (SCA) (2002 (12) BCLR 1229; [2002] 3 All......
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • May 29, 2019
    ...Kirkpatrick v Bezuidenhout 1934 TPD 155 at 158; cf Peck v Katz (n123) at 573; Jeftha v Williams 1981 (3) SA 678 (C); Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O). 125 Cf McQuoid-Mason (n 4) 240n53. 126 Cf McQuoid-Mason (n 4) 240-1, who gives the example: 'where after provocation during a quarrel som......
  • Getting wrongfulness right: A Ciceronian attempt
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • May 29, 2019
    ...reads: 'Alleen hy wat met 'n kwaliteit van heroisme bedeeld is, sal doelbewus sy lewe vir 'n ander opoffer.') 181 Bester v Calitz 1982 (3) SA 864 (O) at 880 (This is a translation of the Afrikaans text which reads: 'Die reg is bedoel vir mense en nie vir engele nie.') 182 1998 (4) SA 1196 (......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT