Besigheidsredding : definisie en doel

AuthorL.M. Jacobs
Date01 January 2012
Published date01 January 2012
DOI10.10520/EJC133220
Pages18-29
18
3 BESIGHEIDSREDDING: DEFINISIE EN DOEL
3.1 Doelstelling en werkswyse
3.1.1 Doelstelling
In hierdie hoofstuk word daar gekyk na wat presies met die term
“besigheidsredding” of te wel “business rescue” bedoel word
asook na die doel van sodanige besigheidsreddingskema.
3.1.2 Werkswyse
Die werkswyse in hierdie hoofstuk is hoofsaaklik gegrond op
die analisering van verskeie definisies oor besigheidsredding.
Ten einde die ware bedoeling van die outeurs te behou, sal die
presiese bewoording van die definisie telkens aangehaal word.
Daar sal ook gekyk word na die mening van prominente outeurs
aangaande die doel waarvoor besigheidsredding ontwikkel is.
Verskillende teorieë aangaande die behoud van die maatskappy
as doelwit sal ondersoek word sowel as die argument dat ’n groter
uitbetaling aan skuldeisers ook as “redding” beskou kan word.
’n Ontleding van die begrippe “rescue culture” en “liquidation
culture” word gedoen en laastens sal daar na die doel van
“redding” gekyk word soos dit in regspraak na vore gekom het.
3.2 Inleiding
Alvorens daar na besigheidsredding in diepte gekyk word, is dit
noodsaaklik om na die definisie van “besigheidsredding” en die
betekenis daarvan te kyk.1
Aangesien korporatiewe insolvensiereg in die verlede meer
gefokus het op die skuldeisers, is daar nie veel ag geslaan op die
rehabilitasie of “redding” van skuldenaars of die herstel van hulle
finansiële gesondheid nie.2 Hierdie situasie het egter verander
toe die eerste lande begin het om ’n alternatief vir likwidasie
in hulle wetgewing in te sluit.3 Die alternatief was natuurlik ’n
besigheidsreddingmeganisme.
Die term “besigheidsredding” staan ook bekend as “korporatiewe
redding”.4 Daar behoort volledigheidshalwe verwys te word na
die ander terme waarmee “redding” soms vervang word, naam-
lik reorganisasie, rehabilitasie, herstrukturering, ooreenkoms,
1 Burdette 2004:432.
2 Smits 1999:82.
3 Smits 1999:83.
4 Kloppers 1999:417-418. “The terms ‘corporate rescue’ and ‘business
rescue’ are often used interchangeable.”

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT