Begripstoeligting. Hoofstuk 6

Pages365-386
Published date01 January 2004
DOI10.10520/EJC74018
AuthorEstelle Hurter
Date01 January 2004
HOOFSTUK 6
BEGRIPSTOELIGTING
6.1 Inleiding
In die loop van die ondersoek is gepoog om vas te stel of bepaalde
Suid-Afrikaanse statutêre maatreëls slaag as beskermingsmaat-
reëls vir minderhede, en of verdere maatreëls wenslik is. Daar is
regsvergelykend te werk gegaan om die oogmerk van hierdie
ondersoek te bereik. Dit is egter nie die oogmerk van hierdie hoof-
stuk om die hele ondersoek en al die gevolgtrekkings waartoe daar
in die loop daarvan gekom is, saam te vat nie. Daar sal alleen aandag
geskenk word aan daardie aspekte van die ondersoek wat nodig is
om die aanbevelings wat daarop volg, te maak.
6.2 Samevatting en gevolgtrekkings
Tekortkominge in die gemeenregtelike remedie1het gelei tot gebrek-
kige minderheidsbeskerming in die gemene reg. Om hierdie rede
is statutêre maatreëls geformuleer.Hierdie maatreëls het egter nie
die gemene reg vervang nie, en die gemene reg geld steeds in die
gevalle waarvoor die statutêre maatreëls nie volledig voorsiening
maak nie.2
Weens historiese redes3is die beginsels van die vennootskapsreg
op die Britse maatskappyereg toegepas. Die invloed daarvan kan
ook in die Britse statutêre beskermingsmaatreëls en in die howe se
interpretasie daarvan, waargeneem word.4Die Britse common law-
beginsels het in al die Gemenebesstelsels wat ondersoek is (met
insluiting van Suid-Afrika), neerslag gevind in ’n mindere of meer-
dere mate,5met die gevolg dat die Britse interpretasie daarvan in
hierdie stelsels nagevolg is. Vir doeleindes van hierdie ondersoek
is die belangrikste daarvan die reël in Foss v Harbottle.6Hoewel
hierdie reël uit twee beginsels bestaan,7val die klem in hierdie on-
dersoek op die beginsel van meerderheidsbewind.
1 Sien hfst 3 Deel I 1.3.3 hierbo.
2 Sien bv hfst 5 5.4.3 en 5.5.3 hierbo, asook Cilliers en Benade Kor-
poratiewe reg 302 en 306; Farrar 454 en 474; Pennington 666; Boyle
en Birds 631.
3 Sien hfst 3 Deel I 1.2 hierbo.
4 Sien hfst 3 Deel I 1.4.2.2 en 1.5 hierbo.
5 Sien hfst 3 Deel I 2.1 asook hfst 5 5.2 hierbo.
7Sien hfst 3 Deel I 1.3.2 hierbo.
365
Die beginsel van meerderheidsbewind, soos dit vandag vertolk word,
is nie bloot ’n doelmatigheidsbeginsel wat daarop gemik is om toe
te sien dat die sake van die maatskappy vlot verloop nie. Weens
historiese redes is hierdie beginsel deur die howe uitgebrei om ook
die uitgediende vennootskapsregtelike beginsel van nie-inmenging
in die interne sake van ’n maatskappy te omvat.8 Alhoewel die
minderheid slegs gebonde is aan die besluite van die meerderheid
wat regmatig uitgeoefen is,9is dit egter geen eenvoudige taak om
die grense van meerderheidswil te bepaal nie.10 Alhoewel die maat-
staf “bona fide in belang van die maatskappy” voorgehou word as
die begrensingsmaatstaf van meerderheidswil, is daar verskeie pro-
bleme verbonde11 aan hierdie maatstaf, en bestaan daar ernstige
bedenkinge oor die toepaslikheid en die nut daarvan in die konteks
van minderheidsbeskerming.12
Uit die regsvergelykende ondersoek blyk dit dat al die Gemenebes-
stelsels wat ondersoek is, bepaalde statutêre maatreëls ingevoer
het in antwoord op die tekortkominge wat in gemeenregtelike min-
derheidsbeskerming bestaan.13 Alhoewel wysigings van hierdie
maatreëls in die onderskeie stelsels van tyd tot tyd plaasgevind het,
staan slegs twee van hierdie stelsels, te wete Nieu-Seeland en
Kanada, uit wat sowel inhoud as toepassing van hierdie maatreëls
betref.14 Beide hierdie stelsels het innoverende veranderings on-
8Sien hfst 2 2.4.1 hierbo.
9Eastmanco (Kilner House) Ltd v Greater London Council [1982] 1
WLR 2; [1982] 1 All ER 437. Sien ook hfst 2 2.4.1 hierbo.
10 Dit is omdat die grense van die ratifikasiebevoegdheid van die meer-
derheid onduidelik is: sien hfst 3 Deel I 1.3.2.1 en 1.3.1 hierbo.
11 Die belangrikste probleme vir hierdie ondersoek is dié ten aansien van
die interpretasie wat geheg moet word aan die uitdrukking bona fide
in belang van die maatskappy” asook ten aansien van die aard van
die toets wat aangewend moet word om te bepaal of optrede wel in
belang is van die maatskappy of nie: sien hfst 2 2.4.3 hierbo.
12 Sien hfst 2 2.4.3.4 hierbo.
13 Die oogmerk was deurgaans die beskerming van veral minderheids-
aandeelhouers teen benadelende optrede: sien hfst 3 Deel I 1.4.1,
2.2.2, 2.3.2 en 2.4.2 hierbo.
14 Die Britse stelsel word toenemend deur die behoeftes en voorskrifte
van die EU beïnvloed: sien hfst 3 Deel I 1.6.Hierbenewens speel die
gemene reg steeds ’n baie groot rol in die regspraak en dit beïnvloed
selfs die regspraak in die uitleg van die statutêre maatreëls: sien hfst
3 Deel I 1.7 hierbo. Die Australiese maatskappyereg is in ’n proses van
verandering, maar uit die ondersoek na die huidige posisie blyk dit dat
die howe beskermingsmaatreëls eng uitlê: sien hfst 3 Deel I 2.2.5 hier-
bo asook Hadden 285-286 waar hy die volgende sê: The main diffi-
culty is the reluctance of the courts to use to the full their discre-
tionary powers of intervention in cases of oppression. The statutory
power is widely drawn, but has been interpreted with wholly unne-
cessary restriction. As a result there has been a lack of procedural
366

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT