Begripstoeligting. Hoofstuk 2

Date01 January 2004
DOI10.10520/EJC74022
Published date01 January 2004
Pages8-31
AuthorEstelle Hurter
HOOFSTUK 2
BEGRIPSTOELIGTING
2.1 Inleiding
Dit word allerweë erken dat ’n maatskappy ‘n regspersoon is wat
onafhanklik van sy lede bestaan (dus ’n eie regspersoonlikheid het).1
Tog is daar verskeie groepe2persone wat binne hierdie struktuur
funksioneer. Minderheidsaandeelhouers is maar een van hierdie
groepe wat binne hierdie struktuur funksioneer en met die ander
groepe in interaksie verkeer.Hierdie interaksie kan tot wr ywing aan-
leiding gee wat weer op sy beurt die behoefte na minderheidsbe-
skerming laat ontstaan.
Die begrip “minderheidsbeskerming” is die sentrale tema van hier-
die ondersoek. Hierdie begrip het nie noodwendig dieselfde bete-
kenis vir alle regsgeleerdes nie en dit is gevolglik nodig om te be-
paal watter betekenis dit vir die doeleindes van hierdie ondersoek
dra. Die bedoeling is nie om ’n definisie van die begrip te formuleer
nie, maar eerder om aan te dui watter benadering in hierdie onder-
soek gevolg word.
Daar is ook enkele ander begrippe wat gereeld voorkom wanneer
minderheidsbeskerming ter sprake kom.Weens die rol wat sommige
hiervan in hierdie ondersoek speel, sal vervolgens ook aan hulle
aandag gegee word.
2.2 Die begrip minderheidsbeskerming
Suetens-Bourgeois3wys daarop dat “minderheid” ’n vae begrip is
en dat aandeelhouers of groepe aandeelhouers wat niks met me-
kaar in gemeen het nie, teoreties hieronder tuisgebring kan word.
Oor die algemeen word daar egter verwys na al die aandeel-
houers wie se belange verskil van dié van die meeste ander aan-
deelhouers, of wat deur hul ekonomiese situasie van ander onder-
skei word, of wat op die een of ander wyse gekwalifiseer word.4
1Salomon v Salomon & Co Ltd [1897] AC 22; Dadoo v Krugersdorp
Municipal Council 1920 AD 530 550; Cilliers Benade Henning Du
Plessis en Delport Korporatiewe reg (1992) 2de uitg (hierna Cilliers en
Benade Korporatiewe reg) 7ev; Gibson South African mercantile and
company law (1988) 6de uitg (hierna Gibson) 298ev; Farrar 70ev.
2 Hier word bv verwys na aandeelhouers, direkteure, werknemers, be-
amptes, ens.
3De verhouding meerderheid-minderheid in de Naamloze Vennootschap
(1970) (hierna Suetens-Bourgeois) 145.
4Suetens-Bourgeois 146.
8
Hoewel daar in beginsel met hierdie omskrywing saamgestem
kan word, moet daarop gewys word dat die minderheid, na gelang
van omstandighede, ook ’n enkele aandeelhouer kan wees. Daar
word aan die hand gedoen dat die kruks van die begrip “minderheid”
is dat hierdie persone nie deel vorm van die groep wat die beheer
in die maatskappy uitoefen nie.5
Daar is dikwels onsekerheid oor wat minderheidsbeskerming be-
hels. Op die Vasteland van Europa word aspekte soos stemregkwa-
lifikasie, stemmeerderhede, die reg om ’n algemene vergadering
byeen te roep en insae in maatskappystukke dikwels behandel onder
hierdie onderwerp,6of anders word bloot daarna verwys as die regte
van die individuele aandeelhouers.7Skrywers in die Gemenebeslande
is egter weer geneig om bepaalde aspekte van minderheidsbe-
skerming onder hierdie onderwerp te behandel, byvoorbeeld die
beginsel van meerderheidsbewind,8die verbreking van maatskap-
pyregtelike pligte9en die remedies in geval van wanadministrasie.10
Slegs by wyse van uitsondering tref ’n mens skrywers aan wat
minderheidsbeskerming as ’n selfstandige onderwerp behandel11
en (so word aan die hand gedoen), in die korrekte maatskappyreg-
telike konteks.12
5 Sien ook hfst 3 Deel I 3.2 hierna vir ’n omskrywing in die Amerikaan-
se literatuur.
6 Bv in Duitsland waar hierdie aspekte as “formelle Schranken”aange-
dui word. Sien bv Baumbach/Hueck GmbH Gesetz (1988) 15de uitg
892ev waar onder die opskrif “Minderheitsrechte” die bepalings van
a 50 GmbHG ten aansien van die reg om ’n algemene vergadering
byeen te roep, uiteengesit en bespreek word.Sien ook Business trans-
actions in Germany(red Rüster) (1989) (losbladuitg) Vol 2 par 23.07;
Henn Handbuch des Aktiensrechts (1987) 3de uitg 272ev Abschnitt
5; Würdinger Aktienrecht und das Recht der verbundenen Unternehmen
(1981) 4de uitg par 145; Mπhring Nirk Tank en Brezing Handbuch der
Aktiengesellschaft (1982) (losbladuitg) par 200.
7Bv in die Nederlande: sien onder andere Maeijer A modern European
company law system (1978) 101ev; Rechtspersonen (reds De Bijl
Nachenius Van Schilfgaarde Stille en IJsellmuiden) (1975) (losblad-
uitg) Vol 1 IIa-87ev.
8 Pennington 648. Hfst 16 se opskrif lui “[t]he principle of majority rule”.
Nie alleen word statutêre beskerming van die minderheid hieronder
behandel nie, maar ook die reël in Foss v Harbottle en uitsonderings
daarop benewens afgeleide en verteenwoordigende aksies.
9 Gower 643 (hfst 24).
10 Mayson French en Ryan Mayson French & Ryan on company law
(1995-1996) 12 de uitg (hierna Mayson French & Ryan) 527 (hfst 18).
11 Sien bv Boyle en Birds 631 (hfst 21); Cilliers en Benade Korporatiewe
reg 287 (hfst 19).
12 Sien bv Welling Corporate law in Canada (1991) 2de uitg (hierna
Welling) 509ev.
9

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT