Antieke reg : Hoofstuk 3

Date01 January 2007
DOI10.10520/EJC74073
Published date01 January 2007
AuthorJ.J. Henning
Pages16-50
HOOFSTUK 3
ANTIEKE REG
3.1 Inleiding
Veral op gebied van die privaatreg is dit hier te lande noodwendig dat
bykans enige regshistoriese ondersoek van ’n moderne regsinstel-
ling sy beginpunt by die Romeinse reg moet hê. Die Romeinse reg
as fondament van die Suid-Afrikaanse gemenereg, waarna ge-
woonlik verwys word as Romeins-Hollandse reg, kan, ten spyte van
die invloed van die Engelse reg veral op gebied van die moderne
handelsreg, nooit misken word nie.49 Selfs in ander vakgebiede is
studies wat trag om Romeinsregtelike vertrekpunte na te speur nie
ongewoon nie.50
Nogtans is daar tog tot ’n sekere mate ’n tendens waarneembaar
om in die analise van die historiese ontwikkelingsgang van moderne
regsfigure ook die moontlike bydrae van vroeëre regstelsels nie goed-
skiks oor die hoof te sien nie. Dit veral om die regshistoriese ont-
wikkelingsfases in ietwat beter perspektief te plaas en die rol van die
Romeinse reg teen die agtergrond van ’n breër tafereel enigermate
beter na waarde te kan skat.51
16
49 Van Zyl Geskiedenis van die Romeins-Hollandse reg (1979) 13;Hosten,
Edwards, Nathan en Bosman Introduction to South African law and
legal theory(1977) 132; Hahlo en Kahn South Africa. The development
of its laws and constitution (1960) 17; Hahlo en Kahn The South African
legal system and its background (1968) 484.Sien ook Robinson, Ferges
en Gordon An introduction to European legal history(1985) 1-5; Coing
Handbuch der Quellen und Litteratur der neureren europäischen Privat-
rechtgeschichte I (1973) 15-17.
50 Bv Ribbens The personal fiduciary character of members’ inter se
relations in the incorporated partnership (1988) 7-9; Ribbens In quest
of the appropriate code for the ideal legal form for the proprietary
business enterprise (1986) 11; Gedingvoering tussen vennote (1977)
5-17; Oelofse Die uberrima fides-leerstuk in die versekeringsreg (1988)
133-134; Cronje Eiendomsvoorbehoud by ’n huurkoopkontrak van
roerende sake(1977) 19-39; Van Wyk Persoonlike status in die Suid-
Afrikaanse publiekreg (1979) 1-2; Pretorius Die begrip openbare belang
en burgervryheidsbeperking (1986) 13-18.
51 Bv Olivier Legal fictions. An analysis and evaluation (1973) 1-2;Van der
Merwe Die juridiese versekeringsbegrip met besondere verwysing na
die risiko(1975) 34 (hierna Versekeringsbegrip”) en Van der Merwe
“Die ontstaan van versekering gerig op winsbejag” 1977 T
ydskrif vir die
Suid-Afrikaanse Reg 37 (hierna “Ontstaan”); Benfield South African life
insurance. Circumstance, significance and technique (1987) 4-5; Müller
Die Entwicklung der direkten Stellvertretung und des Vertrages zugunsten
Dritter (1969) 16; Claus Gewillkürte Stellvertretung in Römischen Privat-
3.2 Oud-Babiloniese reg
3.2.1 Inleiding
In etlike vroeëre regshistoriese ondersoeke na die herkoms van
moratorium is gewag gemaak van die moontlike aanknopingspunte
aan te tref in antieke Griekse geskrifte.52 Die raakpunte is meestal
opgespoor in terloopse vermeldings vervat in nie-juridiese bronne
waarvan die presiese inhoud en betekenis hoegenaamd nie van
alle twyfel ontbloot is nie. Boonop is geen ernstige of volgehoue
poging aangewend om enige verwantskap met vroeëre of invloed
op latere regstelsels of regsfigure, en veral die Romeinse reg in die
besonder, aan te toon nie.53
Is die oogmerk om die vroegste verskyningsvorms van die uitoefening
van die vorstelike genadereg of van die bevoorregting of beguns-
tiging van krygsliede te identifiseer en om dikwels verkondigde op-
vattings oor die Romeinse reg as enigste en uitsluitlike fons et origo
17
recht (1973) 23; Crane en Bromberg Law of partnership (1968) 10;Barre t
en Seago Partners and partnerships I (1956) 1-2; Henn Corporations
2 uitg (1968) 10; Hamilton Corporations (1976) 33; Mersky “The lite-
rature of partnership law” 1963 Vanderbilt Law Review 389;Van Eeden
“Business and investment opportunity schemes” 1981 Moderne Besig-
heidsreg 134; Szlechter Le contrat de société en Babylonie, en Grèce
et à Rome (1947) 7-13. Sien ook Boecker Law and the administration
of justice in the old testament and ancient east (1976) 15.
52 Bv Van Dam De surceance van betaling en het akkoord buiten en het
akkoord failissement (1935) 7-8; Mayer Studien über das Moratorium
des Albertums und Mittelalters im Rahmen der gleichzeitigen Kredit-
wirtschafts (1917) 8-10 (hierna “Mayer Studien”); Mayer “Zur Geschichte
und Theorie des Moratoriums” 1915 Schmollers Jahrbuch für Gesetz-
gebung und Volkswirtschaft im Deutschen Reiche 183-184 (hierna
“Mayer Geschichte”); Von Oberndorf Das vom Landesherm oder von
Staatswegen erteilte Moratorium (1905) 8-9; Feller “Moratory legislation.
A comparative study” 1933 Harvard Law Review 1062-1063; Lipman
Essai historique sur les surseances (1827) 5-7 (hierna “Lipman Essai
historique”); Delprat Surceance van betaling (1854) 5;Zwaardemaker
Over surceance van betaling (1878) 5; Schaap “Surceance van be-
taling” 1882 Nieuwe Bijdragen voor Rechtsgeleerdheid en Wetgeving
245; Grattenhauer Ueber Generalindult und Spezialmoratorien (1809)
27; Duden en Rowedder Vertragshilfegesetz (1952) 13; Balog Rand-
bemerkungen zur Rechtsschaffung im Kriege (1916) 20; Koersner en
Rabenius Om moratorium nagra bidrag till kannadom om des begrepp
och anvandning (1923) 1-2.
53 Sien Billeter Geschichte des Zinsfusses (1898) 4-9; Maine Ancient law
10 uitg (1901) 2-3; “[O]ur best sources of knowledge are undoubtedly
the Greek Homeric poems, considered … not as a history of actual
occurrences, but as a description, not wholly idealized, of a state of
society …”
van diè‚ regsfigure in perspektief te stel, bied die Oud-Babiloniese
reg vandag ’n al hoe meer aantreklike vertrekpunt vir ’n regshisto-
riese ondersoek. Dit veral vanweë die relatief resente ontdekking,
ontsyfering, omvang en betroubaarheid van primêre regsbronne en
die tydperk daardeur gedek.54 Daarbenewens kan die moontlikheid
van die een of ander invloed op latere regstelsels, en eventueel
hetsy direk of indirek selfs op die Romeinse reg, nie sonder meer
geheel en al uitgesluit word nie.55
Aangesien die Babiloniese reg in die algemeen relatief min aandag
in Suid-Afrikaanse regsliteratuur geniet, word dit dienstig geag om
die agtergrond ietwat breër as gebruiklik aan te sny.
3.2.2 Tydperke en regsbronne
Babilonië was die suidelike en Assirië die noordelike helfte van dié
landstreek wat in klassieke tye as Mesopotamië bekend gestaan
het. Laasgenoemde beteken letterlik “die land tussen die twee
riviere”, verwysende na die Tigris en die Eufraat. Op sy beurt was
Babilonië verdeel in twee gedeeltes, naamlik Akkad, die noordelike,
en Sumer, die suidelike.56
18
54 Die Kodeks van Hammurabi was tot 1947 beskou as die oudste ont-
dekte regskode. Vgl Kramer History begins at Sumer (1961) 95 (hierna
Kramer History”).
55 Bv Driver en Miles The Babylonian laws I: Legal commentary (1960)
54-57 (hierna Driver en Miles Babylonian Laws I”); Yaron “Semitic
elements in early Rome” in Daube Noster (1974) 343 (hierna Yaron
Semitic elements”); Diamond Primitive law2 uitg (1950) 12; Brongers
Oud-Oosters en Bijbels recht (1960) 7; Boecker 18-19;Bengtson Ancient
history 6 uitg (1970) 1: “[A]ncient history is not to be considered de-
tacher from other historical development. A thousand threads stretch
from Antiquity to the Middle Ages, and from there to the present.” Sien
ook par 3.2.7.
56 Driver Miles Babylonian laws I 1; Diamond 9. Volgens Brongers 6, word
onder Sumer die gebied verstaan wat in antieke tye die suidelike gedeelte
van die benede Mesopotamië vorm, dig by die toenmalige uitmonding
van die Eufraat en die Tigris.Dit is tussen 4 000 en 2 000 v C bewoon
deur die Sumeriërs wat ’n uitsonderlike hoë beskawingspeil gehad het
en ’n onuitwisbare stempel nagelaat het op die geesteslewe en reg-
stelsel van die hele Mesopotamië.Onder andere word aan die Sumerië rs
die uitvinding van die sogenaamde spyker- of keilskrif toegeskryf.Wat
ook aan die invloed en betekenis van die Sumeriërs ’n besondere ka-
rakter verleen is die feit dat hul gevoel vir reg en geregtigheid uitson-
derlik hoog ontwikkel was.Sien verder Boecker 55; Bengtson 67; Wellard
The waters of Babylon (1972) 82-98; Ceram Gods, graves and scholars
(1974) 223; Moscati The face of the ancient Orient (1962) 17; Cottrell
The land of Shinar (1965) 57-63; Baumann The land of Ur (1969) 19-
28; Ward Introduction to archeology (1977) 85; Burney From village

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT