Algemene oriëntering

Pages1-5
Published date01 January 2012
AuthorL.M. Jacobs
DOI10.10520/EJC133222
Date01 January 2012
1
1 ALGEMENE ORIËNTERING
A developing economy cannot lightly permit companies
which help to comprise its industries and commercial
enterprises to be dissipated by winding-up and dissolution
due to some temporary setback in cases where there
is a reasonable probability that they would, if granted
a moratorium, be able to overcome their difficulties,
discharge their debts and become successful concerns.1
– Professor JJ Henning, 1992
1.1 Inleiding
Die huidige ekonomiese klimaat bring mee dat al hoe meer
maatskappye onder finansiële druk verkeer. Ingevolge ’n verslag
deur Statistiek Suid-Afrika is daar vanaf 1 Januarie 2005 tot
en met 31 Desember 2010 10 484 maatskappye in Suid-Afrika
gelikwideer, wat beteken dat daar gemiddeld 1 700 maatskappye
per jaar oor die tydperk gelikwideer is.2 Dit is dus duidelik dat die
wetgewer moes optree in ’n poging om die likwidasiegetalle te
laat afneem. Wanneer ’n besigheid onsuksesvol is, beïnvloed dit
verskeie partye. Nie net word die skuldeisers van die maatskappy
daardeur geraak nie, maar ook die werknemers, beleggers en
verskaffers van die maatskappy.3 Dit kan selfs negatiewe sosio-
ekonomiese gevolge ten opsigte van die gemeenskap waarbinne
dit funksioneer, veroorsaak. Navorsing op die gebied van besig-
heids
redding is derhalwe relevant en aktueel.
1.2 Onderwerp van die studie
Maatskappye wat in finansiële nood verkeer moes in die verlede
ingevolge die Maatskappywet 61 van 1973 by die hof aansoek
doen om ’n geregtelike bestuursbevel. Die doel van sodanige
bevel was aanvanklik die rehabilitasie van die maatskappy in
finansiële nood, maar die prosedure het egter in verskeie opsigte
te kort geskied.
Die nuwe Maatskappywet 71 van 2008 wat op 1 Mei 2011 in
werking getree het, vervang die vorige model van geregtelike
bestuur4 met die van ’n ondernemingsreddingskema.
Beide modelle het ten doel om maatskappye wat onder finansiële
druk verkeer die geleentheid te bied om likwidasieverrigtinge te
vermy en weereens suksesvolle ondernemings te word.
1 Henning 1992:91.
2 Statistiek Suid-Afrika 24 Januarie 2011.
3 Loubser 2007:445.
4 Besigheidsreddingsmodel soos vervat in die Maatskappywet 61
van 1973.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT