Agtergrond : die vermoë en verteenwoordiging van 'n maatskappy : hoofstuk 2

Date01 January 2008
AuthorPierre Jacques Rabie
DOI10.10520/EJC74107
Pages10-30
Published date01 January 2008
10
HOOFSTUK 2
AGTERGROND: DIE VERMOË EN
VERTEENWOORDIGING VAN ’N MAATSKAPPY
2.1 Doelwit en werkswyse
Die vermoë en verteenwoordiging van die maatskappy word deur
beide die gemenereg,1 sowel as verskeie statutêre bepalings gereël.
In hierdie hoofstuk sal eerstens die gemenereg en daarna die huidige
regsposisie ten aansien van maatskappye in Suid-Afrika bestudeer
word. Die doel van die hoofstuk is om ’n agtergrond te skep waarteen die
ontwikkeling van die toepaslike leerstukke in die verteenwoordigings-
reg ten aansien van maatskappye beskou gaan word.
2.2 Gemeenregtelike posisie
2.2.1 Doelstellingsklousule
Gemeenregtelik was ’n maatskappy slegs gebonde aan handelinge
binne die doelstellings waarvoor die maatskappy ingelyf is.2 ’n Ver-
dere vereiste vir die gebondenheid van die maatskappy was dat die
persoon wat namens die maatskappy gehandel het behoorlik daar-
toe gemagtig moes wees.3 Enige handeling ultra vires die doelstel-
1 Sien Joubert 1979:17-18; Trust Bank van Afrika v Eksteen 1964 3 SA
402 A; Baumann v Thomas 1920 AD 428; Blower v Van Noorden 1909
TS 890; Van Blommenstein v Holliday 1904 SC 11.
2 Blackman et al 2002:4-18; Cilliers et al 2000:179; Rajak 1995:10; Forde
1992:74; Pennington 1990:91-92; Henning 1984:159; East Anglian Rail-
ways Co v Easton Counties Rail Co 1851 11 CB 775; In Re General
Provident Assurance Co Ltd 1869 38 LJ Ch 583; Ashbury Railways
Carriage and Iron Co v Riche 1875 LR 7 HL 653; Attorney General v
Great Eastern Railway 1880 5 App.Cas. 473 (HL); Crispette and Candy
Co Ltd v Michaelis 1948 1 SA 404 W; Goss v EC Goss & Co Pty Ltd 1970
1 SA 602 D.
3 Cilliers et al 2000:179; Pretorius et al 1999:60-66; Gibson en Comrie 1997:
296-298; Rajak 1995:12; Henning 1984:155, 159 en 161; Benade 1964:
137-138 en 149; Ashbury Railway Carriage and Iron Co v Riche 1875 LR
7 HL 653 op 668 kom Lord Cairns tot die gevolgtrekking: “With regard,
therefore, to the memorandum of association; if you f‌ind anything which
goes beyond that memorandum, or is not warranted by it, the question
will arise whether that which is so done is ultra vires, not only of the direc-
tors of the company but of the company itself. With regard to the articles
of association, if you f‌ind anything which, still keeping within the memo-
randum of association, is a violation of the articles of association, or in
excess of them, the question will arise whether that is anything more than
an act extra vires the directors, but intra vires the company.” Sien ook
Attorney-General v Mersey Railway Co 1907 1 Ch 81 HL.
11
lings van die maatskappy was dus nietig.4 Die ultra vires-leerstuk het
ontstaan vanweë die analogie wat getref is met ’n maatskappy inge-
lyf ingevolge ’n eie wet (die sogenaamde “statutory company”). Die
statutêre maatskappy het slegs bestaan vir die doel waarvoor die
skeppende wet dit tot stand gebring het. Hierdie beginsel is metter-
tyd verder uitgebrei na maatskappye ingelyf ingevolge ’n algemeen
magtigende wet.5
Die omvang van ’n maatskappy se vermoë was beperk tot dit wat
in die doelstellingsklousule vervat is en derhalwe kon geen persoon
namens die maatskappy ’n transaksie aangaan wat buite hierdie ver-
moë geresorteer het nie. Aangesien die doelstellingsklousule ’n deel
vorm van die openbare dokumente, word enige buitestander geag
kennis van die bepalings te dra.6
2.2.2 Verteenwoordiging7
Verteenwoordiging is ’n verskynsel wat ter sprake kom indien ’n per-
soon (“die verteenwoordiger”) ’n regshandeling vir of namens of ten
behoewe van ’n derde (“die prinsipaal”) verrig.8 Die gemeenregte-
like posisie in Suid-Afrika jeens verteenwoordiging was oorspronklik
in wese die erkenning van die Romeins-Hollandse posisie aan-
gaande direkte verteenwoordiging gekoppel aan die omvangryke
stel reëls in verband met die verhouding tussen die verteenwoordi-
ger en die prinsipaal.9 Die verhouding tussen die verteenwoordiger
en die prin sipaal is slegs in breë trekke deur die Romeins-Hollandse
reg gereël, en daar het ’n behoefte aan ontwikkeling in hierdie ver-
band gedurende die negentiende en twintigste eeue ontstaan.10 Die
behoefte aan die ontwikkeling in hierdie verband word geïllustreer in
die uitspraak Blower v Van Noorden11:
There are times in the growth of every living system of law
when old doctrine and ancient formulae must be modif‌ied in
order to keep touch with the expansion of legal ideas and to
keep pace with the requirements of changing conditions. And
it is for the courts to decide when the modif‌ications which time
has proved to be desireable are of a nature to be affected by
4 Vir ’n meer volledige bespreking van die ultra vires-leerstuk, soos toe-
gepas voor 1974, sien hoofstuk 6 asook Benade 1962 en Cilliers et al
1982:40-53.
5 Cillliers et al 2000:181.
6 Sien hoofstuk 5.
7 Die gedetailleerde bespreking van die gewone verteenwoordigingsbe-
ginsels in Suid-Afrika, val buite die bestek van hierdie werk. Vir ’n be-
spreking van hierdie beginsels, sien Joubert 1979 sowel as Kerr 1991.
8 Joubert 1979:1.
9 Joubert 1979:17-18.
10 Jouber t 1979:17.
11 1909 TS 890.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT