AA Onderlinge Assuransie-Assosiasie Bpk v De Beer

JurisdictionSouth Africa
JudgeWessels AR, Miller AR, Trengove AR, Viljoen AR en Botha Wn AR
Judgment Date04 March 1982
Citation1982 (2) SA 603 (A)
Hearing Date24 November 1981
CourtAppellate Division

Viljoen AR:

D Die respondente het in haar persoonlike hoedanigheid en as voog van haar minderjarige kinders in die Hof a quo met sukses teen die appellant (verweerder in daardie Hof) 'n geding gevoer waarin sy vergoeding van skade geëis het wat voortgespruit het uit die dood van haar eggenoot en vader van haar kinders (hierna die oorledene genoem) as E gevolg van 'n botsing op 29 November 1977 tussen 'n voertuig wat deur die oorledene bestuur is en 'n voertuig wat deur die appellant kragtens die bepalings van Wet 56 van 1972 verseker was. Teen die vonnis deur die Hof a quo toegestaan ten guste van die respondente ten bedrae van R77 075,35, die ooreengekome verlies, kom die appellant nou in hoër beroep. Soos in die Hof a quo is ook in hierdie Hof alleen die nalatigheid van F die bestuurder van die versekerde voertuig, ene Kleinbooi Moloi, in geskil.

Die voertuig deur die oorledene bestuur is beskryf as 'n bakkie. Ten tyde van die botsing het die respondente langs haar man in die kajuit van die bakkie gesit. Langs haar het haar skoonsuster, ene mev Keet, G gesit. Mev Keet se man was agter op die bakkie. Die massiewe versekerde voertuig het bestaan uit 'n voorspan met 'n leunwa. Volgens foto's wat by die Hof ingelewer is van 'n soortgelyke kombinasie het die voorspan 'n enkel stel wiele voor gehad met agter twee stelle dubbele wiele waarop die leunwa se voorpunt geleun het. Die leunwa self het heel agter twee stelle dubbele wiele gehad. Volgens ooreenkoms tussen die partye H was die leunwa en die voorspan ewe wyd, nl 2,35 meter. Die totale lengte van die voertuig was 15,4 meter.

Die bakkie het beweeg in 'n westelike rigting vanaf Westonaria in die rigting van Potchefstroom; die versekerde voertuig het in die teenoorgestelde rigting beweeg, dus van wes na oos. Die teergedeelte van die pad waarop die voertuie beweeg het was nou. Die afstand tussen die geel strepe aan beide kante was 6,6 meter. Die afstand tussen die geel streep aan die noordekant tot aan die kant van die pad was 0,2 meter; aan die suidekant was dit 0,5 meter. Waar die botsing plaasgevind

Viljoen AR

het was daar 'n gebroke wit streep in die middel tussen die geel strepe. Die gruisskouers van die pad was aan die noordekant 3,8 meter en aan die suidekant 4,9 meter wyd.

A Die regter-voorkant van die bakkie het in botsing gekom met die regter-agterwiel of, meer korrek, stel agterwiele van die versekerde voertuig. Van die botsing-punt is die bakkie vir 'n afstand van 11 treë teruggedu en die versekerde voertuig het nog 63 treë verder tot stilstand gekom.

B Aan die kant van die eiseres het sy self en sersant (ten tye van die botsing nog konstabel) Van der Westhuizen getuig. Die eiseres self kon nie veel lig werp op die wyse waarop die botsing plaasgevind het nie. Sy het getuig dat hulle daardie aand op pad huis toe te Glenharvie was nadat hulle eers by haar ouers op 'n kleinhoewe buite Westonaria C en daarna by haar suster op Westonaria aangedoen het. Hulle het vanuit 'n 'n grondpad regs gedraai in die pad waarop die botsing plaasgevind het. Wat sy onthou van die gebeure was dat dit hard gereën het en dat haar man voor die botsing die bakkie aan sy korrekte kant van die pad bestuur het. Van die botsing self weet sy niks. Sy is ernstig beseer in die ongeluk en het haar bewussyn eers die volgende oggend in die D hospitaal herwin. Hoe ernstig mev Keet en haar man beseer is, blyk nie uit haar getuienis nie. Uit die getuienis van sersant Van der Westhuizen blyk dit alleen dat, toe hy op die toneel aankom, sowel die eiseres as die twee Keets in 'n erg beseerde toestand in die pad of langs die pad E gelê het waarheen hulle vermoedelik uit of van die bakkie af verwyder is deur ander persone wat op die toneel aangekom het. Die oorledene se lyk kon alleen met die hulp van die brandweer uit die wrak van die bakkie gehaal word. Of mev Keet, wat ook voor in die kajuit gesit het, enigsins meer kon bydra om lig te werp op die gebeure is nie tydens die verhoor ondersoek nie. Blykbaar kon sy nie, want, indien sy kon, sou die F advokaat vir die appellant ongetwyfeld tydens die verhoor daarvan gewag gemaak het. Die advokate het die voordeel van insae in verklarings wat die betrokkke partye gemaak het vir doeleindes van die geregtelike doodsondersoek van die oorledene gehad en ek lei af dat die advokaat vir die eiseres daarvolgens kon oordeel of enigeen van die betrokkenes lig G sou kon werp op die saak tydens die verhoor. Of die getuienis van Van der Westhuizen wat na die toneel gegaan het en daar opmetings gedoen het, die saak van die eiseres enigsins bevorder het, sal ek aanstons bespreek.

Afgesien van die verweerder (huidige appellant) se prokureur wat getuig het aangaande onsuksesvolle pogings om die bestuurder van die versekerde H voertuig, Kleinbooi Moloi, op te spoor, was Samuel Motaung die enigste getuie wat namens die verweerder getuig het. Hy het langs die linkerdeur van die versekerde voertuig gesit. Aan sy regterkant en in die middel van die voorspan het Joseph Mazibuko gesit. Joseph was beskikbaar as getuie maar is nie gebruik nie.

Van der Westhuizen wat destyds op Westonaria gestasioneer was en ongeveer 'n jaar ondervinding as konstabel gehad het, het getuig dat hy teen ongeveer 21h30 berig van die botsing ontvang het en onmiddellik na die toneel vertrek het waar hy die passasiers wat in die bakkie was soos hierbo vermeld sowel as die voertuie wat in die botsing betrokke

Viljoen AR

was, aangetref het. Die oorledene was nog in die bakkie. Hy het die volgende dag, na aanleiding van opmetings die aand geneem, 'n plan en 'n A sleutel daartoe opgestel. 'n Afskrif van die plan het voor die Hof a quo gedien maar die dossier wat die oorspronklike plan en ander gegewens bevat, is, volgens polisie-praktyk, na twee jaar en dus voor die verrigtinge in die Verhoorhof, vernietig omdat daar geen versoek was dat dit gehou moes word nie. Op die plan dui hy 'n punt van botsing aan as punt E. Hierdie punt is met 'n swart streep verbind met punt J wat B volgens die sleutel die linkervoorwiel van die oorledene se bakkie was. Volgens Van der Westhuizen se getuienis verteenwoordig die swart streep waarmee punte E en J verbind is, nie een van die wit strepe wat die gebroke streep in die middel van die pad uitmaak nie, maar is dit eenvoudig 'n streep waarmee hy die twee punte verbind het soos wat hy C ook ander punte op die plan met strepe verbind het. Desondanks, getuig hy, is punt E in die middel van die pad en hoewel dit nie op een van die gebroke wit stippellyne mag wees nie, maar tussenin, is dit nogtans 'in lyn' met die wit strepe en daarom op die middellyn. Die afstand vanaf punt J tot by punt K, 'n punt op die kant van die teer aan die noordekant en reghoekig met punt J (die linkervoorwiel van die D bakkie), het hy afgetree as vier treë. Die breedte van die pad het hy aangegee as nege treë. Die suidelike helfte van die pad moet dus vyf treë breed wees. Die werklike verskil in wydte tussen die deel van die pad suid van die gebroke wit streep en die deel noord daarvan, nl 0,3 meter wat die suidelike gedeelte wyer is, staan gelyk aan ongeveer een E voet, wat nie heeltemal bestaanbaar is met Van der Westhuizen se een tree verskil nie. Hy het egter verduidelik dat sy treë nie almal ewe lank is nie en dit is ook insiggewend dat hy geen afstand aangedui het in 'n aantal treë plus 'n breuk van 'n tree nie, maar in alle gevalle in volle treë. Dit regverdig die afleiding dat hy alle breuke van treë tot die naaste tree geneem het. Na my oordeel gaan die betoog van die F appellant se advokaat dat sy getuienis klaarblyklik foutief is waar hy J op die gebroke middelstreep stel, nie op nie. Aan die ander kant kan daar nie, vanuit hierdie negatiewe premisse dat die plan nie 'n onbestaanbaarheid bevat nie, die positiewe afleiding gedoen word dat sy getuienis korrek is dat J wel op die gebroke middelstreep lê nie. Sowel G in die Hof a quo as in hierdie Hof is deur die appellant se advokaat groot gewag gemaak van die beskrywing deur Van der Westhuizen van punt J as die 'linkervoorwiel' van die bakkie. Wat langdurig met Van der Westhuizen tydens kruisondervraging gedebatteer is, is die stelling van die verweerder se advokaat dat, as die linkervoorwiel op daardie punt was, die linkervoorkant van die bakkie oor die middelstreep moes gewees H het, want die wiel is onder die bakwerk van die voertuig en agter die voorste linkerhoek van die voertuig. Alhoewel Van der Westhuizen se verklaring was dat hy bedoel het om te verwys na die linkervoorkant van die bakkie is dit duidelik dat hy nie meer presies kon onthou waarom hy na die linkervoorwiel van die voertuig verwys het nie. Dit is vir my egter totaal duister waarom daar soveel aandag en tyd bestee is aan en in geding getree is met Van der Westhuizen oor die aspek of die bakkie se linkervoorkant op die middelstreep of daaroor tot stilstand gekom het na die botsing. Die getuienis

Viljoen AR

van Van der Westhuizen dat, volgens sy waarneming, die bakkie vanaf die punt van botsing teruggestoot is vir 'n afstand tot waar hy dit in die pad aangetref het, soos wat hy dit op die plan weergegee het, is A blykbaar deur die verweerder se advokaat aanvaar want die getuienis is nie in kruisondervraging aangeval of in twyfel getrek nie. In die proses van terugduwing, toe daar klaarblyklik geen beheer meer oor die bakkie uitgeoefen kon word nie, kon dit enige beweging gemaak het. Soos die B plan aandui, het dit met die voorkant wysende in 'n noord-oostelike rigting tot stilstand gekom; dit het dus amper heeltemal omgetol om in die teenoorgestelde rigting as waarin dit voor die botsing beweeg het, te wys. Die afstand van hoever die bakkie van die punt van botsing agtertoe, dws ooswaarts, beweeg het, kon bepaal word, maar dit was na my C oordeel onmoontlik om, van die plek waar dit tot stilstand gekom het, die laterale beweging of bewegings wat die bakkie...

To continue reading

Request your trial
122 practice notes
  • Ingledew v Theodosiou
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(5) SA p463 Cases Considered Annotations Reported cases A Southern African cases AA Onderlinge Assuransie-Assosiasie Bpk v De Beer 1982 (2) SA 603 (A): dictum at 614H Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA) ([2002] 4 All SA 125): referred to B BP Southern Africa (Pty) Ltd v Desd......
  • SA Eagle Versekeringsmaatskappy Bpk v Harford
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and E Others 1990 (4) SA 692 (W); Naude v Transvaal Boot & Shoe Manufacturing Co 1938 AD 379; AA Onderlinge Assuransie Bpk v De Beer 1982 (2) SA 603 (A); Motor Vehicle Assurance Fund v Dubuzane 1984 (1) SA 700 (A); P J W Schutte THRHR band 54 nr 3 op 495-507; Hlongwane and Others v Rector, ......
  • Commercial Union Insurance Co of SA Ltd v Wallace NO; Santam Insurance Ltd v Afric Addressing (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...UNION INSURANCE CO OF SA LTD v WALLACE NO 329 BRAND JA 2004 (1) SA 326 SCA AA Onderlinge Assuransie-Assosiasie Bpk v De Beer 1982 (2) SA 603 (A) A at 614H-615B Aarons Whale Rock Trust v Murray and Roberts Ltd 1992 (1) SA 652 (C) at 655 Air Passenger Transport Ltd v Franzen 1975 (1) SA 269 (......
  • Sonap Petroleum (SA) (Pty) Ltd (Formerly Known as Sonarep (SA) (Pty) Ltd) v Pappadogianis
    • South Africa
    • Invalid date
    ...253-4; Netherlands Bank of SA v Stern NO and Another 1955 (1) SA 667 (W) at 672E-F; AA Onderlinge Assuransie-Assosiasie Bpk v De Beer 1982 (2) SA 603 (A) at 620E-G; Collen v Rietfontein Engineering Works 1948 (1) SA 413 F (A) at 430-1; George v Fairmead (Pty) Ltd 1958 (2) SA 465 (A) at 471A......
  • Request a trial to view additional results
121 cases
  • Ingledew v Theodosiou
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(5) SA p463 Cases Considered Annotations Reported cases A Southern African cases AA Onderlinge Assuransie-Assosiasie Bpk v De Beer 1982 (2) SA 603 (A): dictum at 614H Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA) ([2002] 4 All SA 125): referred to B BP Southern Africa (Pty) Ltd v Desd......
  • SA Eagle Versekeringsmaatskappy Bpk v Harford
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and E Others 1990 (4) SA 692 (W); Naude v Transvaal Boot & Shoe Manufacturing Co 1938 AD 379; AA Onderlinge Assuransie Bpk v De Beer 1982 (2) SA 603 (A); Motor Vehicle Assurance Fund v Dubuzane 1984 (1) SA 700 (A); P J W Schutte THRHR band 54 nr 3 op 495-507; Hlongwane and Others v Rector, ......
  • Commercial Union Insurance Co of SA Ltd v Wallace NO; Santam Insurance Ltd v Afric Addressing (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...UNION INSURANCE CO OF SA LTD v WALLACE NO 329 BRAND JA 2004 (1) SA 326 SCA AA Onderlinge Assuransie-Assosiasie Bpk v De Beer 1982 (2) SA 603 (A) A at 614H-615B Aarons Whale Rock Trust v Murray and Roberts Ltd 1992 (1) SA 652 (C) at 655 Air Passenger Transport Ltd v Franzen 1975 (1) SA 269 (......
  • Sonap Petroleum (SA) (Pty) Ltd (Formerly Known as Sonarep (SA) (Pty) Ltd) v Pappadogianis
    • South Africa
    • Invalid date
    ...253-4; Netherlands Bank of SA v Stern NO and Another 1955 (1) SA 667 (W) at 672E-F; AA Onderlinge Assuransie-Assosiasie Bpk v De Beer 1982 (2) SA 603 (A) at 620E-G; Collen v Rietfontein Engineering Works 1948 (1) SA 413 F (A) at 430-1; George v Fairmead (Pty) Ltd 1958 (2) SA 465 (A) at 471A......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Must we have a theory of proof?
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • 15 August 2019
    ...Guarantee Corporation (n 17) at 159B–D;Govan v Skidmore1952 (1) SA 732 (N) at 734; AA Onderlinge Assurance-Assosiasie Bpk v De Beer 1982 (2) SA 603(A) at 614–5; TaylorNO v National Mutual Life Association of Australia Ltd 1988 (4) SA 341 (E) at346H–J;Aswanestaal CC v South African Eagle Ins......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT