Macadamia Finance Bpk en 'n Ander v De Wet en Andere NNO

JurisdictionSouth Africa
JudgeBotha AR, Van Heerden AR, Vivier AR, Eksteen AR, Harms Wn AR
Judgment Date11 March 1993
Citation1993 (2) SA 743 (A)
Hearing Date18 February 1993
CourtAppellate Division

Botha, AR,:

'n Aksie om skadevergoeding wat deur die appellante teen die F respondente in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel was, is deur die Verhoorregter (De Villiers R) van die hand gewys met koste. Verlof is aan die appellante toegestaan om na hierdie Hof te appelleer. Met die verhoor van die appèl, nadat betoog van die appellante se advokaat aangehoor is, is die appèl van die hand gewys met koste, insluitende die koste van twee advokate. Daar is toe aangedui dat redes vir die afwysing G van die appèl later verstrek sou word. Hier volg hulle.

Die feite van die saak blyk uit die gerapporteerde uitspraak van die Hof a quo: sien Macadamia Finance Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO 1991 (4) SA 273 (T). Ek is nie van voorneme om weereens die feite in besonderhede uiteen te sit nie. Met die oog op wat hieronder volg, H volstaan ek met die volgende opmerkings. Gedurende 1985 was die eerste appellant 'n maatskappy in likwidasie, en was die respondente sy gesamentlike likwidateurs. Die tweede appellant was toe een van die eerste appellant se volfiliale, maar was nie destyds ook in likwidasie geplaas nie. Voor die eerste appellant se likwidasie het die eerste appellant en die tweede appellant dieselfde direkteure gehad. Na die eerste appellant I se likwidasie het die direkteure aangebly as direkteure van die tweede appellant. Die tweede appellant was die geregistreerde eienaar van die plaas Lang Piet, in die distrik Barberton. Op die plaas was daar onder andere die volgende bates: (1) 'n plantasie neutbome; (2) besproeiingstoerusting; en (3) pompe met motors. Die appellante se aksie teen die respondente het voortgespruit uit die vernietiging of beskadiging J van hierdie bates, in die geval van (1)

Botha AR

A en (2) as gevolg van 'n brand, en in die geval van (3) weens oorstromings. In die besonderhede van vordering is drie afsonderlike eise geformuleer ten opsigte van elk van die drie kategorieë bates. Die derde eis (ten opsigte van (3): die pompe en motors) is gedurende die loop van sy betoog in hierdie Hof deur die appellante se advokaat laat vaar; dit kan dus verder buite beskouing gelaat word.

B Die eerste eis, ten opsigte van die vernietiging of beskadiging van die neutbome op die tweede appellant se plaas, is in die besonderhede van vordering ingeklee as 'n eis van die tweede appellant alleen. Daar is beweer dat die tweede appellant, as gevolg van die brand en die vernietiging of beskadiging van die bome, skade gely het ten bedrae van R7 C 028 279,78, synde verlies aan inkomste uit die bome en die hervestigingskoste daarvan, alternatiewelik R1 287 000, synde die waardevermindering van die eiendom. Verder is daar beweer dat die respondente aanspreeklik was om skadevergoeding aan die tweede appellant te betaal. In die bedes het die tweede appellant, afsonderlik van die eerste appellant, die betaling...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Ex parte Gore and Others NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Pty) Ltd and Others [2009] ZAFSHC 67: dictum in para [23] considered Macadamia Finance Bpk en 'n Ander v De Wet en Andere NNO 1993 (2) SA 743 (A): dictum at 748B – D considered I Ritz Hotel Ltd v Charles of the Ritz Ltd and Another 1988 (3) SA 290 (A): dictum at 314H – 316B considered The ......
  • Alpha Bank Bpk en Andere v Registrateur van Banke en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...964C M Fihrer & Son (Pty) Ltd v Willemse 1993 (2) SA 713 (T) op 719D-G B Macadamia Finance Bk en 'n Ander v De Wet NO en Andere NNO 1993 (2) SA 743 (A) Plascon-Evans Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984 (3) SA 623 (A) op Rentakor (Pty) Ltd v Rheeder and Berman NNO and Others 1988......
  • Alpha Bank Bpk en Andere v Registrateur van Banke en Andere
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 28 August 1995

  • Board of Executors Ltd v McCafferty
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(LAC) E Littlewoods Mail Order Stores Ltd v McGregor [1969] 3 All ER 855 (CA) Macadamia Finance BK en 'n Ander v De Wet en Andere NNO 1993 (2) SA 743 (A) Macsteel (Pty) Ltd v National Union of Metalworkers of SA (1990) 11 ILJ 995 (LAC) F Market Investigations Ltd v Minister of Social Securi......
4 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT