Alpha Bank Bpk en Andere v Registrateur van Banke en Andere

JurisdictionSouth Africa
Citation1996 (1) SA 330 (A)

Alpha Bank Bpk en Andere v Registrateur van Banke en Andere
1996 (1) SA 330 (A)

1996 (1) SA p330


Citation

1996 (1) SA 330 (A)

Case No

389/94 en 130/95

Court

Appèlafdeling

Judge

Hefer AR, M T Steyn AR, Eksteen AR, Van Den Heever AR, Olivier AR

Heard

May 22, 1995

Judgment

August 28, 1995

Counsel

P Nel namens die eerste petisionaris.
Sewende petisionaris in persoon.
Geen verskyning namens die ander petisionarisse nie.
J W Louw SC (bygestaan deur J G Cilliers SC) namens die eerste respondent.
P le R van Wyk SC (bygestaan deur J P Vorster) namens die tweede en derde respondente.

Flynote : Sleutelwoorde

Bankier — Likwidasie van bank — Aansoek vir kragtens art 344 (e), (f) en G (h) van Maatskappywet 61 van 1973 — Bewys van insolvensie — Bank se substratum as bank het verval en dit sou nooit weer as bank kon handeldryf nie — Dit opsigself goeie rede vir verlening van finale likwidasiebevel.

Bankier — In-kuratele-stelling van bank kragtens art 40(1) van Bankwet 23 H van 1965 ('ou Bankwet') — Onder ou Bankwet was registrasie van bank as bankinstelling geen voorvereiste vir in-kuratele-stelling nie.

Bankier — In-kuratele-stelling van bank kragtens art 40(1) van Bankwet 23 van 1965 ('ou Bankwet') — Minister van Finansies moes self besluit neem om I bank onder kuratele te stel, maar oorlegpleging met bank en verkryging van bank se skriftelike toestemming tot in-kuratele-stelling kon geldig deur Registrateur uitgevoer word.

Bankier — In-kuratele-stelling van bank kragtens art 40(1) van Bankwet 23 van 1965 ('ou Bankwet') — Bevoegdhede van direksie — Direksie het nie na in-kuratele-stelling residuele 'beheerbevoegdhede' oor maatskappy behou J nie aangesien direksie ook nie voor

1996 (1) SA p331

A in-kuratele-stelling 'beheer' oor 'n maatskappy het nie (maar wel aandeelhouers) — Direksie kan derhalwe nie na in-kuratele-stelling aandele uitreik nie.

Bankier — Registrasie van bank — Voorlopige registrasie kragtens art 4(8) van Bankwet 23 van 1965 ('ou Bankwet') — Artikel 4(8) van ou Bankwet B (anders as arts 16, 17 en 18 van nuwe Bankwet 94 van 1990) het nie vereis dat hernuwing van voorlopige registrasie voor verstryking daarvan hoef plaas te vind nie — Onder ou Bankwet kon aansoek om hernuwing van voorlopige registrasie geldiglik gedoen en toegestaan word ná verstryking van registrasietermyn.

Headnote : Kopnota

Die applikante het 'n petisie ingevolge art 21(2) van die Wet op die C Hooggeregshof 59 van 1959 ingedien vir verlof om te appelleer teen 'n aantal bevele wat in 'n Provinsiale Afdeling verleen is na aanleiding van 'n reeks aansoeke wat deur van die partye tot die bogenoemde petisie gebring is. Die petisie is egter te laat ingedien en die onderhawige aansoek was een vir kondonasie van gemelde versuim. Ten spyte daarvan dat daar ernstige gebreke in hierdie aansoek was, het die Hof as gevolg daarvan dat daar oorwegings van openbare belang, soos die likwidasie van 'n bankinstelling en 'n groot bedrag belastingbetalersgeld, in die D aangeleentheid ter sprake was, besluit om die gebreke in die aansoek om kondonasie eers daar te laat en die meriete van die petisie vir verlof om te appelleer te oorweeg. (Op 339B-D.) Die Hof het elkeen van die aansoeke voor die Hof a quo afsonderlik behandel.

Die eerste aansoek was gerig op die likwidasie van die eerste petisionaris ('die bank'), en is deur die eerste respondent ('die Registrateur') teen die bank gebring. Die Registrateur het hom beroep op arts 344(e), (f) en E (h) van die Maatskappywet 61 van 1973, naamlik dat die bank sy aandelekapitaal in geheel verloor het, dat dit nie in staat was om sy skulde te betaal nie, en dat dit reg en billik was dat die bank gelikwideer word. Die Hof a quo het bevind dat die Registrateur daarin geslaag het om die aangevoerde gronde te bewys. Dit het ook bevind dat die Registrateur locus standi gehad het om die aansoek om die likwidasie van die bank aanhangig te maak. Hierdie bevinding was genoodsaak deur die argumente van die applikante in een van die ander aansoeke om tot die F likwidasie-aansoek toe te tree. Hierdie aansoeke het bestaan uit 'n aantal aansoeke tot tussenbeidetreding tot die likwidasie-aansoek asook 'n aantal gepaardgaande interlokutore aansoeke. Ene H, die sewende petisionaris en die voorsitter van die direksie en hoof uitvoerende beampte van die eerste tot sesde petisionarisse, was die dryfkrag agter die petisionarisse se bemoeienis in die onderhawige litigasie.

Dit het geblyk dat die bank van vroeg na sy voorlopige registrasie op 1 Desember 1988 as bankinstelling kragtens die Bankwet 23 van 1965 ('die ou G Bankwet') finansiële probleme ondervind het. Na die eerste 16 maande van sake het die bank se finansiële state aangedui dat dit beswaarlik solvent was. Op 27 Augustus 1990 word 'n vergadering, bygewoon deur die Registrateur, amptenare van die Reserwebank (die tweede respondent), en amptenare van die bank, belê met die oog op verkryging van finansiële hulp vanaf die Reserwebank. Die gevolgtrekking was dat daar slegs twee opsies vir die bank oop was: bekom addisionele kapitaal of aanvaar kuratele soos H bedoel deur die ou Bankwet (vergelykbaar met geregtelike bestuur van 'n maatskappy soos beoog in die Maatskappywet). Toe dit blyk dat die bank nie in staat was om die addisionele kapitaal te bekom nie, het die direksie ingestem tot in-kuratele-stelling ingevolge art 40(1) van die ou Bankwet. Op 21 September 1990 is die bank deur die Minister van Finansies onder kuratele gestel. Die kurator (die derde respondent) het al die beleggings en vorderingsregte op terugbetaling van voorskotte wat die bank gedoen het oorgedra aan B Bpk, 'n maatskappy wat aan die bank verwant was, I in ruil vir 'n reeks wissels getrek deur B Bpk ten bedrae van R175 miljoen. Die wissels is deur die bank geaksepteer en verdiskonteer aan die Reserwebank, wat die waarde daarvan aan die bank laat toekom het, met die gevolg dat die bank sy depositante kon terugbetaal. Beide die bank en B Bpk was uit hoofde van onderskeidelik die trek en akseptasie van die wissels skuldenare van die Reserwebank. Toe die aansoek om likwidasie in September 1993 gerig word, is slegs R25 miljoen van die bank se skulde J deur die kurator verhaal en het daar nog

1996 (1) SA p332

A R150 miljoen aan die Reserwebank verskuldig gebly. H se uitgangspunt was dat die Reserwebank se vordering weggedink moes word. 'n Balansstaat wat die kurator op 31 Mei 1993 voorberei het, het getoon dat die bank se laste sy bates met R100 miljoen oorskry het, uitgesluit sy aanspreeklikheid teenoor die Reserwebank. Die petisionarisse wat die likwidasie-aansoek wou opponeer het nie hierdie gegewens betwis nie maar aangevoer dat die kurator se aanstelling, en derhalwe al sy gevolglike handelinge, insluitend die bring van die likwidasie-aansoek in September 1993, B ongeldig was.

Beslis, wat betref die eerste aansoek, dat die kern van die saak was dat die bank se laste sy bates met R100 miljoen oorskry het selfs sonder inagneming van die Reserwebank se vordering. Verder, en afgesien van alle ander faktore, het die bank se substratum as bank verval in die sin dat dit nooit weer as bank sou kon handeldryf nie, en dit alleen was 'n goeie rede vir die verlening van 'n finale likwidasiebevel. Die aanval op die C verskuldigheid aan die Reserwebank was dus irrelevant aangesien die bank steeds insolvent en sonder substratum sou gewees het selfs indien dit sou geslaag het. (Op 343I/J-344E.)

Die betoog dat die Registrateur nie locus standi gehad het om die likwidasie-aansoek te bring nie, het berus op die argument, geopper deur van die partye tot die onderhawige petisie wat aansoek gedoen het om tussenbeidetreding tot die likwidasie-aansoek, dat die Registrateur slegs D as Registrateur kon opgetree het as die bank, toe die aansoek aanhangig gemaak is, regmatig as bankinstelling geregistreer was. Die bank se eerste voorlopige registrasie het op 1 Desember 1988 ooreenkomstig die voorskrifte van art 4(8) van die ou Bankwet plaasgevind. Dit is egter eers op 19 Februarie 1990, dit wil sê na die verstryking van die 12-maande registrasieperiode, hernu, en wel met terugwerkende krag vanaf 1 Desember 1989 en tot 30 November 1990. Die voorlopige registrasie is daarna van E tyd tot tyd weer hernu, maar volgens die applikante was daardie handelinge almal nietig omdat 'n voorlopige registrasie wat verval het nie hernu kon word nie.

Beslis, dat daar subtiele maar belangrike verskille was tussen die bepalings ten opsigte van voorlopige registrasie in art 18(1) en (2) van die nuwe Bankwet 94 van 1990 (wat eers op 1 Februarie 1991 in werking getree het) en dié in art 4 van die ou Bankwet, en dat een daarvan was dat die ou Bankwet nie vereis het dat die hernuwing van die voorlopige F registrasie voor die verstryking daarvan moes plaasvind nie. Die geldigheid van die hernuwing van die bank se voorlopige registrasie is deur die ou Bankwet beheer en dus was die registrasie geldig en het die Registrateur wel locus standi gehad om die likwidasie-aansoek te bring. Die bevinding van die Hof a quo op hierdie punt was dus korrek. (Op 346E-G/H.)

Verder het die bogenoemde applikante probeer om aan te toon dat die in-kuratele-stelling van die bank deur die Minister van Finansies in September 1990 ongeldig was omdat die Minister nie aan die vormvereistes G van art 40(1) van die ou Bankwet voldoen het nie deurdat hy nie self vooraf met die bank geraadpleeg het nie en ook nie self die bank se skriftelike toestemming gehad het tot die in-kuratele-stelling nie. Die beswaar was dat die raadpleging deur die Registrateur en nie die Minister plaasgevind het nie, en dat die skriftelike toestemming deur die Registrateur en nie deur die Minister verkry is nie. Die resultaat hiervan was na bewering dat alle handelinge van die kurator nietig was, H insluitende die transaksie tussen die bank...

To continue reading

Request your trial
16 practice notes
  • Minister of Safety and Security v Van Duivenboden
    • South Africa
    • Invalid date
    ...for the parties referred to the following: D Alexandrou v Oxford [1993] 4 All ER 329 (CA) Alpha Bank Bpk v Registrateur van Banke 1996 (1) SA 330 (A) at 339C - D Calveley and Others v Chief Constable of the Merseyside Police and Other Appeals [1989] 1 All ER 1025 E Glazer v Glazer NO 1963 (......
  • Atkinson v Rare Earth Extraction Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and 354(2). (At 562I - 563A/B.) Cases Considered Annotations Reported cases C Alpha Bank en Andere v Registrateur van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A): referred Cirota and Another v Law Society, Transvaal 1979 (1) SA 172 (A): considered Coetzer v Krause 1942 OPD 122: considered Cresto Ma......
  • Maize Board v Tiger Oats Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 827 (A) D Alberts v Roodepoort-Maraisburg Municipality 1921 TPD 133 at 136 Alpha Bank Bpk v Registrateur van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A) at 339C - Amalgamated Footwear and Leather Industries v Jordan and Co Ltd 1948 (2) SA 891 (C) E Auby and Pastellides (Pty) Ltd v Glen Anil ......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Courtesy Wholesalers (Pty) Ltd and Others 1996 (3) SA 134 (N): referred to Alpha Bank Bpk en Andere v Registrateur van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A): considered E Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A): Botha (now Griessel) and Anot......
  • Request a trial to view additional results
14 cases
  • Minister of Safety and Security v Van Duivenboden
    • South Africa
    • Invalid date
    ...for the parties referred to the following: D Alexandrou v Oxford [1993] 4 All ER 329 (CA) Alpha Bank Bpk v Registrateur van Banke 1996 (1) SA 330 (A) at 339C - D Calveley and Others v Chief Constable of the Merseyside Police and Other Appeals [1989] 1 All ER 1025 E Glazer v Glazer NO 1963 (......
  • Atkinson v Rare Earth Extraction Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and 354(2). (At 562I - 563A/B.) Cases Considered Annotations Reported cases C Alpha Bank en Andere v Registrateur van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A): referred Cirota and Another v Law Society, Transvaal 1979 (1) SA 172 (A): considered Coetzer v Krause 1942 OPD 122: considered Cresto Ma......
  • Maize Board v Tiger Oats Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 827 (A) D Alberts v Roodepoort-Maraisburg Municipality 1921 TPD 133 at 136 Alpha Bank Bpk v Registrateur van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A) at 339C - Amalgamated Footwear and Leather Industries v Jordan and Co Ltd 1948 (2) SA 891 (C) E Auby and Pastellides (Pty) Ltd v Glen Anil ......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Courtesy Wholesalers (Pty) Ltd and Others 1996 (3) SA 134 (N): referred to Alpha Bank Bpk en Andere v Registrateur van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A): considered E Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A): Botha (now Griessel) and Anot......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT