S v Swane

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Villiers RP en Klopper R
Judgment Date22 February 1973
Citation1973 (3) SA 601 (O)
Hearing Date22 February 1973
CourtOrange Free State Provincial Division

F De Villiers, R.P.:

Beskuldigde is tereg skuldig bevind in 'n landdroshof eerstens op 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en tweedens op 'n aanklag van diefstal. Hy is gevonnis op die eerste aanklag tot vier maande gevangenisstraf voorwaardelik G opgeskort vir drie jaar en gelas om 'n vergoedende boete van R4,50 aan klaer te betaal. Op die tweede aanklag is hy gewaarsku en ontslaan.

De Villiers RP

Die volgende vrae is aan die landdros gestel, nl.

'Is die bevel dat beskuldigde 'n 'vergoedende boete' aan klaer betaal, bedoel as 'n bevel gemaak in terme van art. 357 van die Strafproseswet? Indien wel is dit reg om te praat van 'n 'boete'? Het A klaer aansoek gedoen om vergoed te word?'

Hy het geantwoord dat die vergoedende boete opgelê is as deel van die vonnis en, as gesag vir sy optrede, verwys na S. v Masongo, 1972 (4) SA 46 (T).

B Daar is geen voorsiening in die Strafproseswet, 56 van 1955, vir die oplegging van 'n vergoedende boete betaalbaar aan 'n klaer as deel van die vonnis nie. Die enigste boete wat opgelê kan word is 'n strafboete uit hoofde van die bepalings van art. 329 (1) (g) wat betaalbaar is aan die Staat. Die enigste vergoedende boete waarvan ek weet is die wat vroeër in terme van art. 15 van die Veediefstalwet, 57 C van 1959, opgelê kon word maar wat nou afgeskaf is. Indien die landdros die klaer in die onderhawige saak wou vergoed vir die skade wat hy opgedoen het, kon hy dit slegs op twee maniere gedoen het. Eerstens, kon hy 'n bevel gemaak het, benewens enige vonnis wat hy opgelê het, dat beskuldigde skadevergoeding aan klaer ketaal ten bedrae van R4,50 uit D hoofde van die bepalings van art. 357 (1) mits die klaer, of die aanklaer namens hom, daarvoor aansoek gedoen het. Tweedens kon hy dit as 'n voorwaarde van opskorting gestel het dat genoemde bedrag as skadevergoeding aan klaer betaal word (kyk art. 352 (1)). Maar, ek herhaal, hy was nie geregtig om gevangenisstraf op te lê wat voorwaardelik opgeskort is en daarbenewens, as deel van die vonnis, 'n E vergoedende boete betaalbaar aan die klaer op te lê nie. Die saak waarop die landdros gesteun het meen ek nie is outoriteit vir sy optrede nie. In daardie saak lees die opskrif soos volg:

'In die tipiese naweekse aanrandings wat gewoonlik met 'n mes gepleeg word, wat heeltemal ongemotiveerd of heel weinig gemotiveerd is en waarby drank 'n groot rol speel, is 'n gepaste vonnis vir 'n eerste oortreder 'n opgeskorte vonnis...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • S v Mokoena
    • South Africa
    • Invalid date
    ...enige verswarende omstandighede, meen ek dat gevangenisstraf vir 'n periode van een jaar genoeg sal wees om hom tot besinning te bring. 1973 (3) SA p601 De Villiers Bygevolg word die opgelegde vonnis tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van een jaar gevangenisstraf welke vonnis beskou mo......
1 cases
  • S v Mokoena
    • South Africa
    • Invalid date
    ...enige verswarende omstandighede, meen ek dat gevangenisstraf vir 'n periode van een jaar genoeg sal wees om hom tot besinning te bring. 1973 (3) SA p601 De Villiers Bygevolg word die opgelegde vonnis tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van een jaar gevangenisstraf welke vonnis beskou mo......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT