2020 volume 1 p 088

Published date03 February 2020
Date03 February 2020
TSAR 2020
. 1 [ISSN 0257 – 7747]
88
Aantekeninge
’N VERMEEND ONDERHOUDSBEHOEWENDE VERWANT
EN UITDRUKLIKE ONTERWING DEUR POTENSIEEL
ONDERHOUDSPLIGTIGE
Ilott v The Blue Cross 2017 4 All ER 545 (SC)
1 Inleiding
Aan die hand van ’n onlangse beslissing va n die Engelse supreme court in Ilott v The
Blue Cross (2017 4 All ER 545 (SC)) op appèl van die court of appeal word enkele
opmerkings gemaa k oor die hantering van ’n testateur se uitd ruklike onterwi ngswil
in daardie regstelsel. Omd at van die Suid-Afrik aanse regters d ikwels ook in
aangeleenthede van die erf reg en in die besonder by die in kleding van die nor me
van die testate erf reg soos by testamentsu itleg uitsprake uit daard ie regstelsel as
voorbeeld benut, is dit sinvol om krities met hierd ie uitspraak om te gaa n. Slegte
voorbeelde verdien geen klakkelose navolging nie. Daa rteenoor word ook verw ys
na die hantering va n ’n duidelike onterwingsbedoeling i n sommige Vastelandse
regstelsels soos die Duitse, Belgiese of Nederlandse reg wat nou wel voorsiening
maak vir ’n “onterwing” s elfs van die legitieme porsie wat andersins st eeds soos ’n
heilige koei in gemelde Vastelandse stelsels hanteer word ten einde aa n die tersake
verwante ’n gewaarborgde aanspraak op ’n deel van die erater se boedel te verleen
ongeag die testateur se u itdrukl ike laaste wil. Daa ruit blyk dat die deur toeneme nd
in van die Vastelandse stelsels op ’n skree oopgelaat word om in uitsonderlik harde
gevalle ’n uitkoms te gee wat meer in lyn is met die test ateur se wil én met die
gemeenskapsoort uiging. Die Ilott-uitspr aak van die ander ka nt van die Engelse
kanaal dui da arenteen op ’n teenoorgestelde beweging.
In die Engelse reg word behoudens vir die gevalle van ’n daad werkli ke
versorgingsaf hankli ke se vordering, daar van uitgegaan dat ’n testateur volle
testeerv ryheid geniet en na keuse selfs mag besluit om som mige van of al sy
kinders te onter f ten gunste van sy m innares, d ie dierebeskermingsvere niging of
die kerk. In 2016 het regter Marray byvoorbeeld beslis dat die oorledene Jorda n
ten volle testeerbevoeg opgetree het toe hy sy te stament gewysig het om aan sy
minnares Elliott al sy rykdom van meer as £2 m iljoen na te laat e n daarmee sy
vorige testament te her roep waarkrag tens sy buite-eg telike dogter Simmonds nog
minstens £100 000 sou erf (The Daily Telegraph (8 April 2016)). Niks het gehaper
met die testeerbevoegdheid van die te stateur Jordan nie en sy geldig geuite la aste
wil word gehandhaaf niete enstaande die feit dat da ardie dogter uiters t eleurgesteld
was – veral in die lig van die ekst ra moeite wat sy kort voor sy dood nog gedoen het
om hom gereeld te besoek en vir hom klei n karweiwerkies te verrig.
Die Belgiese dame Boël wat na eie bewering ’n buite-egtelike dogter va n die
vorige Belgiese koning A lbert II is en ha ar status tans met behulp van ’n verpligte
ondersoek van haar en d ie beweerde vader se DNA wetenskaplik wil vas stel, sal
anders as die dame Sim monds in Engeland wél aanspraak op die legitieme porsie as
réserwe kan ma ak as haar bewering oor haar bloedband met d ie koning bewaarheid
word – hoewel sy publiek beweer: “Ik wilde Koning Albert II nooit doen lijden”
(Delphine Boël na die uitspraak van die hof van appèl – VTMNi euws (24- 05-201 9)).
(Die sappige verhaal is ook buite België as nuu swaardig in die dagpers gedr a: “Ein
2020 TSAR 88
© Juta and Company (Pty) Ltd
’N VERMEE ND ONDERHOUDSBEHOEW ENDE VERWANT EN UITDRUK LIKE ONTERWING 89
[ISSN 0257 – 7747] TSAR 2020
. 1
Gericht in Brüssel hat nun entschieden, dass sich der 84-jährige Ex-Regent in den
kommenden drei Monaten eine m DNA-Test unterziehen muss” – “Vaterschaftsk lage:
Albert muss zu m DNA-Test” NDR (06-11-2018), nadat die grondwetli ke hof in 2016
beslis het dat die koning nie verhewe is bó die reg nie.) Die Belgiese reg laat ook nie
die koning toe om die réserwe-aanspraa k testamentêr uit te sluit nie – voor die reg
is almal gelyk. Die nale uitsp raak van die hof van cassatie van 13 Desember 2019
beëindig d ie koningshuis se regsman euvers om die pynlike u itslag langer uit te stel.
2 Ilott v The Blue Cross
2.1 Die feite
In die Engelse Ilott-geval kan die feite kort gehou word. Jackson, die moede r van
die appellant, was reeds voor die geboorte van hul eer steling in 1961 deur die vroeë
afsterwe van haa r eggenoot weens ’n bedryfsongeluk by sy werk as weduwee
agtergelaat en moes self sien kom kla ar met die grootmaak, versor ging en opvoeding
van hul dogter, d ie latere Ilott. Met sewentien het d ié minde rjarige i n 1978 in
weerwil van die tee nstand van haar moeder haar oue rhuis verlaat en by haar vriend,
’n vrys kutakteur in ’n klein teatergroepie, ingetrek met wie sy v yf jaar later wel
getroud is. Die moeder se herhaalde p ogings om die breuk met haa r dogter te heel,
was vergeefs. Selfs haar besoek aa n die kraami nrigting met d ie geboorte van die
eerste van haar k leinkinder s is haar nie met dan k afgeneem nie. Haar oorvloedige
geskenke v ir die jong moeder en d ie baba is ook versmaai en verwerp. Ook haar
latere pogings om die verhouding met h aar dogter en vy f kleinkinde rs te herstel,
is uitdru klik deur die dogt er verwerp (549 par 4 van die uitspraa k van die supreme
court). Dit voer daartoe dat die bed roefde moeder in al haar opvolgende testamente
sedert 1984 by herhaling haa r wil om haar dogter t e onterf uitdr uklik bevestig
én gemotiveer het. Met ’n verwysing na daa rdie motivering het sy die grond slag
van haar testa mentêre bevoordeling van verskil lende liefdadigheidsorganisasies
verduidelik. Daar uit blyk vir die hof onomwonde dat die onterwing van haar dogter
geen onbesonne louter emosionele gier van verbygaande a ard was nie:
“‘She did not get in touch with me and I hea rd from her husband’s pare nts that she had a baby boy.
When I heard abou t this, I visited her in hospit al and took owers and brought up he r perambulator
and other prese nts. However, she made herself very unplea sant and wished to h ave nothi ng to do
with me. Therefore she re ceives nothi ng from me at my death .’ ... It si milarly st ated her settled
conclusion that no prov ision should be made for Mrs Ilot t, saying that she felt no moral o r nancial
obligation towards h er in view of what had happened, a nd it instructed her execut ors to resist any
claim which Mrs I lott might make. ...” (550-551 par 6 van d ie uitspraak van die supreme court).
Die dogter, haar man en hul gesi n wou niks ooit met die moeder te doen hê nie –
tótdat na die moeder se dood i n 2004 blyk dat die moeder ’n nogal besonder batige
boedel van prakties ’n half mi ljoen pond nagelaat het.
Luidens die geldig verlyde testament van die test atrise het sy haar dog ter
uitdruk lik onterf en ook die agtergr ond vir die wilsbesluit om ander begunst igdes te
benoem duidelik uitgespel. Al d ie bates van die testatr ise is bemaak aa n meerdere
liefdadigheidsorganisasies wat al mal dien ter bevordering va n die belange en
beskerming van diere en voëls (di die Royal Society for the Prevention of Cr uelty
to Animals, Royal Societ y for the Protection of Birds en T he Blue Cross Animal
Welfare Charity). Dit was dus nie ’n geval van ’n leë onterw ing met geen alternatiewe
benoeming van test ate begunstigdes sod at die norme van die intest ate erfreg tóg
nog toepassing kon vind nie.
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT