XU v Minister van Binnelandse Sake; Tsang v Minister van Binnelandse Sake

JudgeStafford R
Judgment Date03 August 1994
Citation1995 (1) SA 185 (T)
Docket Number14089/94, 14091/94
Hearing Date03 August 1994
CourtTransvaal Provincial Division

Stafford R:

Hierdie aansoeke dien voor my gedurende 'n baie besige mosiehofweek. Ek het argumente aangehoor van beide advokate, drie stelle hoofde van die respondent se advokaat gelees en die twee applikante se hoofde gelees.

I Die punt in limine dat para 4 van die aansoeke aandui dat die prokureur Coetzee die werklike litigant voor die Hof is, word deur mnr Oosthuizen, wat namens die respondent verskyn, geabandoneer. Dit is namens die Minister van Binnelandse sake. In die lig van Reël 7 van die Hofreëls en die saak van Eskom v Soweto City Council 1992 (2) SA 703 (W) was dit 'n J korrekte toegewing aan die kant van mnr Oosthuizen.

Stafford R

A Daar is twee soortgelyke aansoeke voor my. Saak 14091/94 waar die applikant K H Tsang is en saak 14089/94 waar die applikant Yuandau Xu is, en waar die respondent die Minister van Binnelandse Sake in beide sake is.

Alhoewel daar 'n klein verskil in die basiese feite is, naamlik in Xu se saak is aansoek gedoen voor die inwerkingtreding van die nuwe Grondwet, is B die beginselvraag waaroor ek moet besluit in beide aansoeke dieselfde. Dit is om daardie rede dat hierdie sake saam aangehoor word.

Beide applikante doen slegs aansoek vir 'n bevel waarkragtens die respondent ingevolge art 24(c) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993 verplig word om skriftelike redes te verskaf vir die afkeuring van die aansoek om verlenging op 27 April en die afkeuring C van die aansoek vir 'n tydelike verblyfpermit op 18 Mei 1994. Dit is wat Tsang se saak betref en wat Xu se saak betref, die weiering op 13 Mei 1994 van 'n tydelike verblyfpermit deur die respondent. Daardie opsomming is gelees uit die hoofde van die applikant en dit weerspieël nie presies wat die bedes in Tsang se saak is nie. Daar is 'n gewysigde kennisgewing van D mosie in Tsang se saak ingedien en daardie wysiging is toegestaan. Dit vorm deel van die stukke.

Ek aanvaar dat luidens art 7(2) van die Grondwet is hoofstuk 3 daarvan van toepassing op handelinge wat verrig is na inwerkingtreding van die Grondwet op sterkte van besluite wat voor die inwerkingtreding gemaak is. E Daardie bevinding was nie in geskil geplaas deur mnr Oosthuizen, namens die respondent, nie.

In sy derde stel hoofde betoog mnr Oosthuizen, namens die respondent, dat die applikante in ieder geval nie die nodige verskyningsbevoegdheid het om in hierdie Hof te litigeer nie. Dit is, kortliks gestel, gebaseer op die feit dat die applikante vreemdelinge soos bedoel in die Wet op F Vreemdelinge-beheer 96 van 1991 is, en dat hulle van voor die bring van hierdie aansoek tot en met vandag onwettig in die Republiek van Suid-Afrika is.

Dit word verder aangevoer namens die Minister dat daar in die Wet op Vreemdelinge-beheer verdere redes en/of aantekeningspunte gevind kan word G ter onderskraging van die standpunt dat 'n vreemdeling onder hierdie omstandighede nie locus standi het nie.

Daar word vervolgens betoog dat ten opsigte van enige aanspraak op (en belang by) verblyf in die Republiek, het 'n ontwettige vreemdeling geen locus standi ofte wel verskyningsbevoegdheid nie. Hierdie punt is glad nie in die stukke geopper nie. Dit wil voorkom asof die saak van Wray v H Minister of Interior and Another 1973 (3) SA 554 (W) teen hierdie punt in limine is. Die feite en die besluit ten opsigte van hierdie punt in Wray se saak word bondig opgesom deur H Booysen in (1973) 90 SALJ op 345-6:

'The applicant, an alien, was on his arrival at Jan Smuts Airport refused entry into the Republic by passport officials and had to remain in the transit lounge. Nobody was allowed to see him, not even his legal I advisors. It was clear that the executive authorities intended deporting the applicant from South Africa as soon as possible. An urgent application for an interim order allowing the legal advisors of the applicant to interview him and interdicting the authorities from deporting him was made on his behalf to the Court. The Court granted the required relief.'

J Op dieselfde bladsy sê die skrywer:

Stafford R

A 'The fact that the Court granted the applicant the interim order and his attendant costs clearly shows that according to the Court it possesses jurisdiction with regard to an alien who has been refused permission to enter the Republic and that such an alien has rights capable of enforcement in a court of law against the executive.'

B In die lig van my uitspraak wat hierop volg, is dit nie nodig om oor hierdie punt te beslis nie. Ek sal aanvaar, sonder om hieroor te besluit, ten gunste van die twee applikante, dat hulle onder die omstandighede selfs as vreemdelinge geregtig was om hierdie Hof te nader en dat hulle verskyningsbevoegdheid en locus standi gehad het.

Die partye is dit eens dat wat ook al my besluit is, ek nie oor die C toestaan van 'n tydelike interdik hoef te besluit nie. Die...

To continue reading

Request your trial
16 practice notes
16 cases
16 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT