WP Koöperatief Bpk v Louw

JurisdictionSouth Africa
Citation1995 (4) SA 978 (C)

WP Koöperatief Bpk v Louw
1995 (4) SA 978 (C)

1995 (4) SA p978


Citation

1995 (4) SA 978 (C)

Case No

8516/91

Court

Kaapse Provinsiale Afdeling

Judge

Traverso R

Heard

March 7, 1995

Judgment

March 20, 1995


Flynote : Sleutelwoorde

E Verjaring — Bevrydende verjaring — Stuiting van — Verjaringswet 68 van 1969, art 15(1) — Sekwestrasieaansoek nie 'n proses waardeur skuldeiser betaling van sy skuld eis nie — Betekening van sekwestrasieaansoek op skuldenaar stuit dus nie verjaring nie.

Insolvensie — Verpligte sekwestrasie — Aansoek deur landboukoöperatief vir F die sekwestrasie van boedel van borg van insolvente lid van koöperasie (hoofskuldenaar) — Eis behels onder andere voorskotte gemaak aan en 'direkte fakture' betaal namens hoofskuldenaar — Sulke voorskotte en 'direkte fakture' ultra vires magte van koöperasie in terme van art 49 van Koöperasiewet 91 van 1981 gelees met art 7 van koöperasie se eie statuut — Bedrae nieteenstaande betaal aan of ten behoewe van hoofskuldenaar — G Koöperasie het dus verrykingsaksie teen boedel van hoofskuldenaar en dus teen boedel van borg — Koöperasie het tevore reeds eis ingedien teen boedel van hoofskuldenaar — Verjaring van so 'n eis gestuit deur art 13(1)(g) van Verjaringswet 68 van 1969 wanneer eis beteken word teen H hoofskuldenaar se boedel — Koöperasie se eis teen borg dus nie verjaar nie.

Headnote : Kopnota

Die applikant het 'n aansoek gebring vir die voorlopige sekwestrasie van die respondente se boedel, spruitend uit 'n akte van borgstelling wat sy in 1986 onderteken het, in terme waarvan sy haarself as borg en medehoofskuldenaar in solidum teenoor die applikant verbind het vir die I behoorlike en stiptelike terugbetaling van alle bedrae wat haar eggenoot ('Louw'), met wie sy buite gemeenskap van goed getroud was, aan die applikant verskuldig was of in die toekoms verskuldig sou wees. Louw, wat sedert 1951 'n lid van die applikant was, was op 30 April 1990 na bewering 'n bedrag van R15 384 578,60 aan die applikant verskuldig, en sy boedel is in Augustus 1990 finaal gesekwestreer. Dit was gemene saak dat daar 'n geweldige tekort in Louw se insolvente boedel sou wees. Volgens die borgstelling sou 'n sertifikaat uitgereik deur die applikant prima facie bewys wees van die bedrag deur die respondent verskuldig. As sekuriteit J het die respondente drie verbandaktes vir

1995 (4) SA p979

A 'n totale bedrag van R2,4m ten gunste van die applikant gepasseer. Die respondente se bates het volgens die applikant se funderende stukke bestaan uit die plaas Wittedam, gewaardeer teen R1 688 800, 'n beeskudde en 'n melkinkomste ter waarde van ten minste R1 670 000.

Vir doeleindes van die aansoek om voorlopige sekwestrasie is daar slegs op vier verwere gesteun, naamlik (1) dat die respondente se skuld verjaar het vir soverre dit die bedrag van R2,4m oorskry het; (2) dat die betalings B wat die applikant ten behoewe van Louw aan sekere banke gemaak het sowel as direkte betalings aan sekere leweransiers (die sogenaamde 'direkte fakture'), ultra vires die statuut van die applikant was; (3) dat die renteheffings van die applikant ultra vires sy statuut was, aangesien samegestelde rente gehef is, terwyl slegs enkelvoudige rente ingevolge die statuut gehef kon word; en (4) dat die respondente geheel en al van haar verpligtinge as borg vrygestel is omdat die applikant die posisie van die hoofskuldenaar verswaar en benadeel het deur Louw se rekening te debiteer C met rente op ultra vires voorskotte en met samegestelde rente op alle debiete.

Wat betref die eerste verweer van die respondente, naamlik dat haar skuld as borg verjaar het vir soverre dit die bedrag van R2,4m oorskry het, dat die applikant se eis teen haar beperk was tot daardie bedrag, en dat sy dus nie insolvent was nie, was dit gemene saak dat die skuld waarop die applikant gesteun het nie later as 30 April 1990 opeisbaar geword het nie, en dat enige bedrag wat R2,4m oorskry het, na 'n tydperk van drie jaar sou D verjaar het. Die applikant het egter aangevoer dat verjaring geregtelik gestuit is met die loodsing van die sekwestrasieaansoek op 25 Junie 1991 aangesien 'n sekwestrasieaansoek 'n 'prosesstuk' soos beoog in art 15(1) van die Verjaringswet 68 van 1969 was, waarin bepaal word dat die loop van verjaring gestuit word deur die betekening aan 'n skuldenaar van 'n prosesstuk waarin die skuldeiser betaling van skuld vorder.

Beslis, dat, aangesien 'n sekwestrasieaansoek nie 'n prosesstuk is waarin die skuldeiser betaling van die skuld vorder nie, die betekening van die E sekwestrasiestuk op die respondent nie die loop van verjaring gestuit het nie, en dat die applikant se eis teen die respondente vir soverre dit R2,4m te bowe gegaan het, dus verjaar het. (Op 967G.)

Prudential Shippers SA Ltd v Tempest Clothing Co Ltd 1976 (2) SA 856 (W) en Misnun's Heilbron Roller Mills Holdings (Pty) Ltd v Noble Street Central Investments (Pty) Ltd 1979 (2) SA 1127 (W) toegepas.

Die respondente se tweede verweer was dat die betalings wat deur die F applikant ten behoewe van Louw aan Boland Bank, die Landbank en Trust Bank gemaak is, sowel as die direkte betalings aan sekere leweransiers ('direkte fakture'), ultra vires die statuut van die applikant was. Hierdie betalings is teen Louw se rekening gedebiteer en rente is daarop gehef. Die applikant is 'n statutêre liggaam wat sy bevoegdhede verleen aan die Koöperasiewet 91 van 1981. Uit art 49 van die Koöperasiewet, gelees met art 7 van die applikant se statuut, wat handel met sy bevoegdhede, het dit geblyk dat die voorskotte wat gemaak is deur die G applikant aan Louw, nie gedek is deur die statuut nie.

Dit is gevestigde reg dat 'n statutêre liggaam se bevoegdhede beperk is tot wat kragtens die wet aan hom verleen is, en dat enige handeling wat nie deur die uitdruklike of stilswyende bepalings van sy omskrewe bevoegdhede gemagtig word nie, nietig is. (Op 988D/E-E/F.) Die Hof het dus aanvaar, sonder om dit te beslis, dat die voorskotte en 'direkte fakture' ultra vires was omdat dit geblyk het dat die voorskotte deur die applikant H gemaak, strydig was met die magte aan hom verleen kragtens die statute en die Koöperasiewet, aangesien die statute bepaal het dat voorskotte slegs gegee kon word vir landbouprodukte wat gelewer is deur die koöperasie aan 'n lid. (Op 988F/G en 988C/D.) Dit was egter gemene saak dat die applikant inderdaad hierdie bedrae aan Louw, of ten behoewe van hom, betaal het. Dit was dus duidelik dat die applikant minstens, indien daardie betalings nietig was, 'n verrykingsaksie teen Louw se boedel en dus teen die respondente sou hê, en dat sy eis in die omstandighede 'n gelikwideerde I eis sou wees. (Op 988G-H.)

Namens die respondente is egter aangevoer dat vir sover die eis wat ingedien is teen Louw se boedel deur die applikant op die oog af 'n kontrakseis was, enige verrykingseis wat die applikant teen Louw se boedel sou gehad het reeds verjaar het, aangesien die verbande wat oor Louw se eiendom gepasseer was, gekanselleer is, en dat die verjaringstermyn van 30 jaar gevolglik nie meer gegeld het nie. Die bepalings van art 13(1)(g) J van die Verjaringswet stel duidelik dat die voltooiing

1995 (4) SA p980

A van verjaring uitgestel sal word indien die skuld die voorwerp is van 'n eis ingedien teen, onder andere, die insolvente boedel van 'n skuldenaar, of teen 'n applikant ingevolge die Wet op Landboukrediet 28 van 1966.

Beslis, dat dit duidelik was uit die bewoording daarvan dat art 13(1)(g) effek sou neem sodra 'n eis ingestel is teen 'n insolvente boedel. (Op 989A/B.) Aangesien die applikant van tevore reeds 'n eis ingestel het teen Louw se boedel, moes die respondente se betoog verwerp word. (Op 989A/B-E, opgesom.)

B Wat betref die respondente se derde verweer, naamlik dat samegestelde in plaas van enkelvoudige rente gehef is: art 107(1) van die applikant se statuut het vóór Augustus 1988 bepaal dat rente gehef sal word deur die applikant teen 'n koers wat van tyd tot tyd deur die raad bepaal sou word. Gedurende Augustus 1988 is die artikel gewysig en is daar bygevoeg dat rente in die artikel samegestelde rente is. Die respondente het aangevoer C dat die statuut vóór Augustus 1988 nie voorsiening gemaak het vir heffing van samegestelde rente nie, en dat die heffing dus ultra vires die statuut sou wees. Dit is egter gemene saak dat die applikant deurgaans vóór Augustus 1988 samegestelde rente gehef het op bedrae deur lede verskuldig, en dat hierdie rente deur Louw betaal is. Dit is aangevoer deur die applikant dat dit 'n handelsgebruik onder landboukoöperasies was om samegestelde rente te hef.

Beslis, dat, alhoewel die bepalings van art 107 van die applikant se D statuut vóór 1988 versoenbaar was met die gebruik om samegestelde rente te hef, die stukke voor die Hof egter nie 'n bevinding ondersteun het dat so 'n handelsgebruik wel bestaan het nie. (Op 990E en 990G.)

Beslis, verder, dat selfs as enkelvoudige rente teen die laagste koers teen Louw se skulde gehef is, sou Louw op hierdie basis in April 1990 R12,68m aan die applikant geskuld het, en sou die respondente se skuld aan die applikant steeds minstens R2,4m beloop het. (Op 990G/H en 990J.)

E As laaste verweer het die respondente aangevoer dat sy algeheel van haar verpligtinge as borg onthef is aangesien die applikant deur sy optrede die posisie van die hoofskuldenaar (Louw) benadeel en verswaar het deurdat hy Louw se rekening stelselmatig met rente op ultra vires voorskotte en samegestelde rente op alle debiete gedebiteer het, met die gevolg dat betalings wat Louw oor die jare gemaak het aangewend is om ongemagtigde F rentedebiete te delg. Die getuienis het daarop gedui dat die respondente haarself in 1986 verbind het as borg en medehoofskuldenaar ten opsigte van Louw se verpligtinge; hy was op daardie stadium ver agterstallig met terugbetaling van sy...

To continue reading

Request your trial
10 practice notes
  • Betterbridge (Pty) Ltd v Masilo and Others NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and applied Turnbull-Jackson v Hibiscus Coast Municipality and Others 2014 (6) SA 592 (CC): referred to D WP Koöperatief Bpk v Louw 1995 (4) SA 978 (C): referred Statutes Considered Statutes The Prescription Act 68 of 1969, s 13(1)(g): see Juta's Statutes of South Africa 2013/14 vol 1 at 2-......
  • Commissioner for Customs and Excise v Standard General Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...318 at 321 - 2 Volkskas Bank v The Master and Others 1975 (1) SA 69 (T) Worthington v Wilson 1918 TPD 104 E WP Koöperatief Bpk v Louw 1995 (4) SA 978 (C) Boulle (1982) 99 SALJ Christie The Law of Contract in South Africa 3rd ed at 540 Curious 'Rand Bank Ltd v De Jager' (1983) 100 SALJ 327 D......
  • Friederich Kling GmbH v Continental Jewellery Manufacturers; Speidel GmbH v Continental Jewellery Manufacturers
    • South Africa
    • Invalid date
    ...date of payment, provided that the aggregate amount of such interest shall not exceed the capital sum J referred to in para (a) above. 1995 (4) SA p978 Thring 2. A The defendant is ordered to pay the costs of this action on the scale as between attorney and client. Plaintiffs' Attorneys: Si......
  • Nedcor Bank Ltd v Shapiro And Others
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • June 19, 2002
    ...SA 978 (A); Jordan and Go Ltd v Bulsara 1992 (4) SA 457 (E); Leipsig v Bankorp Ltd 1994 (2) SA 128 (A); and W P Koöperatief Bpk v Louw 1995 (4) SA 978 (C). Finally he submitted that should it be found that the Act is not clear, and that subsections 13(1)(g) and (i) do not apply to the debt ......
  • Request a trial to view additional results
10 cases
  • Betterbridge (Pty) Ltd v Masilo and Others NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and applied Turnbull-Jackson v Hibiscus Coast Municipality and Others 2014 (6) SA 592 (CC): referred to D WP Koöperatief Bpk v Louw 1995 (4) SA 978 (C): referred Statutes Considered Statutes The Prescription Act 68 of 1969, s 13(1)(g): see Juta's Statutes of South Africa 2013/14 vol 1 at 2-......
  • Commissioner for Customs and Excise v Standard General Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...318 at 321 - 2 Volkskas Bank v The Master and Others 1975 (1) SA 69 (T) Worthington v Wilson 1918 TPD 104 E WP Koöperatief Bpk v Louw 1995 (4) SA 978 (C) Boulle (1982) 99 SALJ Christie The Law of Contract in South Africa 3rd ed at 540 Curious 'Rand Bank Ltd v De Jager' (1983) 100 SALJ 327 D......
  • Friederich Kling GmbH v Continental Jewellery Manufacturers; Speidel GmbH v Continental Jewellery Manufacturers
    • South Africa
    • Invalid date
    ...date of payment, provided that the aggregate amount of such interest shall not exceed the capital sum J referred to in para (a) above. 1995 (4) SA p978 Thring 2. A The defendant is ordered to pay the costs of this action on the scale as between attorney and client. Plaintiffs' Attorneys: Si......
  • Jans v Nedcor Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...G Van Aswegan v Kruger 1974 (3) SA 204 (O) at 205C B Visser v T Sassen & Seun (Edms) Bpk 1981 (4) SA 253 (C) WP Koöperatief Bpk v Louw 1995 (4) SA 978 (C) Christie The Law of Contract in South Africa 4th De Wet and Van Wyk Die Suid-Afrikaanse Kontraktereg en Handelsreg 5th ed C Forsyth and ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT