Wiese v Moolman

JurisdictionSouth Africa
JudgeDu Plessis R
Judgment Date05 August 2008
CounselRG Tolmay SC (with L Houpt) for the plaintiff. FA Ras for the defendant.
Hearing Date17 June 2008
CourtTransvaal Provincial Division
Docket Number31117/2003

Du Plessis R:

Die eiser is in 1987 met Lettie Wiese getroud. Die B huwelik is in 2003 by wyse van egskeiding ontbind. Die eiser beweer dat die verweerder gedurende die bestaan van die huwelik met die gemelde Lettie Wiese owerspel gepleeg het. Op grond van die beweerde owerspel het die eiser teen die verweerder aksie ingestel vir skadevergoeding. Die verweerder voer in 'n spesiale pleit aan dat 'n aksie gegrond op owerspel nie meer bestaansreg het in die Suid-Afrikaanse reg nie en afgeskaf C behoort te word.

Die partye het ooreengekom om die vraag wat deur die verweerder se spesiale verweer geopper word as 'n gestelde saak aan hierdie hof vir beslissing voor te lê. Vir doeleindes van die gestelde saak [1] het die D verweerder erken dat hy tussen April 2001 en Mei 2002 op verskeie geleenthede met die eiser se gade owerspel gepleeg het.

Die regsvraag wat die partye vir beslissing voorgelê het is die volgende: 'Of 'n aksie gegrond op owerspel enige bestaansreg het in die Suid- Afrikaanse reg al dan nie en dan of 'n aksie gefundeer op die skuldoorsaak E van owerspel nie afgeskaf behoort te word nie.'

Dit sal in die loop van hierdie uitspraak blyk dat daar Appèlhofgesag vir die bestaan en toestaan van die aksie gegrond op owerspel is. Dit is die verweerder se argument dat gemeenskapsopvattings sedert daardie beslissings sodanig verander het dat dit nie nou meer geldig is nie. Hierdie F hof is gebonde aan beslissings van die Appèlhof. Die verweerder se betoog opper die interessante vraag of hierdie hof van beslissings van 'n hoër hof kan afwyk indien dit oortuig is dat daardie beslissings in 'n tyd gegee is dat gemeenskapsoortuigings anders was. Dit is egter nie nou nodig om die vraag te oorweeg nie omdat die verweerder ook aanvoer dat die aksie gegrond op owerspel indruis teen die Grondwet van die G Republiek van Suid-Afrika, 1996, en meer in besonder teen bepalings vervat in die Grondwet se Handves van Regte. As 'n reël van die gemene reg teenstrydig is met 'n grondwetlike bepaling, is hierdie hof verplig om aan die Grondwet gevolg te gee. Dit moet hierdie hof doen al is daar gesag van 'n hoër hof tot die teendeel maar daardie gesag het nie die H tersaaklike bepaling van die Grondwet in ag geneem nie. Verder het hierdie hof die bevoegdheid om die gemene reg te ontwikkel en moet dit in die proses gevolg gee aan die 'gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte' (art 39(2) van die Grondwet; S v Thebus and Another 2003 (6) SA 505 (CC) (2003 (2) SASV 319; 2003 (10) BCLR 1100) para 28). I Ek gaan dus voort om die vraag te oorweeg.

Ons reg erken en beskerm 'n wye verskeidenheid van persoonlikheidsregte. Ingesluit daarby is elke persoon se reg op sy of haar eer en

Du Plessis R

waardigheid. Verder is daarby ingesluit 'n versameling van persoonlikheidsregte A waarna prof Neethling (Neethling Persoonlikheidsreg 4 uitg op 35 en verder) as die reg op die gevoelslewe verwys. Sommige van die persoonlikheidsregte word uitdruklik in die Handves van Regte beskerm, en ander by implikasie.

Daar kan op 'n wye verskeidenheid van maniere inbreuk gemaak word B op mense se persoonlikheidsregte. Ons reg erken dat een manier waarop daar op 'n getroude persoon se persoonlikheidsregte inbreuk gemaak kan word, is deur owerspel met daardie persoon se eggenoot te pleeg (Viviers v Kilian 1927 AD 449 op 450). Die eersgenoemde eggenoot (die onskuldige eggenoot) kan teen die derde party wat met die ander C eggenoot (die skuldige eggenoot) owerspel gepleeg het, die actio iniuriarum instel en, indien die elemente van die aksie bewys word, genoegdoening van die derde verhaal (Foulds v Smith 1950 (1) SA 1 (A)).

Owerspel is 'vrywillige geslagtelike verkeer tussen 'n getroude persoon en iemand anders as sy of haar gade'. (Vergelyk Neethling aw op 253).) Om D die gestelde vraag te oorweeg, is dit nodig om eers te oorweeg waarom ons reg vrywillige geslagsverkeer tussen twee persone as 'n iniuria teen iemand anders (die onskuldige eggenoot) beskou.

Die belang en uniekheid van die huwelik as instelling is al by herhaling E deur howe in sowel ons land as in ander lande beklemtoon. Dit is geyk en dus oorbodig vir my om nou weer daarop in te gaan (vgl bv Dawood and Another v Minister of Home Affairs and Others; Shalabi and Another v Minister of Home Affairs and Others; Thomas and Another v Minister of Home Affairs and Others 2000 (3) SA 936 (CC) (2000 (8) BCLR 837) te paras 30, 31, 33, 36 en 37). Dit is ook geyk dat huwelikspartye hulleself F vrywillig daartoe verbind om saam te woon, mekaar te onderhou, mekaar te ondersteun, uitsluitlik binne die huwelik seksueel te verkeer en aan mekaar getrou te wees (vgl weer para 33 van die Dawood beslissing en die gesag by voetnoot 44). Uit die aard van die intieme persoonlike verhouding waarop die huwelik gegrond is, aanvaar ons...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • De v RH
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Kilian 1927 AD 449: overruled I Volks NO v Robinson and Others 2005 (5) BCLR 446 (CC) ([2005] ZACC 2): discussed Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T) ([2008] ZAGPHC 246): overruled. Canada R v Salituro (1992) 8 CRR (2d) 173 (SCC) ([1991] 3 SCR 654): referred J to. 2015 (5) SA p85 Germany A......
  • Punishment, reparation and the evolution of private law: The actio iniuriarum in a changing world
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , December 2019
    • 24 December 2019
    ...ron (n 167) 167; J Church ‘Consortium omnis vitae’ (1979) 42 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 376, 381; Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T).246 Asinovsky v Asinovsky 1943 CPD 131 at 132–3; Church (n 245) 381–3; Neethling, Potgieter & Roos (n 153) 207.247 Foulds (n 233) (transl......
  • RH v DE
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[6] applied F Viviers v Kilian 1927 AD 449: discussed and overruled Wassenaar v Jameson 1969 (2) SA 349 (W): discussed Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T): discussed and England G Norton v Spooner 14 ER 237 ([1854] UKPC 21): referred to Pritchard v Pritchard and Sims [1966] 3 All ER 601 (CA......
  • De v RH
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 19 June 2015
    ...133) (RH)). See Foulds v Smith 1950 (1) SA 1 (A) (Foulds); Bruwer v Joubert 1966 (3) SA 334 (A) (Bruwer) at 337; and Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T) ([2008] ZAGPHC 246) [3] RH above n2 para 41. [4] E v H [2013] ZAGPPHC 11. That adultery did take place is not at issue. What is in issue i......
  • Request a trial to view additional results
6 cases

    • Supreme Court of Appeal
    • 25 September 2014
    ...Bruwer v Joubert 1966 (3) SA 334 (A) at 337). Its continued existence was pertinently raised by way of exception in Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T). In that case Du Plessis J held, after an in-depth consideration, that the action should be maintained. In this matter Vorster AJ not E onl......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles
  • Punishment, reparation and the evolution of private law: The actio iniuriarum in a changing world
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , December 2019
    • 24 December 2019
    ...ron (n 167) 167; J Church ‘Consortium omnis vitae’ (1979) 42 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 376, 381; Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T).246 Asinovsky v Asinovsky 1943 CPD 131 at 132–3; Church (n 245) 381–3; Neethling, Potgieter & Roos (n 153) 207.247 Foulds (n 233) (transl......
  • RH v DE 2014 6 SA 436 (SCA) : recent case law
    • South Africa
    • De Jure No. 48-2, January 2015
    • 1 January 2015
    ...systematicallyregarded adultery as becoming less of a societal evil that deserves legalcondemnation, it was held in Wiese v Moolman (2009 3 SA 122 (T)) thata civil claim based on adultery should still be recognised. Brand JA seemssurprised at the decision in Wiese – because of the overwhelm......
8 provisions
  • De v RH
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Kilian 1927 AD 449: overruled I Volks NO v Robinson and Others 2005 (5) BCLR 446 (CC) ([2005] ZACC 2): discussed Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T) ([2008] ZAGPHC 246): overruled. Canada R v Salituro (1992) 8 CRR (2d) 173 (SCC) ([1991] 3 SCR 654): referred J to. 2015 (5) SA p85 Germany A......
  • Punishment, reparation and the evolution of private law: The actio iniuriarum in a changing world
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , December 2019
    • 24 December 2019
    ...ron (n 167) 167; J Church ‘Consortium omnis vitae’ (1979) 42 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 376, 381; Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T).246 Asinovsky v Asinovsky 1943 CPD 131 at 132–3; Church (n 245) 381–3; Neethling, Potgieter & Roos (n 153) 207.247 Foulds (n 233) (transl......
  • RH v DE
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[6] applied F Viviers v Kilian 1927 AD 449: discussed and overruled Wassenaar v Jameson 1969 (2) SA 349 (W): discussed Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T): discussed and England G Norton v Spooner 14 ER 237 ([1854] UKPC 21): referred to Pritchard v Pritchard and Sims [1966] 3 All ER 601 (CA......
  • De v RH
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 19 June 2015
    ...133) (RH)). See Foulds v Smith 1950 (1) SA 1 (A) (Foulds); Bruwer v Joubert 1966 (3) SA 334 (A) (Bruwer) at 337; and Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T) ([2008] ZAGPHC 246) [3] RH above n2 para 41. [4] E v H [2013] ZAGPPHC 11. That adultery did take place is not at issue. What is in issue i......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT