Webster v Webster en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeHiemstra R
Judgment Date30 May 1968
CourtTransvaal Provincial Division
Citation1968 (3) SA 386 (T)

Hiemstra, R.:

Hierdie aansoek ontstaan uit geskille tussen twee C eksekuteurs in 'n aansienlike boedel. Die erflater is wyle mnr. Arthur Webster van Suidwes. Die vernaamste bevoordeelde ingevolge sy testament is sy weduwee, wat sy tweede vrou was. Hy het haar ook tot eksekutrise benoem, saam met 'n seun uit sy eerste huwelik, mnr. Arthur Webster D junior. Die twee is mede-eksekuteurs. Ek verneem van die advokate dat die seun, saam met ander kinders, ook 'n bevoordeelde was maar dat hy deur middel van 'n kodisil onterf is en dat die geldigheid van die kodisil die onderwerp van 'n Hofgeding gaan word. Dit kom nie voor in die stukke wat voor my geplaas is nie, maar dit is vermeldingswaardig omdat dit lig werp op die persoonlike verhouding tussen die twee E eksekuteurs. Daar bestaan geen vertroue nie en gevolglik vind hulle dit moeilik om tot eenstemmigheid te kom oor sake rakende die boedel.

Die applikant hier is Arthur Webster junior. Die eerste respondent is sy stiefmoeder en mede-eksekutrise, mev. die weduwee Webster, en die tweede respondent is mnr. C. J. C. Botha, 'n vriend van die familie.

F Voordat ek die regshulp noem wat gevra word, is dit nodig om enkele addisionele feite te gee. Die weduwee beweer dat die boedel haar R58,000 skuld, saamgestel uit die bedrae wat sy oor 'n lang tydperk van jare (selfs van voor die huwelik af) aan die erflater geleen het. Dit het R44,000 beloop en daarby word R14,000 rente gevoeg.

Net na die erflater se dood het sy behoefte aan kontant gehad en mnr. G Botha, as vriend van die famiha, was beneid om haar te help met R1,000. Hy het die bedrag aan haar geleen, en in securitatem deviti het sy haar volle eis van R58,000 teen die boedel aan mnr. Botha gesedeer. In plaas van sy R1,000 regstreeks van mev. Webster terug te eis, stel mnr. Botha, op grond van dié sessie, nou aksie in teen die boedel om die volle R58,000 te verhaal. Die bedoeling is dan om, wanneer hy sy R1,000 H teruggekry het, die balans aan mev. Webster te betaal. Toe mnr. Botha dagvaar, het mev. Webster as eksekutrise onmiddellik haar prokureurs, wat ook prokureurs vir die boedel is, opgedra om mnr. Botha mee te deel dat geen verdediging aangeteken sal word wat die een eksekuteur betref nie. Daar moet egter namens albei eksekuteurs

Hiemstra R

kennis gegee word, en omdat die ander eksekuteur, die huidige applikant, nie die saak by verstek wou laat gaan nie, is daar nou 'n impasse wat die boedel se verset teen die eis betref. Die applikant vra verlof van A die Hof om alleen namens die boedel kennis te gee van voorneme om te verdedig. Verder vra hy verlof om alleen, sonder bystand van...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • Ma-Afrika Groepbelange (Pty) Ltd and Another v Millman and Powell NNO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Natal Markagente (Edms) Bpk 1978 (4) SA 898 (N) Re P Turner (Wildsen) Ltd (1986) 2 BCC 99, 567 (CA) Webster v Webster en 'n Ander 1968 (3) SA 386 (T) Wilken NO and Others v Fancourt Holdings (Pty) Ltd and Another (CPD, 14 May 1993, cases Nos 12863/92 and 12864/92, Wilken NO and Others v F......
  • Gross and Others v Pentz
    • South Africa
    • Invalid date
    ...19 CTR 460 Waikiwi Shipping Co Ltd v Thomas Barlow & Sons (Natal) Ltd and Another 1978 (1) SA 671 (A) E Webster v Webster en 'n Ander 1968 (3) SA 386 (T) Cur adv vult. F Postea (August Judgment Corbett CJ: The late Nicolaas Petrus Pentz ('the testator') died on 12 May 1976. His will created......
  • Bankorp Trust Bpk v Pienaar en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...eis bestaan. Vergelyk ook Barnett v Beatties Estate 1928 CPD 482; Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T); Webster v Webster 1968 (3) SA 386 (T). Dit is ook niks F vreemds dat sulke eise doodgewoon deur so 'n eksekuteur geadministreer word tesame met al die ander eise teen die boede......
  • Die Meester v Meyer en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...kan wees by die beoordeling van eise teen die boedel nie, prima facie grond vir sy verwydering. Webster v Webster en 'n Ander, 1968 (3) SA 386 (T) op bl. 388C - E Hoe dit ook al sy onder die gemenereg en ingevolge die gewysdes onder die ou Boedelwet, 24 van 1913, is die Hof nou gemagtig kra......
  • Request a trial to view additional results
9 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT