Vonnisbespreking: Godsdienstige teistering in arbeidsverband

JurisdictionSouth Africa
Date25 May 2019
AuthorJMT Labuschagne
Published date25 May 2019
Citation(1997) 9 SA Merc LJ 393
Pages393-399
GODSDIENSTIGE TEISTERING IN ARBEIDSVERBAND
393
Godsdienstige Teistering in Arbeidsverband
JMT LABUSCHAGNE
Universiteit van Pretoria
1 Inleiding
In die saak
Finnemore v Bangor Hydro-Electric Company
wat op 3 Augustus 1994 voor die Supreme Judicial Court (SJC) van die
Amerikaanse staat Maine gedien het, het die volgende feitestel na yore
getree. Finnemore, 'n fundamentalistiese Christen het in Junie 1989 by
Bangor Hydro's Garage in diens getree. Sy mede-arbeiders en opsigters
was bewus van sy godsdienstige oortuigings. Gedurende werkonderbre
kings het sy mede-arbeiders gereeld eksplisiete seksuele opmerkings oor
mekaar se vrouens gemaak. Hy het daarteen beswaar gemaak en hulle
daarop gewys dat dit in stryd met sy godsdienstige waardesisteem is.
Daarna het hulle Finnemore se vrou die objek van hulle seksueel
eksplisiete kommentaar gemaak. Hy het by die bestuur, sonder reaksie
van hulle kant, beswaar gemaak en herhaaldelik vir sy mede-arbeiders
gesê dat sy verhouding met sy vrou privaat en vir hom heilig is. Nadat hy
seksueel-eksplisiete briewe deur die interkantoorpos ontvang het, het hy
die bestuur in kennis gestel, weer eens sonder optrede van hulle kant. In
Julie het hy suksesvol aansoek gedoen om na 'n ander afdeling verplaas to
word, maar dit kon egter eers na drie maande geskied. Hy kon egter nie
(1997) 9 SA Merc LJ 393
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT